Uitstappie saam vriende eindig tragies

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, blykbaar in sy 20’s, het Saterdag in die Vaalrivier op Barkley-Wes in die Noord-Kaap verdrink.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was glo saam met vriende toe hy besluit het om in die rivier te swem. “Hy het in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn.”

Paramedici van die provinsiale nooddienste, Netcare 911 en die polisie se duikeenheid is na die toneel ontbied. “Die duikers het die man se liggaam in die water gevind en hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

Volgens Mathe het die man omstreeks 13:30 verdrink en is sy liggaam omstreeks 16:00 gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Taalpuris ·

Opskrif moer eerder wees: Uitstappie saam *met* vriende einding tragies.

taalpolisie ·

Moet opskrif nie lees “Uitstappie saam MET vriende…”?

Hannelie ·

Ag vader tog wat gee jul om oor opskrif hoe dit moet wees dis kleinlik. Iemand is dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.