Uitvoerende hoof bedank ná Facebook-uitlating

Pieter Hattingh se plasing op Facebook wat aanleiding gegee het tot sy bedanking as uitvoerende hoof van Hattech Holdings

Pieter Hattingh se plasing op Facebook wat aanleiding gegee het tot sy bedanking as uitvoerende hoof van Hattech Holdings

Pieter Hattingh, uitvoerende hoof van Hattech Holdings, het Dinsdag uit sy amp bedank nadat hy rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het.

Hattech Holdings het in ʼn verklaring bevestig Hatting het bedank na aanleiding van “onaanvaarbare kommentaar” op sosiale media. “ʼn Interne menslikehulpbronne-ondersoek duur voort, maar Pieter Hattingh het met onmiddellike effek as uitvoerende hoof van Hattech Holdings bedank,” lui die verklaring. “Hy sal van vandag af nie meer met die maatskappy verbind word nie.”

Hattech lewer sagteware- en hardeware-rekenaardienste aan verskeie maatskappye, waaronder verkoopspuntsagteware. Volgens die maatskappy se webwerf is Pick n Pay onder andere een van hul kliënte.

Hattingh het die maatskappy in 2012 saam met sy twee broers begin en hy het die Hattech POS Pro Software ontwikkel.

“Alhoewel die kommentaar gelewer is in ʼn toestand van emosionele woede, is dit geen verskoning nie vir die blatante rassisme wat ons na streef om uit te roei in dié land, wat ons liefhet en koester, vir die gelykheid en vryheid wat ons ontvang,” het die maatskappy in die verklaring gesê.

“Let asseblief daarop dat sy kommentaar en siening glad nie deur ons as ʼn maatskappy gedeel word nie en weerspieël nie ons siening op enige manier nie. Ons sal nooit enige hierdie tipe van rassistiese gesprekvoering goedkeur of ooit aanvaar nie.

“Ons vra om verskoning vir die skade wat dit veroorsaak het en die aanstoot wat hierdeur geneem is.”

Hattingh het Dinsdag aan News24 gesê hy was ʼn “idioot”. “Dit was dom van my om dit te sê en ek was verkeerd en vol berou,” het hy gesê. Hattingh het aan News24 gesê hy het reageer op ʼn plaasaanval waar twee bejaarde persone beseer is en dat hy nie weet wat hy gedink het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Frederik ·

Wanneer word plaasaanvalle en plaasmoorde dan nou ook aan die rassistiese klok gehang?

Ella ·

Wonder ook. Rassisme het net eenkant. Ek het op FB iemand aangegee oor rassisme, die blade is nog steeds oop. Is daar niemand wat opstaan vir blanked wat deur haat spraak geraak word nie.

goga ·

Ai tog Pieter ..wat daarvan as ander en Malema rassehaat spreek daar word niks aan hulle gedoen nie. Maar die wit mense kan niks se nie

Disselboom ·

Geen klip om in hierdie man se rigting te gooi nie. Ja, ons moet mekaar bly oproep tot verstandigheid, maar dit wat mens voel by elke berig oor die wreedheid van aanvalle op vrouens, kinders, bejaardes en almal…. as dit nie hewige emosies in mens ontketen nie, is jy gevoelloos en leef jy nutteloos.

KarenG ·

Disselboom, ek stem heeltemal saam met jou, maar deel liewers jou emosies met jou vriende/familie persoonlik en verkieslik nie op sosiale media nie. Ons weet mos nou al uit ondervinding wat gebeur!!

onseker ·

Lees net weer Jan maak ‘n plan se kommentaar. Wie onthou nog die gerugte van die nag van die lang messe.? My leerders in my Gr12 klas weet daarvan. Dit word openlik in hulle huise bespreek.

Elize ·

Die een wat teen hierdie tyd nog nie weet dat jy nie sulke uitlatings op sosiale media maak nie moet maar die gevolge dra. Dit terwyl ene Rita vir hom gesê hy beweeg op gevaarlike terrein. Nou het hy ewe skielik bitterlik berou. Lees niemand koerant of kyk nuus nie??

Max ·

Die plaasmoordenaars hoef gelukkig nie die gevolge van hul dade te dra nie.

Jan maak n Plan ·

Ekt gister op hierdie inskrywing afgekom op Facebook en ek haal aan:- “Mabhulu Anyile You got it buddy. It has started and there is nothing that you pigs can do about it. It is called karma. This had happened before. One farmer everyday. Only one. We are going to eradicate all of you. One by one.” Sluit aanhaling. Nou verstaan ek nie so mooi wat rassime is nie. Geld dit nou net vir een groep mense of wat.

Asjas ·

Waar werk hy? In watter Provinsie en Dorp bly hy? Ek sou dink as daar moorde in die omgewing was kan hy beslis verbind word?
Wat my eintlik naar maak is dat hulle saam met ons werk, ons sien hul openlike posts maar wys hulle nie uit vir die rasiste wat hulle is nie. Ek is self skuldig, ek sal nie weet waar om te begin of wat om met so FB comment te maak nie.

Anel ·

Hoefeel keer gaan blankes nog moet verskoning vra? Die ander spul kan sê en doen net wat hulle wil!

snoefie ·

arme man. ek kan dit verstaan. in die hitte van die oomblik. ouer mense het groot geword met daardie gewraakte woord. onthou, dit was tradisie. aan gesien dit ook n OORTREDING geword het om van *swart* mense te praat weet ek nie wat om hulle te noem nie. maar daardie ouer mense self gebruik vandag nog daardie woord in oorvloed nes die blankes. DIT WAS TRADISIE!!!!! dit was self in hulle woordeboeke.

Milan ·

Dis die probleem met sosiale media. Jy gooi jouself letterlik vir die wolwe. Die moment wat kommentaar op sulke platforms gepraat word, is jy publieke besit. Net een persoon stem nie saam met jou siening nie, en dan versprei dit soos n veldbrand. Voorspoed Pieter Hattingh.

Slimjan ·

Die man is nie n rassis nie! Hy is gefrustreerd deur die slegte dinge wat deur een ras aan n ander ras gedoen word terwyl die regering ander pad kyk!

Jan ·

Vandag sal die boek “Laat Vrugte”, van CM van den Heever, verban word.

David ·

Na 3 van my familie lede vermoor is in “93/”94 wou ek my wapen opneem en almal uitmoor wat voormy kom, maar die vertroosting wat ons gekry het in die beloftes wat gemaak was dat alles beter sal gaan na die verkiesing in “94 het my weer sag gemaak. As ek nou terug kyk sien ek geen beterskap en geen belofstes wat nagekom word nie, inteendeel is daar meer haat, brutale aanrandings en moorde(nie net op mense nie maar op diere ook).

Dit is so dat iemand ‘n EMOSIONELE uitlating maak, maar is dit nie omdat ons voos is vir dit wat aanhoudend aangaan nie. Ek vrees vir die dag wat almal se uitlating nie meer net op
sosiale media gedeel word nie maar tot die daad oorgaan.

Johann ·

Sal alle rasse nie die hand in eie boesem steek en vra of ek nie dalk die een is, of bydraend met my optrede is dat mense vir my skelname noem nie? Vra dan ook die vraag, wat kan ek daaraan doen om rasseharmonie in die hand te werk?

pieter ·

Dit lyk vir my of daar deesdae mense aangestel word om net te sit en kyk wanneer iemand n rassistiese aanmerking maak en dan is die gort gaar en dis gemik teen die blankes vd land.

Elsie ·

En die hartseerste van alles is , dat hy aangegee is deur n blanke dame!!!

Girl ·

As ‘n blanke iets sê is die hel los en volg hofsake met boetes maar last hulle iets sê, dan word dit afgelag, selfs die DA is te bang om op te tree en ‘n klag te lê. Die skrif is aan die muur.

al ·

The ANC spends hours to track racist comments on social media, instead of tackle the unacceptable high rate of murder, rape, house robberies, business robberies and corruption of state officials in this country under their governance. That is pathetic. Their diversion tactics won’t succeed – SA still remembers Nkandla, Nenegate, Anwa Dramat and Johan Booysen of the Hawks, Des van Rooyen, Shaun Abrahams, state capture, Guptas, SABC sircus and the Pravin Gordhan saga. SA wants answers and accountability from ANC for their misconduct not a blownup for racist remarks of nobody of interest.

Theuns ·

Dear al, love your comment and totally agree with you! Perhaps we should fight fire with fire and appoint people to track’black on white rasist comments’ and make sure we inform the media locallly and internationally.

pieterdp ·

Jammerlik moet ek saam met die man stem. Ons word aan die rase klok gehang en word stelsilmatig uit gemoor. Dan wil ek nie eers die veroordeling noem wat ons as blankis moet deurgaan nie.
Sag slaap ons onder die mantel van die ANC. Waneer gaan ons ondwaak? Dalk eers as die lem aan ons keel sny wat die bloed die SA bodem bevlek . Was ons voor ouers se bloed nie genoeg nie? So het ons 1994 onder n leen die reenboog nasie aan gehang. Wie is nou die vernietigers?

Frik ·

Wat moet nog gebeur dat “mense” soos die inskrywing van -Jan maak n plan- op facebook gelees het enige reaksie van opposisie partye gaan uitlok. Kom ons kyk of daar op enige manier teen die persoon opgetree gaan word

GES ·

Dit is bitter moeilik om net te sit en kyk hoe jou familie, vriende en kennisse wreedaardig en brutaal vermoor word. Dit word elke keer maar net afgemaak is as gewone kriminaliteit. ʼn Rooftog wat skeef geloop het!?? Ek kon nog nooit verstaan waarom ʼn persoon vermoor moet word as slegs die selfoon gesteel gaan word. Ek is bevrees haat en rassisme gaan eerder toeneem as afneem.

Alien ·

Klim in jou kar, sit die musiek klip hard en skree wat jy wil, so hard as jy wil, tot jy beter voel, laat dit uit … maar moet dit net nie post nie!

Frik ·

Dit is die beste voorstel nog, en ek glo daar is baie mense wat so voel om dit te doen

snoefie ·

ja sit asseblief die musik kliohard aan skree saam sodat hulle kan onthou musiek wat buite die kar gehoir kan word is ook n OORTREDING dan kan ons ook ploeg met taxis en swart bmw’s en VW’s wat mens al drie blokke very hoor voordat jy hulle sien.

Justice ·

Of afneem met jou selfoon nie – stadig maar seker leer ons uit ander se foute.

Theuns ·

Ek verstaan Pieter Hattingh se emosinele woede en sy kommentaar daarna op sy Bakkies blad (FB). Kyk weer na die fotos van die aanval onder bespreking en beleef hoe die adrenalien van haat deur jou spoel!! Nou word daar van ‘n man verwag om niks te se nie maar net te gaan le en dood te speel? Regtig!!! Die man se hy is nie ‘n rassis nie, noem homself ‘n idioot en bedank. En nog sal dit nie die einde wees van sy skade nie! Die maatskapy waarvoor hy werk verwelkom onmidelik sy bedanking en bied hulle onvoorwaardelike verskoning aan. Die eienaars is slegs bekommerd oor die finansiele skade wat hulle gaan ly as die “Broer” nie bedank nie. Laasgenoemde ruik mos na politieke korrektheid? Hierdie voorval sou nie plaasgevind het as maatskappye, die regering en politieke partye kragdadig en met weersin hulle misnoe uitgespreek het nie! Maar die dawerende stilte is oorvedowend! Dit is duidelik dat die woede (resultaat) van die plaasaanvalle en nie die oorsaak van die plaasaanvalle aangespreek word nie. En die Politieke Partye se stilswye is n bewys van hulle eensgesindheid met plaas aanvallers en moordenaars!

lettie ·

Ek stem honderd persent saam met jou. Die stilte vanaf politieke partye oor wittes wat uitgemoor word, is oorverdowend. Ek wonder wat sal Donald Trump en Amerika se Volksfront en Wladimir Putin se van moorde op ons onskuldige mense. Wladimir en Trump is op n goeie voet.

Jakalas ·

Ek wonder op watse artikel het hy kommentaar gelewer. Kan dalk bietjie insig gee hoekom hy sulke komentaar gelewer het.

Jakalas ·

Verskoon, ek sien nou wat die artikel oor was. Mens voel so as mens die manier sien hoe plaas moorde uit gevoer word.

Tertius ·

Daar is definitief twee stelle reëls in ons land, ‘n stel reëls waar sekeres mag sê en doen net wat hulle wil, waar die wreedste moord of marteling denkbaar nie eers uitgelig word nie, maar waar sekere lasterlike woorde ‘n groot misdaad is. Het dit dalk iets met IK uit te waai want dit maak nie sin nie…. Ek dink ons moet weer gaan kyk na wat ons verloor het, naamlik vryheid en selfbeskikking. Dit maak sin.

Johann ·

Theuns, ek stem met jou. Uit die oogpunt van mag, daar waar die ANC regering tans is, die swart mense wat nou die kitare slaan, ouens soos Hlaudi Motsoeneng, Zuma, veral sy makkers, baie van die ANC mense wat teen apartheid en die wit mense se oorheersing geveg het, Cyril, die land polities geindoktrineer het, nog steed teen die wit mense vandag te velde trek, toesprake, herstruktureering, kwotas, BBE, wat is die kans dat hulle nou na al die jare hand om die blaas met die wit mense sal wil sit, tensy hulle direkte voordeel daaruit trek, maar verder voel hulle ‘n veer. Zuma ook, hy wat by die 70 jaar oud is, hoe het sy ingesteldheid tot vandag toe teenoor die witman verander, hoe voel hy werklik in sy hart? Vir my lyk dit of daar nog baie onafgehandelde sake is.

Rynhardt ·

Ek gaan dit weer uitspel! Jy moet binne die raamwerk bly van Vryheid van spraak, anders gaan die kommissies jou jag as blanke!! Facebook en Twitter word met mening dopgehou sodat heksejag kan begin!! Dan kry jy nog daardie blankes wat ander blankes gaan verkla!! Vryheidsmanifes spel onderdrukking van blanke uit en dat hy geen bestaansreg moet he nie! Die moorde op blankes en die wettiging van rassisme in die vorm van regstellende aksie/transformasie vir 22jaar (binnekort 23jaar) is aanvaarbaar vir hoofstroommedia, kerke en lamsakkige politici!!! Moenie die vervolgers op Facebook skietgoed gee nie.In 2017 gaan moorde op ons mense toeneem, so ook omstrede wetgewing, terwyl oorgewig ooms in Parlement vet salarisse trek!!!

Jakalas ·

Weet jy wat vind ek snaaks, as mens enige swart teen wit rasisme op Facebook wil aan kla, kan mens verwag dat niks daaraan gedoen sal word nie, maar wit teen swart word erger in SA hanteer as moord.

manie ·

Hoe doen n mens aansoek om assiel in n ander land.Ek voel nie meer dat my gesin veilig is in my eie land waarvoor my voorvaders geveg en gesterf het nie.Wat sou in SA gewees het sonder ons.Volksmoord en rassisme moet n voldoende rede wees vir n assiel aansoek.

Frans C ·

Moenie dat die wag voor jou mond AWOl gaan nie.(AWOL=absent without leave), want die prys wat jy betaal is net te hoog onder die huidige regering.

Bokkie ·

Dit is eintlik”hulle”wat die land regeer.”Hulle”wat kan moor,breek,afbrand,en met alles wegkom.Ek is lankal nie meer op FaceBook nie en stel nie belang nie.Ons kan net GLO en bid dat iewers n uitkomste sal wees.Ek is jammer vir jou Mnr.Hattingh

bekommerd ·

…..en wanneer wprd BEE aan die rassitiese klok gehang

Theresa ·

Mens sal MOET wegbly van enige benaming wat so jammerlik voorgehou word vir als wat sleg is. Sosiale media is nie die plek om ‘n beskrywing vir iemand uit te deel indien dit die geringste probleme kan veroorsaak nie. Mens kan duidelik sien hoe blankes onder ‘n vergrootglas geplaas word vir enige “fout”. Bitter onregverdig, maar dis ‘n feit – so ASB! mens weet wat mens weet…

Leonard van der Dussen ·

Kom ons wees eerlik en erken ons praat almal rondom die punt: ons hou aan fokus op verdediging, wegkruip, toegee – en bespreek eerder mnr Hattingh se optrede as om te waag om mekaar die ongemaklike vraag te vra wat ons gaan doen om die wreedheid teenoor oumense, vrouens en kinders stop te sit. Kitsoplossings is daar nie, maar solank ons aanhou maal en kerm oor mense wat nie die uitroepe van verontwaardiging te skerp moet maak nie, gaan ons nie eers begin om die werklike probleem te bespreek nie.

Naomi ·

Wanneer ʼn heksejag teen ʼn sekere deel van die bevolking uitgevoer word kan mens dit net sien dat die mense wat die jag aanhits bang is en absoluut geen selfbeeld het nie.
Ek stem 100% saam met van die skrywers dat dit tyd is dat ons vuur met vuur baklei en ophou om jammer te sê vir alles. Dis tyd dat besighede hulle werknemers moet beskerm en nie sommer die maklike uitweg kies nie. Maar dit is wat so hartseer is van ons volk geld het meer geword as Volkstrots.

Jan ·

Skapie, Google net die naam van die boek, jy sal dit daar by dbnl.org op die internet sien waar jy dit kan aftrek.

E.K. - ek sê net! ·

Bly weg van sosiale media (sosiale euwel) as jy so gaan reageer. Maak nie saak hoe ons daaroor voel dat ander wegkom met selfde tipe ding; as jy jou werk wil behou of nie in die hof wil beland en boetes moet betaal ens, bly net liewer weg!

Dan ·

Soos iemand hierbo genoem het, die Hattec maatskappy was baie vinnig om hom van Pieter Hattingh te distansieër. Daardie Pick & Pay rekening is darem net te lekker … Ek is ook vreeslik bly om te hoor van die “gelykheid en vryheid” wat Hattec Holdings ontvang. Miskien kan almal by hul gaan kers opsteek sodat ons dit almal kan ontvang.

Johannes Meintjes ·

Die liberale, vernietigende en “polities (Kommunisme) korrekte” manipulerende breinspoeling van die samelewing, – ten gunste van ongeregtigheid en misdaad, – duur voort, en ons dra dit self onderling en verder uit. As die deksel van die drukkoker van ons multi-kulturele samelewing te hard toegedruk word gaan iets iewers anders ontplof. Hoe beskryf mens dan die hoogs-skadelike geddragspatrone van diegene of kulture wie sigbaar sonder beskaafde en Christen norme in ons samelewings handel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.