Uitspraak voorbehou in SAID-arbeidsaak

sars logo 2Die arbeidshof in Johannesburg het Woensdag uitspraak voorbehou in Ivan Pillay, adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se aansoek om sy skorsing ter syde te laat stel.

Die hof sal Donderdag uitspraak lewer in die saak. Die SAID het vroeër die skorsing van Peter Richer, groephoof van risiko en beplanning, teruggetrek.

Die hof het ʼn konsepbevel uitgereik om die terugtrek van die skorsing te bevestig en het die SAID beveel om Richer se regskostes te betaal. Richer en die SAID het vroeër ʼn skikking bereik.

Richer en Pillay het die hof genader nadat hulle op 5 Desember deur Tom Moyane, hoof van die SAID, geskors is. Dit het gevolg nadat Pillay ʼn paneel aangestel het om bewerings te ondersoek oor ʼn spesiale projekte-eenheid se beweerde onwettige aktiwiteite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Drieks ·

Dit als oor Nkandla en Anc T-hemde. Zumpie moet nou siek raak en klaar kry.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.