Die arbeidshof in Johannesburg het Woensdag uitspraak voorbehou in Ivan Pillay, adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se aansoek om sy skorsing ter syde te laat stel.
Die hof sal Donderdag uitspraak lewer in die saak. Die SAID het vroeër die skorsing van Peter Richer, groephoof van risiko en beplanning, teruggetrek.
Die hof het ʼn konsepbevel uitgereik om die terugtrek van die skorsing te bevestig en het die SAID beveel om Richer se regskostes te betaal. Richer en die SAID het vroeër ʼn skikking bereik.
Richer en Pillay het die hof genader nadat hulle op 5 Desember deur Tom Moyane, hoof van die SAID, geskors is. Dit het gevolg nadat Pillay ʼn paneel aangestel het om bewerings te ondersoek oor ʼn spesiale projekte-eenheid se beweerde onwettige aktiwiteite.
Dit als oor Nkandla en Anc T-hemde. Zumpie moet nou siek raak en klaar kry.