Uitspraak voorbehou oor Janusz Walus se parool

SAKP-lede in die hof betoog teen Janusz Walus se paroolaansoek (Foto: SAKP, Twitter)

Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag uitspraak voorbehou in ʼn paroolaansoek deur Janusz Walus, wat skuldig bevind is op aanklag van moord op Chris Hani.

Walus het 25 jaar van sy lewenslange tronkstraf in die Kgosi Mampuru-gevangenis uitgedien vir die moord wat in April 1993 gepleeg is. Hy het die hof versoek om minister van justisie Michael Masutha se weiering om sy parool toe te staan, te hersien en tersyde te stel.

Dit is Walus se derde aansoek om parool. Hy het sewe jaar gelede ʼn positiewe aanbeveling ontvang van die paroolraad, maar sy parool is in 2013 deur die minister afgekeur.

Deur sy regsverteenwoordiger het Walus gesê hy het al verskeie kere sy berou uitgespreek aan die Hani-familie en die samelewing.

Sy lot is nou in die hande van regter Selby Baqwa, dieselfde regter wat in 2015 mediese parool toegestaan het aan Clive Derby-Lewis, wat Hani se moord saam met Walus beplan het. Die regter het egter in daardie stadium gesê hy glo die 79-jarige Derby-Lewis het berou getoon vir die moord.

Indien Walus vrygelaat word, sal hy glo na Pole terugkeer om saam met sy familie te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Andrevr ·

Rassekwestie. Andere is allank buite. Walus het syn tyd gedoen in die tronk. Gĕ hom die laatste leewnsjare die kans om trug Pole tevat.

Adam ·

Die toon van berou na vele jare is vir my totaal irrelevant. Geweldsmisdadigers, veral moordenaars, moet hul vol vonnisse uitdien. Ons kan sonder hulle op straat klaarkom. Dit maak aan my geen iota verskil wat die misdadiger se nasionaliteit, kleur geloof, taal ens is nie.

Belaglik ·

Nou Adam hoekom dien die ANDER Moordenaars nie hulle volle vonnise uit nie en WAT is LEWENSLANK? Een persoon se dit is 15 jaar en die man sit steeds 28 jaar. Miskien moet die regstelsel meer regverdig teenoor ALLE moordenaars optree en nie net Januz sy skuld laat dra nie .. Of jy BEROU toon of nie, jy het ‘n straf gekry en as ander mense op Parool vrygelaat mag word HY OOK . laat die man gaan berou of te not . wat maak BEROU saak?

Carl ·

@Adam. In terme van die Suid Afrikaanse reg, hoe lank is lewenslank dan? Ek is beslis nie `n regskenner nie maar soos ek dit verstaan is dit maksimum 25 jaar, al was jou vonnis in totaal 250 jaar. Daar is menige moordenaars wat as `n eerste oortreder na `n derde van sy vonnis op parool vrygelaat word, waarom nie Janusz Walus ook nie? Hoe vervolgsugtig en haatdraend kan `n mens nou wees?

Adam ·

Belaglik, lees asb wat my argument is. Alle misdadigers wat lewenslange vonnisse opgele is behoort die volle vonnis uit te dien. Ek bepleit nie dat dit vir alle misdaad moet geld nie, slegs ernstige geweldsmisdaad. Ek het jare lange ondervinding van die regsberoep en ernstige geweldenaars is ‘n kanker in die gemeenskap. Dit maak nie saak wat sy taal, kleur, geloof of wat ook al is nie. Dit sal ook verseker dat die reg ewehandig toegepas.word deurdat daar geen subjektiewe besluitneming betrokke sal wees nie. Jy mag dalk dink dit is belaglik, maar jou familie sal veel veiliger wees indien die risiko van herhaal-geweldsmisdaad verwyder word van ons strate.

tamboti ·

Adam ons hoor jou argument en verstaan jou punt. Die realiteit is egter dat tans word die maksimum tronkstraf van 25 jaar as lewenslank gevonnis. Daar word ook gereeld korter termyne vir moord gevonnis. Alle doodstraf vonnisse is tot lewenslank versag. Die vraag is hoekom word daar tussen ou en nuwe moorde gediskrimineer wat die termyn lewenslank betref? Die dag toe die regstelsel besluit het die maksimum vonnis van 25jaar geld vir lewenslank, moes alle ou lewenslank termyne hersien word. M.a.w. Janus moet vrygelaat word omdat hy sy termyn van lewenslank reeds uitgedien het en parool is nie eers meer toepaslik nie.
En so ook vir alle ander lewenslank gevonnisdes.
Die sogenaamde redes vir die weiering van sy parool is in elk geval polities en het niks met ware parool kriteria te make nie.

Adam ·

Tamboti, ek stem 100% saam met jou. Uiteraard is daar gevalle waar korte termyne as lewenslamge gevangenisstraf opgele word en dit is heeltemal in pas met die regspleging indien daar voldoende versagtende omstandighede is. Jy is ook korrek in jou bewering dat die subjektiewe manier waarop parool toegstaan word veel te wense oorlaat en in SA speel politiek ‘n reuse en onnodige rol daarin. LW. Ek het dit nie teen Walus nie en hy moes inteendeel al lankal vrygelaat wees onder die huidige bestel. Wat ek bepleit is dat daar in die toekoms lewenslange gevangenisstraf opgele word sonder dat die gevonnisde in aanmerking kom vir parool in die geval van gruwelike moorde en verkragtings ens waar daar geen versagtende omstandighede is nie. My pleidooi is hoofsaaklik gebaseer op die feit dat die doodstraf afgeskaf is en dat blote gevangenisstraf, selfs lewenslange gevangenisstraf, nie ‘n voldoende afskrikmiddel vir geweldenaars is nie. Kyk gerus na die enorme voorkoms van moord, verkragtings, transitorooftogte ens.

jaco ·

Kommunisme het deur die loop van 1989 in Pole tot ‘n einde gekom. Dit was in elk geval nooit so streng daar toegepas soos in bv. die Sowjetunie en China nie. In 1990 is die ANC in SA gewettig en het almal geweet wat sou kom. Waarom is Walluz dan nie toe terug Pole toe nie? Die kommunisme wat hy so gehaat het, was dan in 1993, toe hy vir Hani vermoor het, reeds amper 4 jaar weg uit Pole uit.
Kommunisme soos toegepas in veral Pole en Oos-Duitsland was in elk geval veel beter as alles wat tans in SA aangaan: dit was lande SONDER:
1. Nkandla-styl korrupsie
2. Vuil, swak staatshospitale
3. 30% werkloosheid
5. 5 miljoen plus onwettige buitelanders
6. Lae gehalte onderwys
7. Alewige stakings (toegegee dit het in Pole gebeur,maar veel ligter as in SA}
8. Plakkerskampe

tamboti ·

Adam ek stem saam met jou, lewenslank is nie die gepaste straf in plaas van doodstraf nie.
Dit gaan nie net oor die “afskrik waarde’ nie, maar oor die effektiewe straf / verwydering van die oortreder uit die samelewing. Jammer as ons verkeerd verstaan oor die spesifieke geval – ek dink net baie voel dat as die wet vir een en almal presies dieselfde moet geld, en solank die ander ‘n agterdeur gebruik, moet ons ook kan.

Avra ·

Laat hy terug gaan. Ons het lank genoeg sy “loses” betaal. Een skurk minder in die tronk en in die land.

Koos ·

Noem hom maar ‘n skurk. Hy het een mens vermoor vir politieke redes en moes amnestie gekry het daarvoor. Amy Biehl was bloot oor haar velkleur doodgemaak maar haar rassehatende moordenaars het amnestie ontvang. Haar ouers het selfs vir hulle werk gegee ná die tyd. So wie is nou eintlik die rassiste in hierdie land? Hoop Walus leef nog 30 jaar en geniet sy lewe in Pole, waar hy vandag tuis sal voel met die huidige politieke bestel.

Yster ·

Jurie. Jy is gelukkig dat jou kommentaar bly . Ek is in die verlede gesensor as ek sulke goed sê. Ek stem. Groter moordenaars loop buite rond. Maar nouja politiek is n lelike ding . Laat hy nou huis toe gaan. Hy het seker al sy les geleer.

Oom Kalahari ·

Januz Walus het sy tyd uitgedien en wel berou getoon, maar word blatant op hom gediskrimineer. Hy het betaal vir sy daad en tyd om hom vry te laat en dat hy terug keer na sy familie in Pole. Hier sal hy nooit vergifnis ontvang nie en net ‘n haat veltog tot hy sterwe. Min Masuta is ook onregverdig in sy optredes en besluite en is nie volgens die konstitusie nie. Laat Mnr Walus vry na sy land en doen wat reg is en nie mense skendings dade nie.

anton ·

Ek wens ek kon sekere mense se kommentaar verwyder!!!
Plaas hulle eerder die DRUM gaan lees en hulle minder sinvolle kommentaar daar gaan lewer.

Geronimo ·

Wat van die “Eikenhof Drie” wat kinders koelbloedig by die bushalte vermoor het – hulle is vrygelaat, ontwerpersklere en al, het hulle ooit berou betoon?

TOFFY ·

O nou verstaan ek by hulle beteken ROU BETOON geld en ek is seker dit is iets wat hy lankal nie meer het nie
Regtig die man het mos sy vonnis lank overdue gedoen
Laat hom gaan dan sal sy FAMILIE dalk oor hul Rou kan kom

Theresa B ·

Hierdie is maar net weereens ‘n rasse-ding. Diè reel geld nie vir die ander wat al vrygelaat is of gaan word nie nê??!! Walus het meer ruggraat as julle almal saam. Hy het al meer as 20 jaar in die tronk gesit. Berou getoon en vir die familie omverskoning gevra. Madiba het ook bomme geplant en mense vermoor en kyk wat het van hom geword. Amazing, hierdie dubbeldoor reels, maar lees jou Bybel. Dit wat daarin staan is wat besig is om te gebeur, maar onthou net God slaap nie.

Adrian ·

Jaco jy weet nie waarvan jy praat nie, kommunisme is n gevangenis waar niemand uitkom nie. Mense in Oos Duitsland het hul lewens op die spel geplaas om daar uit te kom. Stalin het 40 miljoen van sy eie burgers vermoor in sy tyd, en onder die pes van kommunisme was Pole onderdruk. Teregstellings was n daaglikse ding as kommunisme so goed was het die hele wereld in daai rigting beweeg. Elke kommunistiese land heers ongeregtigheid en n ystervuis wat mense vergruis

Rooikop ·

Absoluut n rasse ding …………… laat die man vry sodat hy kan teruggaan na sy mense. Hy het sy tyd uitgedien.
Hoeveel “ander” mense word nie vrygelaat nie en dan moor hulle ses maande later weer.

honourable member ·

Hier bewys rassisme homself weereens. Boere se moordenaars kry almal parool maar die arme man moet sit. Openlike rassisme.

Tanzie ·

Meeste van die siele wat die plakkate vashou was nog nie eers gebore toe hierdie gebeur het nie, maar hulle wil hulle snawels rek oor hierdie aangeleentheid!

Andrea van Vuren ·

Waar kry die plakkaatdraers tyd om in die hof te gaan sit? Dis sinneloos. Het hulle nie werk nie? Kyk hoe lyk ons strate en hospitale. Steek hulle in die werk!

Zumie ·

Mens toets die regverdigheid van die stelsel aan hoe dit sy vyande behandel……
As ek kyk na die doodskis saak , Vicki Momberg en ‘n paar ander dan die ek in plaas van ‘n onafhanklike regbank net “his master’s voice”…. Laat ons sien wat gebeur hier.

Liberaal ·

Liberale waardes word een met kommunisme, die wat kommunisme teenstaan gaal almeer vasgevat word deur die liberales onder ons.

Johan H. ·

Solank as wat daar 2 stelle reels is ,,,,Sal ek die lotte teenstaan,,, Januz, My Hero!!!. Laat hom vry sodat hy kan aangaan met sy lewe..Jy hoef nie jammer te se nie, jy het jou straf uitgedien soos bepaal in jou vonnis oplegging,,Moennie kniel voor die lot nie!!

Johan ·

En weer ‘n keer gaan ek die regstelsel aanval. Daar is reeds deur ‘n hof besluit hy mag uit op parool, maar Masutha gee nie gehoor daaraan nie. Hoe de heng is dit moontlik dat ‘n INDIVIDU so ‘n besluit mag neem? Geen maar geen Minister mag sulke mag in sy hande he nie – dit is gevaarlik soos ons juis in die geval sien. ‘n Paneel moet besluit. Volgens my het Masutha te veel mag en hy MISBRUIK dit.

Verder, wie is Masutha om te reken Walus “praat nie die waarheid nie”? Weet Masutha dalk iets wat andere nie weet nie? Hoekom kom Masutha nie uit met die waarheid nie? Ek daag Masutha uit om met die waarheid vorendag te kom. Of weerhou hy feite in die geval? Klink my na ‘n gerieflike verskoning om Walus in tronk te hou. Laat Walus uit – hy het sy straf uitgedien. Hoekom kan ander moordenaars uit op parool maar nie Walus nie? Masutha het duidelik dubbelle standaarde.

leser ·

“@adam”
waar is shabir shaik, hoekom dien hy nie sy tyd in die tronk nie
walus was alreeds vir mediese parool oorweeg, of het hy nie genoeg geld nie
laat hom “VRY”, hy verdien sy vryheid

Deon ·

Help my asseblief reg, maar mag enige iemand binne `n hofsaal betoog? Ek weet hulle betoog baie kere buite `n hofsaal, maar ek het nog nooit gesien dat daar binne `n hofsaal betoog word nie. Is dit regverdig teenoor die persoon wat aangekla word? Of is dit ook net weer op rasgronde toelaatbaar?

Oom Kalahari ·

@Deon, goeie punt wat jy daar maak en was dit jy en ‘n paar van jou goeie vriende sou jy verseker in daai hofsaal ge-arresteer wees vir minagting, maar dit word wel geregverdig vir die rooi berets en SAKP lede. Die vervalle standaarde en onregverdige hantering op sekere groepe is maar net bewys van die hogere diskriminasie veldtog. Groter moordenaars as Walus stap vandag vry en menigte is in poste van aansien.

Wonder ·

Laat hom tog net vry dat hy die land uit. Waarom hom anders behandel as ander? Ek het my opinie daaroor, maar sal dit nou nie hardop sê nie…..

Se maar net ·

Die mense wat so skreeu en pleit vir die doodstraf om toegepas te word, ek hoop julle lees mooi wat hier aangaan. Dink julle vir een oomblik dat as paroolvoorwaardes soos hierbo toegepas word, dat die doodstraf ooit regverdig toegepas gaan word? Ek dink nie so nie. Dit sal ook selektief toegepas word.

m.d.r. ·

Wat my interesseer. is die verskonings wat geopper word om die man NIE vry te laat nie…
Min Masutha maak herhaaldelik die stelling dat Walusz nie alles vertel het nie. Me Hani het telkens dieselfde stelling gemaak, ook tydens Clive Derby Lewis se pogings tot parool….
In ons reg is daar ‘n regsbeginsel wat lui dat die Bewyslas op die beweerder rus.

Dus as Masutha en Me Hanid sulke bewerings maak, moet hulle voor ‘n hof dit kom bewys, veral omdat hierdie bewerings gebruik word om in Walusz se geval sy geregverdigde vrylating te weier.
Masutha en Me Hani moet gekonfronteer word om bewyse voor te le, of geareesteer te word op ‘n kag van regsverydeling.
Maar in ons regstelsel…….ek weet nie so mooi nie….!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.