Uitvoerende hoofde vir Necsa en Nersa aangestel

Tina Joemat Petersson, minister van energie (Argieffoto, Desember 2011 Foto: GCIS)

Tina Joemat Petersson, minister van energie (Argieffoto, Desember 2011 Foto: GCIS)

Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, het Phumzile Tshelane, huidige uitvoerende hoof van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa), weer vir ʼn driejaartermyn, met effek vanaf 1 Januarie 2017, heraangestel.

Sy het Saterdag in ʼn verklaring ook aangekondig dat Christopher Forlee as die uitvoerende hoof van die nasionale energiereguleerder (Nersa) aangestel is vir ʼn vyfjaarperiode, ook met effek vanaf 1 Januarie 2017.

Necsa is ʼn staatsbeheerde entiteit wat kragtens artikel 3 van die Wet op Kernenergie opgerig is, met ʼn mandaat om navorsing en ontwikkeling te doen oor kernkragenergie en radiasiewetenskap en -tegnologie.

Necsa se raad het Tshelane se heraanstelling vir ʼn tweede en finale ampstermyn ondersteun en dit is op 7 Desember in die kabinet goedgekeur.

“Mnr. Tshelane is ʼn ervare senior kernfisikus en bring ʼn skatkis vol ervaring in die kernkragbedryf,” het Joemat-Pettersson gesê. “Sy heraanstelling as uitvoerende hoof bied aan die organisasie waardevolle kontinuïteit en stabiliteit tydens hierdie kritieke periode van nuwe kernkragprogramme.”

Nersa is ʼn reguleringsliggaam wat kragtens artikel 3 van die Wet op die Nasionale Energiereguleerder op die been gebring is en reguleer die petroleumpyplynbedryf, gasbedryf en elektrisiteitsbedryf.

Forlee se aanstelling is ook op 7 Desember deur die kabinet goedgekeur, ná ʼn omvattende aanstellingsproses onder toesig van die departement van energie in samewerking met Nersa-raad.

“Mnr. Forlee is tans die waarnemende voltydse regulerende lid verantwoordelik vir die petroleumpyplynbedryf binne Nersa. Hy is hoogs ervare en was voorheen werksaam by onder andere BP South Africa (Edms.) Bpk as bestuurder: regulerende sake; die departement van openbare ondernemings as adjunk direkteur-generaal: energie en breëband; en by Eskom as hoof energiekonsultant,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adam Boshoff ·

Sy maak seker deurlopende korupsie gaan nie in die wiele gery word nie Hier kom groot soplepels vol bedrog en geldwassery aan

jaco ·

boere, wees bly. julle gebede is verhoor. hier kom GROOT REEN. ‘n Wit man is aangestel as hoof van Nersa. Hoe op aarde het dit gebeur?

snork ·

ek hoop die witman gaan ondersoek instel na onwettige kragkoppeling in swart gemeenskappe. ek het onlangs na besoek aan KNP verby n gemeenskap genaamd Tullamshaj gery. ek kon van die pad af gesien het die hele gemeenskap word deur onwettige koppeling van krag voorsien. dan word die krag prys elke jaar opgesit sodat meer gemeenskappe krag kan steel.

John ·

Gebede?.. Vra eerder hoekom… Wat is die kwalifikasies van die geagte minister? Maar ons sal nou nooit ooit uitvind nie. Ons het nie meer ‘n OB nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.