Uittreepakkette vir KPMG-lede wat ná Gupta-fiasko bedank het

Bestuurders van KPMG Suid-Afrika wat bedank het in die lig van werk wat die ouditeursfirma vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Gupta-familie gedoen het, het uittredingspakkette ontvang.

Nhlamu Dlomu, nuwe bedryfshoof van KPMG SA, en Gary Pickering, die maatskappy se tussentydse voorsitter van die beleidsraad, het aan die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge gesê geen optrede, insluitend vervolging, is teen die uitvoerende lede gedoen nie.

Hulle wou nie die omvang van die uittredingspakkette bekend maak nie, as gevolg van regskwessies.

Oor die gebrek aan optrede teen diegene wat verantwoordelik was vir die ondersoek oor ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid in die SAID en werk wat vir die Gupta-maatskappye gedoen is wat nie aan KPMG se standaarde voldoen het nie, het Dlomu gesê hulle bly daartoe verbind dat die individue aanspreeklik gehou moet word. “Ons sal behoorlike stappe doen teen die individue,” het hy gesê. “Ons vra die geleentheid om te reageer op die kwessies wat aangeroer is.”

Dlomu is as die uitvoerende hoof aangestel ná die bedanking van topleierskap van die maatskappy, insluitend die uitvoerende hoof Trevor Hoole, voorsitter Ahmed Jaffer, uitvoerende bedryfshoof Steven Louw en vyf ander senior vennote. Die maatskappy het verlede maand gesê hy ondersoek dissiplinêre stappe teen die afdanking van Jacques Wessels, die hoofvennoot van die oudits wat vir die ongenoteerde Gupta-maatskappye gedoen is.

KPMG het ook gesê hy sal die R40 miljoen, wat hy as inkomste ontvang het van Gupta-maatskappye, aan liefdadigheid skenk en die R23 miljoen uit die omstrede SAID-verslag, teruggee.

Die onafhanklike reguleringsraad vir ouditeure (Irba) het Dinsdag aan die parlementêre staande komitee oor finansies gesê hy het met KPMG Internasionaal se voorsitter Bill Thomas vergader en hom aangemoedig om sy volle samewerking te gee tydens die ondersoek oor die werk wat KPMG SA vir die Guptas gedoen het.

Die Irba-ondersoek sal in hierdie stadium fokus op KPMG se rol in die ouditwerk wat vir Linkway Trading gedoen is, ʼn maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort, en vermoedelik betrokke was om openbare geld deur middel van die Vrede-suiwelplaas in die Vrystaat na die Verenigde Arabiese Emirate te stuur. Die feit dat uitvoerende lede van KPMG ʼn Gupta-familietroue in 2014 by Sun City bygewoon het, word ook ondersoek

Die geld wat na die VAE gestuur is, is vermoedelik gebruik om vir die luukse troue te betaal.

Die Irba-ondersoek sal ook KPMG se verslag insluit oor die sogenaamde “rogue”-eenheid binne die SAID onder leiding van voormalige minister van finansies Pravin Gordhan. Die SAID-kommissaris Tom Moyane het die verslag versoek en is gebruik as die basis om strafregtelike klagtes teen Gordhan aanhangig te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Luke ·

40 miljoen se besigheid? As van kpmg se lede by die troue was in 2014 is dit langer veel langer wat kpmg met Guptas besigheid gedoen het? Net 40 miljoen? Jammer kpmg. Voer daai strooi vir iemand anders. Op die ou einde gaan baie werknemers wat onskuldig is hul werke verloor by kpmg. As daar nie alreeds het nie. Ek dink aan hulle. Die “fat cats” kry uit tree pakket…… ?!?!?!?!?

andrea van vuren ·

Die wat het sal kry en die wat nie het nie verloor alles. Die wet van Transvaal….

Johanna Botha ·

Mense in parliment wil he koppe moet rol …maar onder hulle self gebeur daar net mooi niks al is hulle skuldig bevind deur n hof ….

piper ·

K PMG word nou aangevat. mense bedank en hartloop. maar niks word gedoen aan die guptas en die betrokke ANC lede nie. dit wys net hoeveel invloed zuma het om dit alles te orkestreer.

jaco ·

Die dag toe maroela die lys name gegee het van dié mense wat KPMG gaan verlaat, het die oorgrote meerderheid name vir my BAIE wit gelyk.
Nou wonder ek maar net: hoekom doen die ANC dan besigheid met hulle? Wat het dan nou geword van hulle gedurige gehamer op transformasie, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en die onmenslike euwel van rassistiese wit monopolie kapitaal?
Iewers word dubbele standaarde toegepas…

Domvraag ·

Dlomu sê hulle kry uitdienstredingspakkette en dan dat hulle aanspreeklik gehou gaan word. Hoe rym dit ? Hoekom nie skors, kriminele klagtes bring en geen uitdienstredingspakkette toestaan nie..

Johan ·

KPMG het ook ‘n “forensiese” oudit-verslag na ongeruimthede in die Warmbad of Bela Bela munisipaliteit gedoen.
Die verslag is so swak en oppervlakkig dat ons as Belastingbetalers vereniging nie kon glo dat die verslag wat die amptenary ter tafel gelê het na hulle dit vir 10 maande van die raadslede weggesteek het die oorspronklike en volledige ongewysigde verslagbis nie.
Ons het dus Hurter Spies prokureurs opdrag gegee om te eis dat KPMG ten minste die berslag sertifiseer.
Met die vrot appels wat nou aan die lig kom weet mens wragtag nie eers of daar nie ook hier saamgespan is nie.
Mens wonder of KPMG werklik besef watter onherstelbare en onvergeeglike skade hulle optrede aan die geloofwaardigheid van die hele ouditeurs beroep gedoen het

Darius Els ·

Verskil is die SABC Nuus praat van R40milrard,die brig se R40miloen ! WIE is eintlik reg.Mense kry pakkette, want as hulle praat gaan daar in parlement opskuddings wees,WANT hulle weet MEER as net van DIE bedrag. VERMOED tyd reeds dat nog net aptekers beroep een is wat redelik ordelik beloop. Gaan gerus geskiedenis na oor BAIE jare,as n land verval oor n veranderde politiek, is dit nie jare nie of jy hoor die regstelsel is een vvan die wat misbruik word. Kyk maar ook na die skietsaak nou in hof van militaris, vs doodskis geval vs Britsboer,siedaar.Jy hoef ook nie ruimte wetenskaplike te wees om te verstaan,dat 30% slaagsyfer op universiteit en AA aanstellings die GROOTSTE oorsaak is nie.Hierdie gaan nog draai by “hond eet hond” beskuldigings.1998 is wyd berig burgers wat weet van staats oneerlikhede moet n telno bel om anoniem dit te rapporteer,toe dit gedoen word,en natuurlik nie werk nie(wapenskandaal),was daar GERUGTE die telno is van Umhlangarocks en die bestuur van die diens ,word deur einste die ORGANISASIE gemonitor?Hulle het ook al verkisings uitslae gemonitor!EINDE TEN LAASTE: my ALTYD BLYWENDE VRAAG :wat se Pink Frikkie van al die sg demokrasie?HY was die inisieerder,uitvorder en uitverkoper,en het nog tyd gelede met daai vieslike skewebek smile gese hy sou dit weer doen.KRY VIR JULLE NASIONALISTE !

Tammy ·

Het KPMG nog regtig die reg om (diens ) te lewer in S A? Hulle moet eers behoorlik ondersoek word en almal wat oneties opgetree het moet tot verantwoording gebring word. Dis een van die groot skandes van die nuwe “demokratiese” S A hierdie. Sies ek skaam my om hierdie tipe streke te sien gebeur in n voorheen florerende land wat nou een reuse skandaal geword het onder die nuwe regering.

Pop ·

Jaco, lyk my as jy skelm is en wit, tel ander reëls vir jou.

Mielie ·

Dis hoe dit gaan in die korporatiewe wereld. Die grootkoppe neem besluite en jaag aan en wanneer hulle bedank kry hulle n goue handdruk. Die jnr personeel word min betaal kry kleiner verhogings en salarisse maar wanneer hulle n voet verkeerd sit word hulle aangekla, ontslaan en krimineel vervolg waar van toepassing. Die maatskappye het beleide en prosedures in plek wat van jnr na snr gevolg moet word maar hulle pas dit toe soos dit hulle pas. Mense verloor hulle werk agv wat die grootkoppe aanvang. Dit is tyd dat die mense aangevat word, dat hulle vervolg word. Dit is tyd dat daar druk toegepas word in die korporatiewe wereld. As jy kyk hoe top bestuur hulle magte en voordele misbruik. Hoe hulle die maatskappy se geld mors maar personeel word verminder, kostes moet bespaar word. Wat my verbaas is dat die aandeelhouers van sommige maatskappye net terugsit en toekyk hoe onregmatighede plaasvind en nie n vinger verroer nie. Maak net seker hulle kry hulle pond vleis.

Johannes Meintjes ·

En tog, kommerwekkend, is daar soveel ongeruimthede wat al vir soveel jare rondom ons plaasvind! Waar is al die “wagters op die mure”, predikante, ouditeurs, regters, landroste, polisiemanne, en burgers wie tog almal ‘n rentmeesterskapverantwoordelikheid behoort te handhaaf?

Theresa ·

Ek raai hul is minder as die duisende wat so lekker weglê aan misdaadaktiwiteite en sukkel hul sterte af om by te bly om als reg te laat loop. Veral as goed mooi weggesteek word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.