Uitspraak voorbehou in Vicki Momberg-saak

Vicki Momberg in die Johannesburgse hooggeregshof (11 Junie 2019) (foto: Lindi Masinga/African News Agency/ANA)

Uitspraak is voorbehou in die voormalige eiendomsagent Vicki Momberg se appèlaansoek.

Momberg het Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn waar sy betooghoofde ingedien het ná sy haar regspan met die aanvang van die hofverrigtinge afgedank het.

Momberg is vroeër skuldig bevind aan vier aanklagte van crimen injuria nadat sy in Julie 2016 ʼn swart polisielid 48 keer die k-woord toegesnou het. Die polisielid het haar ná ʼn gryprooftog te hulp gesnel. Sy is in Maart verlede jaar tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir haar rassistiese tirade. Een jaar van die vonnis is opgeskort.

Sy het aan die hof gesê sy appelleer nou teen die skuldigbevinding en vonnis omdat sy tydens haar verhoor onregverdig behandel is. Volgens haar het die staat, staatsgetuies en die landdros met mekaar saamgespan. “Nie een van die getuies was geloofwaardig nie. Hulle het tydens die getuienis gejok. Mens kan sien hulle het saamgewerk. Die onregverdigheid het voortgeduur in die hofsaak en vonnisoplegging,” het sy aangevoer.

“Ek ontken nie dat my optrede onaanvaarbaar was nie, maar dit was ʼn traumatiese situasie en ek het valse inligting gekry terwyl ek hulp wou bekom. Daar was nie enige beheer in die situasie nie.”

Momberg het gesê daar is ʼn getuie wat gesê het dit was nie ʼn gryprooftog nie, en dit wys dat die getuienis vals en teenstrydig was.

Sy het haar regspan vroeër afgedank omdat hulle glo nie aansoek ingedien het om die media uit die hof te verbied nie. Sy beweer prokureur Wesley Rogers het versuim om inligting te bekom wat sy versoek het. Sy het gesê alhoewel die staat sê dat alle dokumente teenwoordig is, glo sy hulle nie. Dokumente wat wys dat sy onregverdig behandel is, is nie teenwoordig nie, het sy aangevoer. Sy sê daar is ook nie dokumente wat wys dat sy deur die hof mishandel is nie.

Staatsaanklaer Jackie Drodski het gesê hulle is nie bewus van enige uitstaande dokumente nie en die staat moet na die feite kyk wat aan hom voorgehou word. Drodski voer aan Momberg het die polisiebeamptes voorgekeer en die een polisiebeampte die k-woord begin toesnou. Sy sê hierdie tipe oortredings moet in ʼn ernstige lig beskou word.

Momberg voer aan die staat het nie sy saak bewys nie. Sy het gesê die getuienis tydens die hofsaak is nie eg nie en daarom het sy vyf keer van regsverteenwoordiger verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

PJC ·

Hierdie vrou maak verniet jakkalsdraaie want daar is al reg aan die begin besluit wat die bevindings en die straf moet wees. Ek hoop net sy behou daai hardekwas houding tot aan die einde. As ń mens glo jy het die waarheid gepraat moet jy hou by jou standpunt. Baie mense in die land se frustrasies is al hemelhoog.

George in Bloem ·

Yep,vreeslike “belangrike” saak. Mense kan dalk vermoor word oor wat sy gese het?Rerig? Die skreiende dubbele standaarde oor hierdie belaglike saak is lagwekkend. En wat van die rassistiese snert wat Julius & Andile kwytraak,om nie eers te praat van Ace en andere in die regerende party?Rerig?

Arno ·

Dit is so ligsinnig dat mense in die tronk beland vir die onbenoemde k-woord. Wat is die verwikkelinge met die teenklag dat die hof dubbel standaarde toepas en wanneer dit hulle pas?

CallieL ·

Een van die belaglikste vonnise ooit. Een woord kamstig erger as die aanblaas van die eff om boere te vermoor. Die ruggraatloosheid van die witmense om die saak, die doodskis saak en die Coligny saak te aanvaar is verstommend. Verduur wat jy verdra. Daar is niks baklei oor in die wittes nie. Alles sal op einde van dag gevat word en die liberaliste sal dit goed praat. Wag vir die nuwe gesondheids wetgewing. Dan betaal julle daar ook

Ronel ·

CallieL en jy dan? As jy so lekker vinger wys na “die wittes se ruggraatloosheid: en “dan betaal julle daar ook” ? Sou graag wou weet waar skaar jy jouself?

Dirk ·

Die video is tog n duidelike bewys dat die vrou emosioneel buite haarself getraumatiseer was. Sy sou tog nooit onder normale omstandighede so teenoor die wetstoepassers optree nie. Die buiten gewone omstandighede behoort haar outomaties vry te gestel het van vervolging en te verwys het vir trauma behandeling. Hierdie vervolging het dit ten doel om haar menswees en menswaardigheid te teiken en af te breek as n voorbeeld teen rassisme. Die trauma toestand word heeltemal buite rekening gelaat in plaas daarvan om rassisme eerder buite rekening te laat. Wat met haar gebeur het, het al baie kere met wit en swartmense gebeur wat dit op die verkeerde tyd en plek heeltemal verloor het. Daar was net nooit iemand wat dit nodig geag het om n video te maak nie. N video wys ook net wat gebeur, dit wys nie en bewys nie die voorafgaande van dit wat alles daartoe aanleiding gegee het nie. Sy behoort trauma behandeling te kry en slegs n vonnis vir gemeenskapsdiens in n swart gemeenskap. Om iemand tronkstraf te gee vir woorde met geen dade daaraan gekoppel is onderdrukking van haar menseregte. Die skaal van geregtigheid word in hierdie geval heeltemal skeef getrek. Die oorsaak wat aanleiding gegee het tot die gebeure moet veroordeel en vervolg word.

GL ·

As iemand my byvoorbeeld n slang sal noem sal ek glad nie omgee nie want ek weet ek is nie een nie.

GP ·

Regering behoort hul koppe in skaamte te laat sak. 57 Moorde per dag, 64 kinder verkragtings per dag, waaraan hulle absoluut niks doen nie, maar ‘n onbenulligheid soos die word uit verband geruk. Dis wat mens kry uit domokrasie, ‘n stelsel wat duidelik nie werk nie.

Sterkte Vicky, staan sterk.

GL ·

Stem saam Dirk maar hulle gee ongelukig nie om wat die oorsaak was nie. Die skaal van geregtigheid is aan die een kant vol en die ander kant leeg in meeste van sulke gevalle in SA ons sien dit elke dag.

Bronwyn ·

Ai toggie!!! Ek weet wat dalk gebeur het en sy het haar vonnis gekry vir 3 jaar is nie reg nie… maar soveel tyd het verby gegaan en baie water in die see geloop. Vicky los dit nou uit en maak vrede met dit… en gaan aan met jou lewe… Die lewe is net te kort vir die nonsens. Jy het nou klaar jou vonnis uit gedien en jy is uit… Mors nou net jou geld op prokureurs en die staat se geld.

Bronwyn ·

Ai toggie!!! Ek weet wat dalk gebeur het en sy het haar vonnis gekry vir 3 jaar is nie reg nie… maar soveel tyd het verby gegaan en baie water in die see geloop. Vicky los dit nou uit en maak vrede met dit… en gaan aan met jou lewe… Die lewe is net te kort vir die nonsens. Jy het nou klaar jou vonnis uit gedien en jy is uit… Mors nou net jou geld op prokureurs en die staat se geld. Waar jy net nou lekker vakansie kan gaan hou

Elsa ·

Ek dink ook Vicky Momberg het nie ‘n regverdige verhoor gehad nie en dat sy getraumatiseer was en dat haar onaanvaarbare gedrag daardeur veroorsaak was. Hopelik slaag sy daarin dat sy ‘n meer regverdige herverhoor kry en haar vonis verminder word.

Kan GP of iemand anders my dalk sê hoeveel van die 57 moorde per dag of die 64 kinder verkragtings se slagoffers is blankes?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.