Uitspraak voorbehou in saak teen Ramaphosa, 16 ander

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein het Donderdag uitspraak voorbehou in AfriForum en die Mafube-sakeforum se saak teen pres. Cyril Ramaphosa en 16 ander respondente.

Dié organisasies het die hof genader ten einde dienslewering in die Mafube- plaaslike munisipaliteit – spesifiek in Frankfort – te verseker. Frankfort, Tweeling, Villiers en Cornelia word deur dié munisipaliteit bestuur.

Die applikante versoek ook ingryping op nasionale vlak “sodat inwoners die dienste ontvang waarop hulle geregtig is”.

“Die verpligting om dienste te verseker berus op nasionale vlak. Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake en uiteindelik die president moet tussenbeide tree indien die staat nie aan die grondwetlike maatstawwe voldoen nie,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder vir plaaslikeregeringsake.

Frankfort se naambord. (Foto: Facebook/ Namahadi, Frankfort -Fefethu)

“Met al die argumente wat vandag aan die hof voorgelê is, bly die kern steeds dat die staat in gebreke bly om die Grondwet af te dwing en sit die inwoners steeds met geen munisipale dienste nie.”

Volgens die applikante ontvang inwoners van Frankfort, die tuisdorp van Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, geen munisipale dienste nie en is die munisipaliteit amptelik bankrot. Slaggate, gereelde watertekorte, ’n gebrek aan vullisverwydering en ’n wanfunksionerende rioolstelsel is maar enkele van die probleme wat inwoners van dié dorp ervaar. Die munisipaliteit het ook vir etlike jare geen munisipale rekeninge aan inwoners gestuur nie.

Mostert het vroeër gesê hoewel plaaslike owerhede outonoom is, is daar steeds binne die Grondwet ’n oorsigbevoegdheid van die provinsiale regering om te verseker dat dienste gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

007 ·

Skop die ANC munisipaliteite uit dat die inwoners van die dorp ‘n raad kies om hulle belange te dra. Iemand wat nie met ‘n politieke party verbind word nie. Die dorp nie die nedersettings nie.

Shakespeare ·

Darkest Continent in every way in the world…….Africa.

FM ·

Maak AfriForum se hande sterk deur getalle dat die dienste ernstig aangespreek word en uiteindelik die land se toekoms verbeter. Dit gaan nie net oor die belastingbetalers se geld wat geplunder word nie. Wat gee ons vir ons kinders?

Nico ·

Oral waar die ANC oor geneem het is tot niet, swak bestuur en beplanning.

Marius ·

Al die regerings instansies en semi – staats instellings is bankrot weens wanbestuur, korrupsie en swak dienslewering. Dit is die anc se idee van vooruitgang en hul nalatenskap.

FM ·

Sit groot seblief Gerrie Nel op die saak. Hy kyk na waarheid en skrik nie. Dit is al manier wat die saak enduit ondersoek sal word en veral optrede na skuldigbevinding.

Charl ·

Hulle, die regering en rampmaphosa, kan nie bestuur nie, wanbestuur jaaa !

Samuel ·

Al die lawaai!! Die Staatspresident en andere is sg untouchables

My siening ·

Dit gaan net ou nuus word want cyrel stel nie belang in mense behalwe ANCRIMINALS!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.