Uitstel vir PIC-ondersoek goedgekeur

Regter Lex Mpati (regs) Foto: SAPA via ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het die tydperk van die kommissie van ondersoek wat bewerings van ongerymdhede by die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) ondersoek, verleng.

Ramaphosa het die kommissie van ondersoek onder leiding van regter Lex Mpati in Pretoria se versoek om ʼn verlenging goedgekeur. Die nuwe datum wanneer die finale verslag ingedien moet word, is 31 Julie.

Die kommissie het op 15 Februarie reeds ʼn tussentydse verslag ingedien en die finale verslag sou aanvanklik op 15 April ingedien word.

“Die voorsitter van die kommissie het in sy tussentydse verslag uitstel van drie maande versoek. Die motivering was die omvang van die voortgesette ondersoeke deur die kommissie se forensiese span oor ʼn beduidende getal transaksies, wat afgehandel moet word lank voor die finale verslag aan die president oorhandig word,” lui ʼn verklaring wat die presidensie Saterdag uitgereik het.

Die kommissie staan onder leiding van Mpati, wat bygestaan word deur Reserwebank-goewerneur Gill Marcus en veteraan batebestuurder Emmanuel Lediga.

Die kommissie moet onder andere ondersoek instel oor bewerings van onbehoorlikheid oor beleggingsbesluite deur die PIC soos aangevoer in mediaberigte in 2017 en 2018. Die kommissie moet bepaal of die PIC se beleid of kontraktuele verpligtinge tot enige onbehoorlike voordeel gelei het vir enige van sy direkteure of werknemers of enige vennoot of familielid van enige direkteur of werknemer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marous ·

Tot na sy verkiesing …. want hy weet klaar hoe groot is die gat .

Gert van Wierdapark ·

Gerieflikheidshalwe tot NA die Ver-Kiesing uitgestel! Deur bloot nuus en beriggewing oor die “PIC-cings” by die PIC/OBK te volg, is die modus oparandi eenvoudig. Identifiseer ‘n teiken, verkoop die “beleggings” idee aan die “regte persoon” en siedaar, die Gans met die Goue Picante eiers is op die jop! Wat is n paar biljoen Rand afgetrek van 2 Triljoen Rand?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.