Uitspraak voorbehou in spioenasiebande-saak

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

Uitspraak is Donderdagoggend voorbehou in die DA se aansoek om die NVG se besluit, om 738 aanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar, tersyde te stel.

Adjunkregterpresident Aubrey Ledwaba en twee ander regters in die Pretoriase hooggeregshof het, nadat hulle drie dae lank die saak aangehoor het, gesê die uitspraak sal binnekort aan die partye bekend gemaak word.

Die klagtes, insluitend bedrog en swendelary, spruit uit die land se wapentransaksie in 1999 en die besluit deur die destydse NVG-hoof Mokotedi Mpshe om die saak terug te trek, wat die weg gebaan het vir Zuma om die volgende maand as president verkies te word.

Die DA het kort daarna die hof genader, maar die uiteindelike hersiening het meer as ses jaar lank geneem weens ʼn uitgerekte saak binne ʼn hofsaak om seker te maak die sogenaamde spioenasiebande word vrygestel. Dié bande is opnames van privaat telefoongesprekke waarin Mpshe aanvoer die tydsberekening van die aanklagte is deur ondersteuners van voormalige pres. Thabo Mbeki gemanipuleer,

Lees alle vorige berigte oor die spioenasiebande op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swanna ·

As hier nie daad regtelik opgetree gaan word nie bevrees ek dat ons land sy “G” gaan sien nog sonder ‘n spieel ook. Want elke keer as die wapen transaksie op gebring word loop alles in ‘n doodloop straat. Iemand of ander partye het ook vingers in hierdie koekie blik gehad en gaan ook brand as Zumbie val want dan gaan hy skree want hy wil nie alleen val nie. So daardie ander partye moet keer dat hy nie val nie en hulle sit ook iewers in die parlement. Dir gaan een groot orgie afgee as Zumbie val.

Louis ·

Dit pla my dat uitsprake van die Konstitusionele Hof voorbehou word en dan eers weke later gelewer word. Is dit hoe ‘n effektiewe regstelsel werk? Ek verwys hier spesifiek na die Nkandla verhoor. Is dit dalk dat die hof (regters) eers hul uitspraak moes uitklaar met politieke partye, moes hul in hierdie geval eers wag dat Zuma sy “SONA” toespraak lewer, die vrae en debat sessie afgehandel moes word, en o ja! die mosie van wantroue ook moes verbygaan !!! Kyk ek na die Amerikaanse stelsel waar daar van ‘n juriestelsel gebruik gemaak word, word uitsprake binne dae geneem. Dit wil dus voorkom of uitsprake eers uitgeklaar moet word of die hof is nie effektief genoeg om vinnige besluite te neem nie!

Theresa B ·

Ek wens ek kan weet wat dink die buiteland van al hierdie dinge in ons land en al die aanklagtes teen die President van die land. Hoe ons land vernietig (soos die Universiteite ens).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.