Uitwerking van geweld, plundering in hele land gevoel

‘n Padblokkade op die N3 naby Harrismith. (Foto: SA Polisie)

Die skade aan fabrieke en winkelsentrums in KwaZulu-Natal gaan ʼn beduidende uitwerking op die ekonomie, werksgeleenthede en toegang tot goedere en dienste hê, sê Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie.

Dié uitwerking, weens ʼn week van oproer en plundering, gaan egter nie net ʼn uitwerking op KwaZulu-Natal hê nie, maar die hele land raak.

“Sommige produksieaanlegte is beskadig, hoewel die meeste fabrieke en verskaffers se fasiliteite nog heel en in werking is,” sê Ntshavheni.

Die minister sê die skade aan eiendom weens die onluste word nog bepaal.

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir eiendomseienaars (Sapoa) sal later vandeesweek die koste van die skade in Gauteng bereken, terwyl Sasria – die regering se korttermynversekeraar vir skade weens oproer en terreur – ʼn assessering oor die volle omvang daarvan sal doen.

Ministers in die regering se ekonomiese groepering werk ook aan voorstelle vir ʼn plan oor hoe om kleinsakeondernemings, wat meestal nie verseker is nie, by te staan.

Volgens Ntshavheni het die meeste groot kleinhandelaars berig dat die verskaffing van kos en ander produkte aan Suid-Afrikaanse winkels en dié in buurlande wat deur die oproer geraak is, grootliks hervat is.

Die ontwrigting is hoofsaaklik veroorsaak weens druk op die N3 van die Durbanse hawe, asook onderbrekings in die verskaffing van goedere uit fabrieke in KwaZulu-Natal. Goedere wat van elders in die land verkry word, is meestal nie geraak nie.

Die meeste winkelsentrums wat deur die plundering geraak is, het intussen hul deure heropen. Die polisie en soldate patrolleer egter steeds dié sentrums om te verseker daar kan veilig sake gedoen word.

Ntshavheni het opnuut benadruk dat diegene wat die demokrasie in die gevaar gestel het, nie sal kan wegkruip nie.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het 200 verdagtes reeds in verskeie howe in Gauteng verskyn nadat hulle in verband met die plundering en openbare geweld in hegtenis geneem is. Borgtog is aan sommige verdagtes toegestaan, terwyl ander in aanhouding bly terwyl die ondersoek voortduur.

Sogenaamde sleutelverdagtes wat teregstaan op aanklagte van aanhitsing tot openbare geweld het ook al in verskeie howe verskyn en sal na verwagting binne die volgende paar dae aansoek doen om borgtog.

“Een verdagte het hom aan die polisie in Durban oorgegee nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Hy sal [Woensdag] in die Randburg-landdroshof in Johannesburg verskyn,” sê Ntshavheni.

Die minister sê ook geen nuwe voorvalle van plundering en geweld is in Gauteng en KwaZulu-Natal aangemeld nie.

Die polisie deursoek intussen huise vir gesteelde items en heelwat items is reeds herwin. Die minister het ʼn beroep op mense gedoen om nie eie reg te gebruik nie, maar inligting aan die polisie te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohnnyS ·

Ja nee – die belasting betaler en betalende kliente sal weer die skade dra met verhoogde pryse.

Tiptol ·

Julle het ‘n werkende, groeiende land op ‘n goue skinkbord gekry en julle het hom afgebreek na verbrande hout.

Harley Davidson ·

En wat sê dit van die persoon wat dit weggegee het vir ‘n bord lensiesop?

Karel Kobus Kruger ·

Nogal met die goedkeuring van 69% van sy “volgelinge” (vir gebrek aan n beter woord).

Marius Gerhardus ·

Maar net weer n bewys. Julle wil alles he…. Selfs grond op n skink bord…. Maar die enigste ding wat vir julle werk is eintlik toilet papier…. Nou wil julle alles deur julle…………trek. Maar muni warrie die belasting betaler is daar, hulle sal sorg. En Bheki Cele en Ramaphosa is steeds daar so niks gaan gebeur nie gaan gerus voort. Suid Afrika equils Rhodesia. Great future to look forward. Tnx our great GOVERNMENT.

Snowball ·

Dink net hoe gaan die massas verhonger agter die VN kostrokkie toustaan as hulle plase begin onteien en geweld teen boere aanvuur…
Hierdie gemors moet ‘n ontnugterende effek op die kommuniste se denkwyse hê, maar of dit gaan insink, sal mens moet sien…

Harley Davidson ·

Dit is wat gebeur as die land se minister van polisie se hoogste kwalifiseer ‘n diploma in voorskoolse onderwys is en hy eintlik net bevoeg is om voorskoolse kinders te leer.

Elinette ·

Om nie te praat van ‘n oud-president wat net St. 2 agter sy naam (nie kon skryf nie). Zuma het eers in 1961 geleer lees en skryf, toe hy vir die eerste keer weens terroristiese wandade agter die tralies beland het.

Kokerboom ·

Word wakker belastingbetalers en DOEN iets. Hou op met stilswye en aanvaarding!

Kokerboom ·

Weereens word uiters skaars pêrels na die swyne gegooi!!!

Smurf ·

As die regering ernstig is oor die veiligheid van sy mense sal hy vir ‘hoed” summier in die pad steek.

Anoniem ·

Die beste van alles is dat hulle 2 dae vooraf gewaarsku is dat probleme oppad is, maar niks gedoen het nie of eenvoudig nie in staat was om iets te kon doen nie.

DIABLO ·

Die regering en die plunderaars gaan maak dat ons ou Volkie weer begin met ruilhandel. Ek sal graag wil sien hoe werk hulle daardie belasting uit. He-he

Persheks Adri ·

En die meeste van hulle kry borg! Pragtige boodskap wat julle vir die klomp stuur met ander woorde hulle mag dit doen, want borg word gegee pocket!!!

Susan ·

Hierdie skrikwekkende drama het nou nog meer mense die besluit laat neem om die land te verlaat. Ek weet nou van 2 gesinne met klein kindertjies wie se huise verlede week verkoop is, en dus binne die volgende maand of 2 oppad sal wees. Al 4 met uitstekende kwalifikasies, CA’s en Ingenieurs wat ons land gaan verloor, en dus ook goeie belasting betalers! Mens wil positief bly, maar die realiteit van die saak is, met insidente soos die, is ons land en ekonomie maar net nog ‘n paar trappe af ondertoe, en ly ons skole en kinders die meeste daarsonder, sonder ‘n goeie onderwysstelsel en geletterde jeug is ek bevrees is ons toekoms vir die land duister!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.