Uitspraak voorbehou in saak tussen De Lille en DA

Patricia de Lille (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Uitspraak is Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad voorbehou in die saak tussen burgemeester Patricia de Lille en die Demokratiese Alliansie.

De Lille se prokureurs voer aan die outomatiese kansellasie van haar lidmaatskap as ʼn lid van die DA, wat daartoe sou lei dat sy haar amp as burgemeester sou verbeur, was onregverdig en die klousule wat die party gebruik het, was onwettig en dit moet dus tersyde gestel word.

Die DA voer aan hy het ʼn reg om sy eie reëls te maak, en hou vol dat De Lille in die openbaar tydens ʼn radio-onderhoud in April gesê het sy sal slegs bedank wanneer haar naam in ere herstel is, en dat dit klaarblyklik beteken sy is nie lojaal aan die party nie.

Die DA het dissiplinêre stappe teen haar laat vaar in verband met beweerde wangedrag nadat hulle die klousule in werking laat tree het om haar lidmaatskap te beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Patty gaan hierdie rondte ook wen. Die DA het sy kanse verspeel toe hulle haar dissiplinêr kon aankla, en toe kortpad gekies het. Nou lyk sy soos die slagoffer want die beweringe teen haar is nooit getoets nie. Dit lyk asof die DA bang was om haar in die openbaar te pak. Wie adviseer hierdie mense? Hou liefs hierdie keer daardie Juf. Rottenmeier kloon met die platinumkuif en bolla uit die geveg uit, sy gaan net meer skade aanrig…

snoefie ·

sulke belaglikheid is verregaande. dink musi nou hy is zuma om so te ploeg met lede se geld?

Vryheid ·

Die DA is sterk besig om my irritasie vlak op te stoot. Kry jul huis in orde. Die verkiesings is om die draai en mense begin wegstap.

bolla ·

So wat stel jy voor moet hulle nou doen, daar’s hofprosesse aan die gang?

Anoniem ·

Ek is bly De Lille het weer gewen. Die DA moet nou hulle neus uit ander lidmate se sake hou en konsentreer op hulle werk. Op hou om geld en tyd te mors en aan hou werk. hulle gaan in hulle eie gat val as hulle aanhou inmeng en nie konsentreer op krisisse in die land nie. De Lille is ‘n vulletjie teen die gemors waarin ons land is. Sy is ‘n vegter, nie net vir haar nie, maar kan vir ons land ook wees. Sy kan baie skade doen as julle nie nou ophou om haar te verkleineer nie. Sy ken die Bruin mense se probleme en verstaan hulle. Sy staan op haar regte en sal sekerlik die DA ten gronde laat gaan as julle nie nou ophou karring aan haar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.