Uitspraak voorbehou in Strafhof-saak

Internasionale Strafhof in Den Haag (Foto: Asser Institute)

Internasionale Strafhof in Den Haag (Foto: Asser Institute)

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak voorbehou in die Demokratiese Alliansie se aansoek om te verhoed dat Suid-Afrika uit die Internasionale Strafhof onttrek.

Ná lang betoë die tweede agtereenvolgende dag, het adjunk regterpresident Phineas Mojapelo het gesê die volbank regters sal nou die saak in oënskou neem.

“Ons kan nie net iets uit ons duim suig nie,” het Mojapelo gesê voor hy die hof verdaag het.

Die hof het vroeër gehoor die DA se hofaansoek is voortydig. “Die saak word nog deur die parlement oorweeg,” het adv. Jeremy Gauntlett, vir pres. Jacob Zuma en sy ministers van internasionale betrekkinge en justisie, gesê. “Daar is ʼn mosie om goedkeuring te bekom om uit die Strafhof te onttrek. Daar is ʼn deurlopende diplomatieke proses wat binne die Strafhof self plaasvind.”

Gauntlett het gesê die DA se saak, wat ondersteun word deur partye soos onder andere die Helen Suzman-stigting en die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum, is sonder weerga. “Dit is die eerste voorval waarvan ek weet waar daar aansoek gedoen word dat ʼn formele besluit van die hoogste uitvoerende raad, die kabinet, ongeldig verklaar moet word.”

Gauntlett het bygevoeg bewerings dat Suid-Afrika uit die Strafhof wil onttrek slegs om die president van Soedan, pres. Omar al-Basjir te beskerm, wat vir oorlogsmisdade gesoek word, is ʼn halwe waarheid. “Daar word gesê dat dit slegs pres. Omar al-Basjir is wat in gedrang is. Dit is nie so nie. Die Internasionale Strafhof het ook ʼn lasbrief teen pres. Uhuru Kenyatta [van Kenia]. Ons weet ook daar sal ander staatshoofde wees wat aan dié verrigting onderwerp sal word.”

Hy het gesê in plaas daarvan om te fokus op die vervolging van vermeende oortreders, fokus Suid-Afrika daarop om die vrede te bewaar en te bewerkstellig. “Ons het vredesmagte in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Ons het hulle ook in die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Hulle gaan gebuk onder bewerings van volksmoord, marteling en verkragting.”

“Die punt is eenvoudig dat Suid-Afrika ʼn spesifieke standpunt voor die Internasionale Strafhof ingeneem het om te sê dat perfeksie nie die vyand van goedheid moet word nie. Ons vra dat julle ons sal help om die vrede bó vervolging te prioritiseer.”

Die onttrekking van Suid-Afrika uit die Internasionale Strafhof, sal na verwagting op 19 Oktober 2017 in werking tree.

Lees alle vorige berigte oor die Internasionale Strafhof op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ken ·

Teleurgesteld. Waarom wonder die howe nog. Dis verkeerd en moet dadelik gestop word.

jaco ·

Dis vreemd dat Zuma se regsverteenwoordiger wit is. Of is regstellende aksie onnodig as jy n hoek gedruk is en n regsman benodig wat alles sal doen om ten gunste van jou te praat en so sy werk te behou. Die ANC kan my gerus ook vir so iets gebruik. As die geld goed is natuurlik.

pieterdp ·

Dit gaan nie net die vervolgong nie. Vir my gaan dit oor die regering van die dag. Dit dwing hul ook om menslik en in vrede op te tree.
Dis is daar nou n aanduiding dat die ANC geen goeie bedoeling vir ons land se bewoners het nie. Hul wil maak en breek soos hul wul.

Etienne ·

Jy gaan hof toe om jouself te beskerm , soos JZ met die staatskapingsverslag – as jy niks het om weg te steek nie, laat die gereg sy gang gaan…

snoefie ·

kan SA, wat swart mense toelaat om wit poppe aan pale te hang en wie dreig om klein wit babas in oonde te druk en die oond aan te sit, wat plaasmoorde tot n sport ontwikkel het, waar die president sy fam, vriende en homself verryk en bevoordeel, bekostig om nog deel van die internationale straf hof te wees?

corne ·

Die regering se nou hulle het vreedis magte in congo en sentraal afrika,maar hulle vergeet dat daar talle beweering is dat die Sandf help met die mpprde en verkragting van vrouens en kinders In daai lande ,nie te lank terug nie is daar talle soldate terug gestuur om voor weeag strafhowe te staan vir verkragting en moord ,die regering is n piesang republiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.