Uitstel vir sukkelende SAL se reddingsplan

(Foto: Facebook)

Die sakereddingspraktisyns wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) deesdae bestuur, het nou tot 31 Maart om hul sakereddingsplan voor te lê.

Les Matuson en Siviwe Dongwana het die SAL se krediteure en uitleners Woensdag gevra vir uitstel om die plan bekend te maak. Dit sou aanvanklik vandag gedoen moes word.

Die lugredery is in Desember in sakeredding geplaas.

Die sakereddingspraktisyns het Vrydag gesê hul versoek is toegestaan “deur die vereiste meerderheid krediteure met stembelange in die maatskappy”.

Volgens Matuson en Dongwana is die verlenging nodig omdat hulle – en die SAL – nog besig is met ʼn voorgestelde herstruktureringsplan. Dit sal in die konsepsakereddingsplan ingesluit word.

“Die werkerskomitee, krediteurekomitee en die departement van openbare ondernemings gaan die geleentheid kry om voorleggings aan die praktisyns te doen oor die konsepsakereddingsplan en om dit met hulle te bespreek.

“Nadat die praktisyns die voorstelle oorweeg en bespreek het, sal die finale konsepreddingsplan bekend gestel word. Krediteure sal by ʼn spesiale vergadering daaroor stem.”

Dié vergadering moet gehou word binne tien dae nadat die plan bekend gemaak word.

“Ons is nog besig om die stappe wat nodig is om die voorgestelde herstrukturering in werking te stel, te finaliseer. Dit is ʼn ingewikkelde proses en heelwat insette is nodig in ʼn sakeonderneming van dié grootte.

“Ons beoog om die plan aan die krediteurekomitee, die werkerskomitee en die aandeelhouers voor te lê voordat dit bekend gemaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lorna ·

SAA gaan my pension opvreet en dan het ons albei nils
Weet nie waarom gaan regering voor om n bodemmlose put te try vul nie is hul plein stupid of wart…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.