Uitspraak voorbehou in skole-saak

(Argieffoto)

Die aansoek van die Educators’ Union of South Africa (EUSA) is vandag in die dringende hof aangehoor waar hulle die besluit om skole in Suid-Afrika te heropen, teenstaan.

Sou hulle slaag, sal die 23 000 openbare skole en 3 500 onafhanklike skole moet sluit, wat ongetwyfeld onherstelbare skade sal berokken nie net vir die oorblywende skoolprogram nie, maar ook in verband met die finansiële volhoubaarheid van baie skole.

Solidariteit is toegelaat tot die verrigtinge en argumenteer ten gunste van die opening van skole.
Uitspraak sal op 10 Junie gelewer word.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het ook toegetree tot die regstryd. Solidariteit het gesê indien die aansoek sou slaag, sal dit daartoe lei dat die sowat 24 000 openbare skole en die 3 500 onafhanklike skole gesluit moet word. Dit sal uiteindelik onherstelbare skade berokken aan leerders van skole wat gereed is om te heropen, sowel as die onderwysers en personeel.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê om skole te sluit is nie sonder gevolge nie en sal onherstelbare skade vir die leerling, onderwyser, ouer en gemeenskap inhou.

“Daar bestaan geen rede waarom skole wat ʼn gesonde leeromgewing vir leerders kan daarstel, en ʼn veilige werksomgewing vir onderwysers en personeel kan skep, gesluit moet wees nie,” sê Hermann.

EUSA het einde Mei besluit om die hof te nader om die departement van basiese onderwys se besluit om leerders terug te stuur skool toe gedurende die pandemie te hersien, ter syde te stel of te wysig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cindy ·

Solidariteit verstaan duidelik nie dat die dood van my kind(ers) agv Covid ook onherstelbare skade sal aanrig nie.. Gelukkig is dit my keuse om my kinders by die huis te hou eerder as om te moet bekommer oor hulle gesondheid

Sakkie ·

Cindy dis waar jy het n keuse maar ons vra net dat die mense wat hulle kinders wel wil skool toe stuur uit gelos word — sou jy daarvan gehou het as hulle vir jou gese het jy mag nie jou kind by die huis hou nie — ek glo nie so los die omgekeerde ook uit daat is mense wat hulle kinders wil skooltoe stuur nes jy joune by die huis wil hou

TRP ·

Cindy ek neem aan jou kinders is diabete, of het een of ander ernstige onderliggende siekte? As ek al die studies, bewyse en WHO se uitsprake reg verstaan, is kinders bitter bitter veiliger as volwassenes.

TRP ·

Ek wens eintlik ouers en kinders kan SELF hieroor besluit want ek en my kinders sal beslis nie ‘n dag langer wag om terug te keer skool toe. Almal is maklik om te se “dan doen my kind maar die jaar oor”, reg Susan, wanneer dink jy gaan dit gebeur? Volgende jaar, wat as dit NIE volgende jaar is? Dalk is jou kind 20 in matriek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.