Pres. Jacob Zuma sal Dinsdagaand verskeie nasionale ordes aan Suid-Afrikaners en buitelanders, wat in verskeie sektore tot die vooruitgang van die land bygedra het, toeken.
Volgens die presidensie moes dié toekennings al in April al geskied het “maar dit is uitgestel weens verskeie xenofobiese aanvalle in dié tyd”.
Die presidensie het ook gesê dit is betekenisvol om dié toekennings gedurende versoeningsmaand te maak, aangesien dit “help om eenheid en versoening te bewerkstellig”.
Die toekennings sluit meer die Orde van Mendi in, wat toegeken word vir dapperheid. Ontvangers sluit Joe Morolong en Jetro Ndlovu in.
Die Orde van Ikhamanga vereer mense wat presteer het op die gebied van kuns, kultuur, literatuur, musiek, joernalistiek en sport. Ontvangers sluit in Themba Patrick en die voormalige Olimpiese atleet, Mbulaeni Mulaudzi, wat postuum vereer word.
Die Orde van Baobab word aan mense toegeken wat ‘n betekenisvolle bydrae gemaak het tot gemeenskapsdiens, sake en ekonomie, wetenskap, medisyne en tegnologiese innovasie. Ontvangers van dié toekenning sluit in oudregter Yvonne Mokgoro en die stigter van die Protea-hotelgroep, Otto Stehlik.
Die Orde van Luthuli word aan onder meer aan Kay Moonsamy en William Frankel toegeken vir hul bydrae tot demokrasie, konflikoplossing en die bevordering van menseregte.
Buitelanders soos Peter Hain van Engeland en Vladimir Kazimirov van Rusland, word met die Orde van Metgeselle vereer vir hul vriendskap en bystand aan Suid-Afrika.
Gaan maar seker so met alles in Suid Afrika. Dan nie vandag nie dan more. Van die klomp wat vereer is sien ek maar min of geen blanke name nie. Of het ek die kat aan die stert beet????
Kom ons kyk of Peter Hein die geleendheid gaan bywoon ,hy het destyds pad gegee oor die onreg in Suid Afrika,wat gaan hy nou doen met die onreg wat nou in SA plaas vind,ek glo dis die SA wat hy in gedagte gehad het.
Watter vooruitgang?
vermeende – ek spot nie met jou nie maar met die sogenaamde “vooruitgang”. Kan ons maar sê vermeende vooruitgang dan kan niemand ons aanvat as dit nie waar is nie.
Ek was lank laas by sirkus en eks baie lus vir lag ek gaan dit beslus kyk en dis gratis
Kry FW ook n stokkielekker?
Ek glo nie so nie. Hy het mos klaar sy betaling (30 silwer munte) ontvang.
Ag askies mnr giggels kom weer??? Vooruitgaan wat jy waar sien..
Niemand so blind so die wat nie wil sien nie.
Pateties!
My disleksiese-gewoonlik-onbetroubare bron vertel dat toekennings ook aan die volgende siele gemaak sal word:
Vergulde Papbord (met lourierblaar) – Prof Amanda Gouws
Paplepel (brons) – Dottor Piet Croukramp
Sopskottel van die Agtergeblewenes (goud) – Marx du Preez
Een-oor Bedpot @Chamberpot (met duike) – ‘Slim'(huh!) Wim De Wiljirs
Een-oor Bedpot@Chamberpot (met duike en flenter oor) – Jonatanende Jansen.
Dit wil voorkom asof die regime nie alle Afrikaanssprekendes oor die hoof sien nie.
Dankie tog! Hoog tyd! Nou sal HF Verwoerd ook erkenning kry.
Dankie vir die skerp kommentare. Het nou lekker gegiggel.
Indien Zuma bereid is om toekennings sover terug te dateer sal Oom Jan Van Riebeeck ook nie vergeet word nie.
Een van die eienskappe van ons volkie is ons humorsin. Was dit nie so nie,was ons seker reeds lankal vergete.
Uitstaande? Ek mag verkeerd wees, maat het julle nie “uitmuntende” of iets dergeliks bedoel nie? Of skuld die ouens geld?
Skerp :-)
Sommige (van ons:-) staan uit bo die res, CG. En ons praat nie van lengte nie.
Menseregte,Demokrasie waar het hulle aan by gedra ….O nou verstaan ek dit was nie in SA nie, nee wat van my kry hulle nie eers n lollypop nie.
En my kommentaar? Het ook met “Orde” te doen naamlik “Buite orde”.
wat van al die boere wat vermoor word wat “uitstaande” is wat nie eers oor die nuus of koerant genoem word nie?
Baie dankie vir die puik bydraes. Ek gaan dit beslis druk en in my plakboek sit. Elke keer as ek dit lees kan, ek nie help nie om weer lekker te lag. Depressie sal my onderkry nie. Dankie Maroela ons waardeer dit.
Eersdaags behoort soewereine selfbeskikkendes ook hulle eie toekenings te kan maak.