UJ kry interdik ná brand

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Dinsdag gesê hy het ʼn hofinterdik bekom om verdere ontwrigting op die universiteit se kampusse te voorkom nadat sy hoofouditorium Maandag deur brandstigters verwoes is.

Tumi Mketi, senior direkteur in die kantoor van die visekanselier, het gesê studente word volgens die hofinterdik steeds toegelaat om wettige protesaksies op die kampus te hou. “Studente-organisasies word deur die universiteit aangemoedig en beskerm en die hofinterdik erken dit,” het Mketi gesê.

“Protesaksies en betogings wat egter nie volgens studenteregulasies gedoen word nie, mag nie op die kampusse of binne 100 m van die ingange of grense van die kampusse gehou word nie. Vergaderings om protesaksies aan te hits of te begin, sal nie op universiteitsgrond toegelaat word nie.”

Volgens Mketi is die hofinterdik bekom om die veiligheid van studente, personeel en die universiteit se eiendom te verseker. Sy het gesê die interdik is van toepassing op alle lesingsale, koshuise, biblioteke, laboratoriums, alle ander geboue en enige studenteverblyf buite die kampus wat ook aan die UJ behoort.

Ongeveer R100 miljoen se skade is aangerig nadat UJ se 1 000 sitplek-ouditorium op die Aucklandpark-kampus vroeg Maandagoggend aan die brand gesteek is.

Die universiteit het Maandag in ʼn verklaring gesê brandstigters het omstreeks 02:00 by die ouditorium ingebreek om dit aan die brand te steek. Rekenaarlaboratoriums, waarin toerusting was om beroepsleiding aan studente en voornemende studente te gee, is ook in die brand verwoes.

Alternatiewe reëlings moes inderhaas getref word om die eksamens wat in die rekenaarlaboratoriums sou plaasvind en verskeie gradeplegtighede wat in die ouditorium sou plaasvind, te akkommodeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mielie ·

Hierdie mense wil nie studeer nie en is nie opgewasse vir die eksamen en toekoms nie, nou moet hulle, hul onbevoegdheid verbloem ten alle koste. Dit is onluste en hierdie kriminele en bose aksie brei net verder uit. Dit behoort glad nie geduld te word nie. Gisteraand op enuus het n jong man gese die skool in SOweto word gebrand want hulle wil n ander skoolhoof he. So as iets nie na jou wil en goeddenke reg is nie, vernietig alles, ongeag wat. Van daai ouderdom af al word daar afgepers en gedreig, hulle is mnes Nr1 en Malema…..Untouchable

Irene ·

Nou interdik wag dat alles plat is moes dit gekeer het voor dit begin het ek hoop hulle bou niks meer nie geen dkool nie kan onder bome leer

Ivan ·

Ek het in 1974 vir Cold Air Installations gewerk, en een van my pligte as n jong konstruksie werker was om daardie stoele te installeer.

Marous ·

10 Ton toilet papier sou baie goedkoper wees … vir dieselfde uitwerking.

Gideon ·

Is Adam Habib nie daar nie?? Was mos altyd bitter slim op gesels programme!

C ·

Hoekom steun universiteite proteste, student is daar om te studeer. Hul behoort hierdie voorreg wat hul het te geniet en te gebruik na die beste van hul vermoee ten alle tye, daar behoort nie betogings in skole en universiteite te wees nie. So dankbaar my kind studeer in Potch en ni by enige ander instansie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.