Uitspraak voorbehou in saak oor vlag-twiet

ou-sa-vlag-nelson-mandela-stigting-en-ernst-roets

Ernst Roets van AfriForum en die Nelson Mandela-Stigting lewer kommentaar na die hof se uitspraak oor die ou Suid-Afrikaanse vlag. Foto: Verskaf.

Uitspraak is voorbehou in die Johannesburgse hooggeregshof waar Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, vandag op aanklagte van minagting van die hof verskyn het.

Roets word van minagting van die hof aangekla nadat die Nelson Mandela-stigting ʼn klagte teen hom aanhangig gemaak het. Dit kom nadat Roets verlede maand ʼn foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas het, kort nadat die gelykheidshof beslis het die vertoon daarvan – in sekere kontekste – kom neer op haatspraak.

“Het ek nou net haatspraak gepleeg?” het Roets se inskrywing saam met die foto op Twitter gelui.

Die NMS het die hof versoek om Roets tronkstraf op te lê.

“Die NMS voer aan dat hulle dié saak dryf om versoening te bevorder. Tog eis hulle nou dat ’n burgerregteaktivis in die tronk gestop moet word oor ’n twiet,” het Roets gesê. “Dié gedrag is nader aan fascisme as aan versoening. Daar is baie krisisse en pyn in hierdie land. Die NMS kies egter om dit te ignoreer en hulle eerder op die onderdrukking van burgerlike vryhede toe te spits – boonop kwansuis in die naam van Nelson Mandela.”

Roets se verweer is dat hy bloot ’n akademiese vraag as doktorale student gestel het. Die stigting glo egter dat die plasing onder die voorwendsel van akademiese debat gemaak is.

Die klagte is teen Roets sowel as AfriForum aanhangig gemaak.

Die datum waarop uitspraak gelewer sal word, is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Wurmpie ·

NMS raak nou net soos Julius. Huil oor alles. Plaas kla hul vir Julius aan oor sy twiets

Johnny ·

Ek respekteer almal se regte respekteer my regte ook die kinders wat na aparteid gebore is leef nie in ons verlede nie hul moet voortgaan om ons land te probeer red maar my ou land vlag respek ek dit sal niemand maar niemand uitwis by my nie

Gert van Wierdapark ·

Slaan my met ‘n Nat Vis, maar die stig-ting se onder-rok hang bietjie uit!

Jackie n ·

Ai mense kom oor dit…jul leef nog jul kultuur uit en laat ons Afrikaner volk nog TROTS wees op ons Oranje Blanje Blou. Ons het mos die nuwe vlag aanvaar maar as ek my ou landsvlag voor my huis wil oprig is dit my saak want ek is trots Suid Afrikaanse Boerin

Anoniem ·

Geen konsekwentheid nie net dubbelstandaarde ! Watse klas versoening is dit NOU ??????

JV ·

NMS sal niks doen aan Malema se twiets. NMS is n rassistiese instelling.

Gert J ·

Mandela was self nie n heilige soos hulle hom wil voorgee nie

Adri ·

Kom ons hoop dat die regter (wie is dit?) hierdie keer gesonde verstand sal laat seëvier en nie weer sy naam met ‘n plank slaan nie.

Hans ·

Herinner meer aan Stalin era in USSR of Mao era van kultuurrewolusie.

Susan vl ·

Ek moes nou begin lag… weer lees… rerig?tronkstraf?..hoe siek is die voorstel?
Hoe “intimidate “.? Skokkend.
Ons monde kani en mag nie gesnoer word deur politiek besluite nie..

Thinus ·

Die NMS raak nou net so ‘n groot sirkus soos die ANC regering om aandag te trek. Patetiese klomp clowns.

Nel ·

Een van die advokate van die stigting het al klaar vanaand op KykNET laat hoor dat diep sakke en velkleur jou nie bo die wet verhef nie. So ek het nie ‘n baie goeie gevoel oor die uitslag nie. ..

Pottie ·

Ons maak soos die mense in hong kong bly vir n week by die huis bring die land tot stistand dalk gaan die anc se ore oop hulle moet sien ons het ook n se ons het nie nodig om als af te breek en plunder soos hulle nie

De Villiers ·

Die NMS se optrede regverdig Socrates se uitdrukking: “When debate is lost, slander becomes the tool of the loser.”

Griet ·

Jy gaan tweede kom…teen jou aanklaers ini naam van nelson mandela…
Dink jy was ONwys,Ernst

Geselsie ·

As die hof vir Erenst tronk toe stuur of beboet vir dit dan moet ons begin saamstaan. Die man veg daagliks vir ons met uitstekende temperament. Hy is ń goeie leier en ons het hom nodig!

Eddy ·

Ek dink dis absurd om Roets te vervolg en dit net oor n ou vlag.Hier is belangriker sake wat aandag moet kry deur die regering.In elk geval,wat stel die nuwe vlag voor? Korrupsie,polarisasie,B.E.E,agteruitgang en misdaad? Nee wat,die regering bewys oor en oor dat sy prioriteite is nie reg nie

J.C ·

Hierdie land sal net weer regkom indien die Here ons kom red. Hulle moet minder op mense konsentreur en eerder hulle oë op ons Almagtig God hou om hulle wysheid te gee. Hou op om fout te soek by sogenaamde wit mense maak eerder ‘n plan met die wat die land afbreek indien hulle nie kry wat hulle wil hê nie. Sommige swart mense kan sê en doen net wat hulle wil en daar word niks aan hulle gedoen nie maar moenie dat ‘n wit persoon iets verkeerd doen nie. Ek weet ek werk saam baie van hulle of is dit dalk weer ou Jan se skuld. Hou op om mense te verafgod van die verlede ons God is Groter en beter as hulle almal maar net my mening of is ek ook nou weer rassisties.

Ai J.C ·

JC…..al waneer die Here ons sal help is as ons self iets doen om dinge te verander, niks gaan sommer uit die bloute gebeur nie.
Vra opreg vir Hom om te help in dit wat jy aanpak om n verskil te maak en ek kan jou verseker Hy sal help!

Kobus ·

Julle kla oor die ou landse vlag daar is meer erger dinge wat aan gaan is plaas konsentreer julle eerder hom om die choas wat in johannesburg aan die gang is uit te sorteer….

Diefie ·

NMS regtig? Om versoening te bevorder? ‘n Vlag wat teen ‘n muur hang of verskyn op social media, kan sowaar nie iemand dood maak of verbrand of verkrag nie. Dade spreek harder as woorde NMS, verstaan? Jy kan nie versoening en weldadige betogings uit een mond spreek nie.

m.d.r. ·

Een vraag—-die sg “haatspraakvlag” was ook die vlag waaronder SA soldate , wit en swart, in die 2e wereldoorlog geveg het. As hierdie oudsoldate dan weer ‘n herdenkingsparade hou, mag die vlag dan “sonder haatspraak” vertoon word ?
Waar in die grondwet word aan howe die reg gegee om dele van ons geskiedenis weg te laat om politieke motiewe te behaag. Wat dan van die Union Jack in die ou landsvlag—-moet dit nie ook as haatspraak vertolk word nie….?
As Julius en kamerade moord kan aanhits en hulle word nie tot orde geroep nie.. is SA se regstelsel baie, baie siek…!

Jerry ·

Roets was gewaarsku om my vlag te respekteer en te eerbiedig en die vlag nie vir sy goedkoop politiekery in te span nie. Daar is n rede hoekom my vlag gerespekteer word deur diegene wie onder die vlag gedien het, net soos daar redes is oor hoekom my vlag gehaat word deur diegene wie teen die vlag gestruggle het en daarom steeds struggle! Die apartheidsgeskiedenis en struggle geskiedenis behoort aan diegene wat tydens daardie era gedien het, dit sal nooit aan ander geslagte behoort nie. Julle moet julle eie geskiedenis skryf, los van die apartheid en struggle geskiedenis, anders sal die geskiedenis wat julle nie verstaan nie en nie respekteer nie of verag nie, julle die bietjie vryhede wat julle gegun word, vernietig!

Strandloper ·

Dis reg ja soek by almal skoor as jy lyk asof die hael jou bygekom het…Ek so bly ons het darem n selfbeeld trots

Ja swaer ·

Ek is bevrees, Ernst Roets het ‘n verkeerde regstrategie gevolg. Sy verweer gaan nie slaag nie. Op akademiese vlak is daar ander kanale en media om sulke kwessies te debatteer soos artikels, meningstukke en navorsingsverslae. Sosiale media kommentaar soos syne is nie die regte kanaal nie; hy was opsetlik. Ek stem geensins saam met die belaglike hofuitspraak oor verbanning vd ou vlag nie. Afriforum behoort dit te appelleer en konstitusionele hof toe te vat op grond vd miskenning vd reg op vryheid v spraak. Roets moes uitstel gevra het in afwagting vd hierdie prosesse. Dalk kon hulle geslaag het. Sy verweer is maar power op hierdie stadium.

Dienkie ·

Het Ernst ‘n erge misdaad gepleeg? Hom tronk toe stuur oor ‘n tweet – REGTIG.? Dit is nou die mees absurde voorstel waarvan ek nou nog gehoor het.

Spook ·

Vader weet mense baklei oor snert… Wat maak die vlag nou … Mens kry amper die idee die flag verkrag ek moor mense. Ek weet nie good…. Dit is soos om alle vrouens nou te vermink of op hok te jaag omrede daar soveel egbreuk gepleeg word

lh ·

In MY hart, sal die Oranje Blanje Blou vir ALTYD wapper!
Net so, sal ek die Stem Van Suid Afrika vir altyd naby hou, en ek leer my kleinkinders van die once apon a time se GOEIE tye!

cornelia ·

Ek stem saam met lh, Ernest het geen misdaad gepleeg nie. Al ie twak en dit oor n bleddy stuk lap.

Wondernet ·

Hoekom kan AFriform of hierdie groot afrikaanse instansies nie die beslissing dat die vlag haatspraak is teenstaan in die hof nie? Appelleer die beslissing? Neewaat, dis nou maar net so gelate aanvaar

Jerry ·

@Wondernet. Jy kan maar ophou wonder. Wat Afriforum aanbetref het Roets n politieke agenda om witmense te probeer opsweep om witmense se regte en vryhede te laat uitsluit uit die breer SA gemeenskap en te isoleer by Solidariteit se selfbeskikking strewe vir die bou van n sakeryk!

Susan ·

Belaglik!!!!! Ons land brand en hulle kerm oor ‘n vlag!!!

Bokka ·

Hierdie anc regering is n klop narre EK het geen respek vir die huidige vlag van sa nie en sal op hom spring en dan in die vuur gooi en net so sal EK met die anc vlag maak EK leer my klein kinders ook so.

Eunice ·

Jaaaa….wat,as jy nié WÍL hoor nié, dán moet jy maar VÓÉL ou broer!
Jammer, maar Geen simpatie

Landi ·

Ernst is nes ‘n kleuter wat aandag soek. Tyd vir grootword, ou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.