Uitspraak voorbehou in werknemer se Eskom-saak

Argieffoto: GCIS

Die arbeidshof in Johannesburg het vandag uitspraak voorbehou in die saak wat betrekking het op die afdanking van Johan Dempers, ’n Eskom-projekbestuurder by die Matimba- en Medupi-kragstasie, wat op 18 Oktober 2019 sonder enige waarskuwing summier ontslaan is uit Eskom Rotek se diens.

“Mnr. Dempers en sy mede-werknemers by staatsinstellings is onder beleg,” het Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, gesê. “Onbevoegdheid word daagliks verskans deur werknemers as die sondebok uit te maak. Ons wag vir die uitspraak en sal nie huiwer om die onbevoegdheid van Eskom aan die groot klok te hang nie.”

Dempers is afgedank nadat Eskom Rotek aangevoer het dat hy versuim het om die 1 500 ton steenkool per uur aan Medupi te lewer, volgens hul instruksie. Volgens Eskom Rotek het hy ook nagelaat om die saak by senior bestuur aan te meld.

“Dempers is ná 31 jaar se getroue diens met ‘n afdanking beloon terwyl hy wel sy plig doeltreffend nagekom het. Hy is veroordeel is vir iets wat nie sy verantwoordelikheid is nie,” het Van der Bijl bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bambi ·

Weet toevallig van nog iemand wat by n maatskappy vergoed is met afdanking na jare getroue diens? Lyk my dis hoe korrup die lewe geraak het! Nuwe tendens; ek vind dit onaanvaarbaar en laag en gemeen! Onbevoegdheid verskans!!!

Wondermaarnet ·

Daar moes plek gemaak word vir ‘n onbevoegde persoon met geen kwalifikasies nie en toe word hy maar laat loop. Gaan kyk eerder wat by Koeberg aangaan en hoe daar vir ure geslaap en rondgedrentel word, maar van hulle word daar nie ontslae geraak nie.

Hanna Hoekom ·

En hierdie is nou juis die tipe mens wat Eskom nie kan bekostig om te verloor nie! 30 jaar se getroue diens. Mag jy jou saak wen, meneer Dempers! Ek ek hoop jy kry n stewige, goue handdruk.

Johnny ·

Hy het meer as sy plig gedoen (jy mag nie) want dan is jy verhewe by jou medewerkers wat nie in staat is of die ondervinding het nie (sic)

Martin ·

Rotek is nie verantwoordelik vir die lewering van steenkool nie. Dit is die tussen die Eskom bestuur op die betrokke kragstasie en die myn/e waarvandaan die steenkool kom. Rotek se pligte is rondom die Stoom turbine en verwante toerusting.

antie ·

ek stem …hy was te bevoeg volgens kollegas wat nie regte kwalifiseer vir die pos nie….hy was te bevoeg en het nie die BEEE ‘s se werk ook gedoen nie

Db ·

Nee een klont het nie sy werk gedoen nie nou kry die witman pakslae om hulle te laat goed lyk

Bossie ·

Mnr Dempers, ek bid vir jou. Geregtigheid sal seevier. Hou aan God vas.

jaco ·

as jy wit is in SA in 2019, BLY DAN WEG uit werke waar daar te veel verantwoordelikheid is. Die meer geld vir ‘n sogenaamde lekker job met allerhande verantwoordelikhede, is nie alles nie. uiteindelik sit jy met NIKS.
Dalk was Julius Malema reg toe hy gesê het hy sien uit na die dag wat wit mense die swart werkgewers se huise gaan skoonmaak. Dis nie werk waar ons ons nekke hoef uit te steek nie.

Naas ·

Ek het al in 1998 my werk verloor omdat ek wit is. Dit ten spyte van ‘n uitstekende diensrekord. Alles met ras en kwotas te doen.

Lize ·

In nog n bankrot staatsinstelling is my vriendin na n lang uitgerekte ccma saak van n jaar, weer heraangestel in haar pos nadat sy ook afgedank is vir iets wat sy nie gedoen het nie. Ongelukkig is daar geen waarborg dat hulle dit nie weer sal probeer nie.

jaco ·

ek sidder vir die dag wanneer n regstellende aksie aangestelde Eskom werker die verkeerde knoppie by Koeberg kernkragstasie druk en 4 miljoen inwoners van Kaapstad dan deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.