Uitstel gevra vir halfjaareksamens

Argieffoto.

Die studenteorganisasie Sasco het vandeesweek geëis dat hoëronderriginstellings se halfjaareksamens uitgestel word weens die nasionale busstaking wat verhinder het dat studente klasse kan bywoon.

Luvuyo Barnes, voorsitter van die organisasie, het ook gesê die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het ook nie betyds toelae uitbetaal nie wat veroorsaak het dat talle studente ʼn tekort aan reis- en boektoelaes gehad het.

Barnes sê die organisasie vra dat TVET-kolleges (beroepsgerigte opleidingskolleges) en ander hoëronderwysinstellings die studente se benarde situasie in ag neem. Hy sê die busstaking en die vertraging met die uitbetaling van NSFAS-beurse het veroorsaak dat “studente nie na hul onderskeie kampusse kan reis nie, nie toegang tot belangrike studiemateriaal het nie en dus nie kan voorberei vir die halfjaareksamens nie”.

Hy sê honderde studente sal nie vir die halfjaareksamens in aanmerking kom nie aangesien die studente weens die busstaking nie aan die bywoningsvereistes, soos deur die onderskeie kolleges en universiteite bepaal, voldoen nie.

“Ons doen ʼn beroep op die onderskeie rade om die toekoms van die Afrika-kind voor winste en statistieke te plaas. Studente is nie voldoende voorbereid vir die halfjaareksamens nie en bykomende akademiese ondersteuning deur instansies moet gebied word in ʼn poging om verlore akademiese tyd in te haal.”

Die halfjaareksamens is veronderstel om later vandeesmaand te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wurmpie ·

Hoekom uitstel. Dit is nie die instansies se skuld dat busse staak en die regering te swak is om geld te betaal nie. Nou moet alles verander omdat hul eie mense hul te na kom

C op C ·

Ons sal veel verder kom as elkeen net verantwoordelikheid vir ten minste homself wil neem. Beweeg weg van ‘n slagoffer uitkyk-altyd iemand anders se skuld.

Zelda de Ridder ·

Die is nie die skuld van die instelling nie. Jy maak ‘n plan om by jou leerinstelling te kom soos wat almal moet doen wat wil leer. Dit is te maklik om alles en almal te blameer behalwe jouself. ?

Rykie ·

Sasco se besware hou nie water nie: ek werk b n TVET kollege en ons mag nie studente afwesig merk as hulle klas mis a.g.v. vervoerstakings nie. Ongelukkig ondervind ons ook dat leerders heel dikwels geld wat v vervoer uitbetaal word, v dinge gebruik word soos om klererekeninge b duur winkels t betaal, of v wegbreeknaweke in hotelle!

Jane ·

Dis moes nonsins. Die busstaaking het wel n impak gehad dat sudente nie by lesse kon uitkom nie, maar as hulle gereeld hulle lesse bygewoon het kon hulle sonder moete hulle bywoningsvereisters kon haal. As jy tot op jou laaste maand wag, wel dan is jy self skuld. Die tyd op universieit is gemaak om te leer nie om te jol.

Adam ·

Voeg eerder ‘n vak by die curricullum oor die “Verpletterende effek van stakings”.

Student ·

Studente se materiaal was al in die begin van die jaar tut hul beskikking. Daar is gratis hulp aanlyn beskikbaar om dit aan te vul. Ek stem ten volle saam, dis net n verskoning en n manier om alweer moeilikheid te maak en eiese te stel.

Pieter ·

Uitstel is die aantasting van ander studente se reg. Ouers en studente doen groot opofferings dat hulle op datum kan bly met hul studies. Uitstel van eksamens sal weer eens veroorsaak dat studente nie hul finansies met vakansiewerk kan aanvul, of die praktiese ondervinding opdoen wat in baie rigtings vereis word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.