‘Uitsprake oor grondhervorming bewys gevaarlike dubbele standaarde’

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

President Cyril Ramaphosa se onderneming dat die Zoeloe-koning se Ingonyama-trustgronde nie beskou word as deel van die proses van onteiening sonder vergoeding nie, skep gevaarlike dubbele standaarde oor die aangeleentheid.

Só sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Sondag in ’n verklaring gesê.

Groenewald meen dat, Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, se uitsprake dat swart mense en tradisionele leiers uitgesluit is van die beoogde proses van onteiening sonder vergoeding, wys die ware kleure van die ANC dat onteiening sonder vergoeding eintlik gemik is teen wit mense.

“Hierdie stellings openbaar die ANC se voorheen verskuilde agenda om net sekere eiendom op ʼn selektiewe grondslag te teiken,” het Groenewald gesê.

Maroela Media het Saterdag berig Mkhize het gesê  die regering wil dit duidelik stel dat wanneer hy van onteiening praat, hy nie verwys na die 13% wat deur tradisionele leiers en swart mense besit word nie.

“Ons benadruk dat die eienaarskap van die 13% nie betwis word nie,” het Mkhize gesê.

Groenewald het gesê hy het in die parlement met pres. Ramaphosa se begrotingspos-debat juis gevra wie beskou die president as die “onregmatige eienaars” van wie grond afgeneem gaan word aangesien hy gesê het grond gaan teruggegee word aan die “regmatige eienaars”.

“Nou is dit duidelik dat wit mense se eiendom geteiken word. Dit is onbillik, onregverdig en totaal onaanvaarbaar. Die oplossing is eenvoudig, en dit is dat die ANC die hele proses van onteiening sonder vergoeding moet laat vaar.”

Groenewald meen verder dit word nou ook duidelik dat die ANC die onteieningskwessie gebruik as politieke propaganda vir die komende algemene verkiesing aangesien hy beloftes van vrywaring maak teenoor moontlike ondersteuners en kiesers.

“Onteiening sonder vergoeding kan nie selektief toegepas word soos dit die regering van die dag behaag nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Gevaar ·

Eks bly CR besef dis bitter gevaarlik en hy moet ons grondeienaars en alle suid afrikaners ook die nodige gerusstelling gee.

Thinus Erasmus ·

@Gevaar, jy verstaan die berig verkeerd tensy jy ‘n Zoeloe is!
Pieter Groenewald: ek hoop jy hoor en verstaan wat CR se, “die tyd vir praat is verby dit is tyd vir doen!”
Hou op om te argumenteer en antwoorde te vra en begin doen, net soos die Zoeloe koning. Pieter dit is tyd dat jy as verteenwoordiger van die grootste deel van Afrikaner in SA, die pen neersit en opstaan en moue oprol. Ons as Afrikaners het ook ‘n “tradisionele” leier nodig en ons wil ook op “tradisionele” grond aandring.
Ons het GROND en ons het BELASTING as hef in die hand!
CR en die ANC en die meerderheid van SA bevolking wil ons verswelg en hulle gaan nie ‘n LIEFDE vir ons ontwikkel binne die volgende paar honderd jare nie. Hulle sal nooit apartheid vergeet nie en sal vir altyd ons beskuldig van die skending van hulle mense regte en alles wat verkeerd gaan. Daar is geen versoening moontlik met sulke mense nie, ons moet afskei of trek!
WAT IS JOU PLAN VF+, politiek is uitgedien en gaan geen oplossing bring nie?

Louisa ·

Ramaphosa is besig om die vuur onder die pot te stook. Hy gaan nie nou stop nie, hy het ‘n verkiesing om te wen volgende jaar!

Koos ·

Weereens, die volgende word net oor-en-oor bewaarheid:

Soos iemand baie vroeg in CR se presidentskap se aanvang gesê het:
“Moenie té vroeg té veel positiewe veranderings aan CR toedig nie, hy is en bly net nog ‘n ANC beleidsuitvoerder.”

Ongelukkig skep hierdie verskeidenheid van uitsprake waarin minderheidsgroepe openlik bedreig en uiteindelik benadeel sal word, net erge rasseverdeling en ook rassehaat wat geensins tot enige voordeel van alle groepe in ons land kan lei nie.

Koos de Meyer. ·

As hulle dink dit is Zimbabwe hierdie maak hulle ‘n groot fout. Dit gaan nie so maklik hier gebeur nie.

Realis ·

Wil graag weet wat jy gaan doen wanneer hulle met meer as ‘n honderd swaar gewapende bendelede (kan hulle nie Polisie of soldate noem nie) by jou plaas opdaag en jou 20 minute gee om die plek te ontruim? Jou honde is reeds doodgeskiet op hierdie stadium.
Het baie in Zim gebeur. Groot boere met baie planne is net eenvoudig afgegooi. Die wat gewaag het om hulle teë te sit is ernstig aangerand of vermoor. So, ek vra weer, wat gaan jy doen?

Penellope Jones ·

Weereens ‘n sprekende bewys van die onbetroubaarheid, die verskil in standaarde tussen die anc en enigiemand anders wat nie soos die anc dink en doen nie.

Gertryda ·

Ek wonder ….. helfde van ons plaas werkers het huise in trust gebiede
Ons het hul R30000 elk betaal om vir hul huise te bou
Nou moet ons helfde van plaas vir hul ook gee
Hoe werk dit
Ek werk by hospitaal ek kan mos nie helfde van dit eis nie

Andrea van Vuren ·

En natuurlik Carl Niehaus wat sy eie wit volk agteraf verraai!

Vonkprop ·

Kom ons verwys na die Afrikaner se geskiedenis, wat nog nooit konflik gaan soek het of nastreef nie
Die ANC en trawante moet net nie die fout maak om hordentlikheid met bangbroekigheid te verwar nie. Net ‘n paar feite:
1. ‘n Handjievol het letterlik kalvoet oor die Drangensberge getrek met baie opofferings ens.
2. Hulle is uitgemoor en ‘n handdjievol het Bloedrivier aangedurf.
3. ‘n Handjievol boere het die magtigste nasie op daardie staduim, die Britte aangedurf.
4. ‘n Handjievol jong sodate ( nog eintlik kinders) het die Kubane in Angola aangdurf.
5. Dit gaan net ‘n handjievol boere kos om op te staan………………………..

Tertia ·

Die Boere is nie meer wat hulle was nie. Ongelukkig. Geen nasie is meer wat hulle was nie, veral ook nie die Britte nie, maar ja. Dit is wat dit is.

Willie ·

20 persone opdaag met Polisie gaan dit die begin wees van die geveg,Wat ons verloor gaan deur geveg later terug gevat word

Frans ·

Josua, niks keer ons om selfbeskikking te bou nie. As almal wat Selfbeskikking praat Selfbeskikking doen was ons nie nou hier nie. Daarom is ek op Orania betrokke, want ons gaan nie met die mond of die swaard Selfbeskikking kry nie, maar met die troffel.

Piet ·

Ek wil graag noem dat mens sosialisme kry in baie gedaantes. Die NP en selfs Hitler se Natzi party was Nasionaal sosialisties. Dit mag dalk wees dat my naamgenoot bo nie die verskeie politike modelle ken nie. Orania is beslis sosialisties, maar hulle sou nie twee weke kon bestaan nie as dit nie die geval was nie.

tamboti ·

Eerste Piet, as dit sosialisme is om jou volksgenote te help, om vir hulle werk, kos en behuising te gee. Om vir jou eie volk skole te begin en op elke sosiale vlak vir jou eie volk op te help, dan is sosialisme puik! In elk geval beter as om sweet en bloed uit jou naaste te melk vir jou eie gewin – en dit is kapitalisme.
Kies maar as jy so gelukkig is dat jy van niemand of niks afhanklik is nie.

Piet ·

Reg so Tamboti, dis mos die hele punt van ‘n volkstaat! Groetnis Piet

Andre ·

Ek is te oud om na ander land te emigeer so as ons leiers te sag is om te se genoeg is genoeg se ek vat jou wapen vas want ek gaan nie le sonder ek in paar saam vat nie

Pierre ·

Mark…..ek stem saam met jou. Hier is nie net van vat nie

Callie ·

Dankie Andre en Matk. Dit is wat ek ook dink ons enigste opsie oor is. Koos de Meyer, my grootste vrees is Zimbabwe het klaar gebeur. Hierdie regering vat en maak met wittes net wat hulle wil. Het nou die dag gevra ramaphosa moet bewys hy is nie deel van plaasmoorde. Hy dreig net verder om wittes se werk ook te vat. Kom iemand, dalk gen Constandt, kom ons was ons browns

andre ·

Indien die onteiening voirtgaan en Artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word sit hulle met hulle voet in hulle monde, want wat van Hoofstuk 2 dan van die Gronwet wat bepaal daar mag nie gedeskrimineer word op grond van ras of kleur nie. Kom ons kyk of die Kons hof die uitspraak regverdig gaan hanteer. Die hele Grondwet sal moet verander indien selektief omgegaan word met onteiening en artikel 36 gaan hulle nie help om op te steun nie

N Lourens Reitz ·

Jy iz reg André. Ek verstaan dit ook so. Artikel 36 van hoofstuk 2 moet saam gelees word met artikel 25 .Die ANC het inderdaad ñ probleem en dr Groenewald VF som dit reg op. Woensdag nog het die ANC verklaar dat die Ingonyama trust gaan ontbind en Saterdag het Cyril net so omgekeer om te sê net die koning se grond is veilig.

Basjan ·

Die ommekeer het plaasgevind nadat die Zoeloe-koning gewaarsku het dat bloed gaan vloei as hulle aan die Trust raak. Hy het ook gesê dat hy sy onderdane sal aanmoedig om hul stem vir die ANC te weerhou.

Nikita ·

Jinne…hier kom n ding. Hierdie hele gedoente bly n kopkrapper. Om artikel 25 te wil verander gaan nie so maklik wees nie…dis nie die ABC nie. Hulle het mekaar nou aan die kop. Of hulle hul ooit aan die wet gaan steur is n ander vraag. Hulle swaai mos die septer en dink mos hulle kan maak soos hulle wil. Hulle gaan nog baklei onder mekaar met die randsoenering.

Wiehan ·

Hoop die Afrikaner se oë gaan nou oop. Dis teen ons gemik. Wil alles hê en sal nie rush voor hier nie meer ‘n Afrikaner oor is nie. Ek praat van regte Afrikaners, nie hans- kakies nie.

Ons ·

Ja dis teen ons gemik en ek wil hê hulle moet baie mooi dink daaroor. Dink baie mooi CR.

SKREE ·

Wat van weer ‘n MASSIEWE betoging deur die boere wat met hul implemente na die stede op ruk en die res van die gemeenskap wat hulle in hul voertuie ondersteun soos paar maande gelede?

Theresa ·

Moet hul nie alleen blootstel aan hierdie onregverdige besluitnemers nie.
Indien daar weer ‘n optog gedoen word, moet dit eerstens wettig gereël word.
EN
ek, jy en die volgende persoon wat graag REGTIG wil wys dat mens nie die ondermyning goedkeur nie, moet saamstap – graaf, mop, enige ding. Dis moeite vir die boere om al die implemente en trekkers ens. tot in ‘n stad te kry. Dis eerder net nodig dat almal moeite doen om die optog by te woon.

andre ·

Sosialisme en komunisme is aan die orde van die dag maar dit hou ook net so lank as wat die geld van die middelklas en die rykes hou ,al wat gebeur is as die middelklas hulle geld weerhou dan is die regerende party in sy …… . En dan sal ons sien hoe hou hulle die gemaakte beloftes in stand.

Matie Strydom ·

Ek wonder altyd oor die strekking van die 13% grondgebied t.o.v. Suid Afrika. Het dit, toe dit in 1913 gepromogeer was, nie ook die grondgebied van Botswana, Lesotho en Swaziland ingesluit nie? Hierdie lande was onder Britse beheer en as hulle ingesluit is, is hier ‘n ander argument te make…

Idris ·

Siener het gesê dat die swart volke onder mekaar gaan baklei en dat die boere dan gaan inspring, en dis waar ons moeilikheid sal begin…

Stan ·

Stem saam!! Ek dink onder mekaar gaan hulle nie n oplossing kan kry van wie kry waar grond nie, dan gaan die sports begin!!!

Gertjie ·

Ja dan vlieg ‘n blou makou na die ooste (verkiesing in Limpopo).

Akademi Buktu ·

Interessant hoeveel wittes sleutelrolle in Ramapharisee se wildboerdery speel. Wit egpaar wat sy plaashuis (“lodge”) bestuur. Waarskynlik wit vlieënier van sy helikopter wat gereeld by ‘n bekende wildplaas van ‘n wit eienaar land.

JJ ·

Was daar nie jare terug biljoene rande (van ons tax geld) eenkant gesit juis vir grondhervorming nie. Is dit nie juis die einste ANC regering wat alles deur korrupsie verkwansel het nie. Nou moet ons weer die rede wees hoekom dit nou verniet weggegee moet word.

bgj van der westhuizen ·

die regering wat anc is moet onthou in 1994 was gevra om op n mooi manner saam te werk daar was baie wat nie saam gestem het nie maar maar het toe dit daar gelos maar nou moet hulle onthou as die wit man alles gaan verloor dan is daar niks wat hom keur om alles af te breuk ook nie wand die land beteking niks sonder die wit man nie daar is nou oor en oor bewys dat die swart man nie wil werk nie wil alles net he en dit is die onder gang van die land die anc regering krap al lank waar dit nie jik nie een of ander tyd gaan daar in groot probleem kom ons gaan nie altyd die wang draai nie

Connie ·

Kan Donald Trump ons nie kom help nie? Hy weet wat aangaan in ons land.

Magda ·

In alle eerlikheid…Helgardt Muller, Afriforum se Ernst Roets, Suidlanders…almal doen bewusmaking. Die ander lande het nie ‘n saak met ons nie en probleme van hulle eie. Die nuwe wereld orde wil almal regeer. Die VN kyk verby die plaasmoorde en maak dit af as niks – geen volksuitwissing volgens hulle – verbeel jou! Al hierdie dinge is deel van ‘n wêreld legkaart, mense! Ons kan nie staat maak op ander nie ons is op onsself en ons God aangewese – soos baie kere voorheen. Ons moet net voorberei en terugkeer na God. Al die wereldsdinge het ook ons kinders en families stelselmatig weggeruk van Hom af sonder dat ons dit besef.
Net God kan ons help.

Mr B ·

Net die terughou van inkomstebelasting aan die staat sal ons red. Vanjaar is te laat. Volgende jaar MOET GEEN BLANKE INKOMSTEBELASTING OPGEE NIE. As jul ons GROND/BESITTINGS VAT is jul nie op INKOMSTEBELASTING GEREGTIG NIE.

Chris ·

Waar is daardie slim regering wat ons gehad het nou om ons weer uit hierdie probleme te kry ,nee kruip weg was nog erger as die ANC ons het ook swaar gekry

Emma ·

Een van Ramaphosa se plase in Mpumalanga is 5 100 hektaar groot. Hy lewer geen bydrae tot ekonomiese landbouproduksie nie, behalwe vir beeste en wild wat hy as n stokperdjie bedryf.

Hennie ·

Het iemand anders as ek ook TV nuus gekyk waar ‘n uittreksel oor sy toespraak gewys was,waar hy ook duidelik gesê het “the Constitution is not there to protect the Minority” ?!!

Theresa ·

‘n Man wat praat van paddas in ‘n pot. Dit lyk dalk of niemand omgee wat hier gebeur nie – maar ek is vol hoop dat buitelanders wel oplet in die klas.
Hou aan en stuur als moontlik aan wat die situasie en VERAL uitlatings deur topbestuur kwytgeraak word.

Erica Roos ·

Al wat ek net wil weet as hulle nou die ou 8.5 hektaar plotjie wil kom vat waar ek woon en werk verskaf aan 16 swartmense, waar gaan ek heengaan want ek het nie ‘n ander land waarheen ek kan immigreer nie, so ook se my indier vriend wat hier in Rustenburg gebore is en sy winkel hier buite die dorp bedryf. Elkeen van die swartmense het nog ‘n huisie of grond waar hy gebore of grootgeword het, ek nie dis die vraag wat ek vir CR wil vra. My man en sy gesin het gevlug uit destydse Rhodesia, waar gaan hy en sy familie heen, daar is nie nog ‘n land waar ons kan heen gaan nie, so dit lyk vir my ons gaan almal moet saamveg om oorlewing anders weet ek nie

Piet ·

Reg so Tamboti, dis mos die hele punt van ‘n volkstaat! Groetnis Piet

Anoniem ·

@ Vonkprop, my man was deel van daardie groep jong “seuns”. Dit is waar wat jy se, ons moet ook nie vergeet wat by Bloedrivier gebeur het nie. Daar is een belangrike ding wat die Afrikervolk uit die oog verloor, en dit is wanneer dit vir hierdie volk na net duisternis gelyk het het die Here op ‘n wonderbare wyse uitkoms gebring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.