UJ-ouditorium deur brandstigters verwoes

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) se ouditorium nadat dit in 'n brand verwoes is. Foto: Twitter via @SHEleteloMabasa

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) se ouditorium nadat dit in ‘n brand verwoes is. Foto: Twitter via @SHEleteloMabasa

Ongeveer R100 miljoen se skade is aangerig nadat die Universiteit van Johannesburg (UJ) se ouditorium op die Aucklandpark-kampus vroeg Maandagoggend aan die brand gesteek is.

Die universiteit het Maandag in ʼn verklaring gesê brandstigters het omstreeks 02:00 by die ouditorium ingebreek om dit aan die brand te steek. Rekenaarlaboratoriums, waarin toerusting was om beroepsleiding aan studente en voornemende studente te gee, is ook in die brand verwoes.

“Die brand by die 1 000-sitplek ouditorium is uiteindelik deur die Johannesburgse brandweerdienste geblus, maar die gebou is heeltemal verwoes,” lui die verklaring. Niemand is in die brand beseer nie.

Alternatiewe reëlings moes inderhaas getref word om die eksamens wat in die rekenaarlaboratoriums en verskeie gradeplegtighede wat in die ouditorium sou plaasvind te akkommodeer. Werknemers wie se kantore ook deur die brand geraak is, is na ander kantore verplaas sodat hulle in die interim met hul werk kan voortgaan.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om die skuldiges op te spoor, hulle te vervolg en vir so lank as moontlik tronk toe te stuur,” het prof. Ihron Rensburg, UJ se vise-kanselier, gesê. “UJ bemagtig 52 000 jong mense en hul families deur die verskaffing van onderrig en oordra van vaardighede sodat hulle ten volle aan die Suid-Afrikaanse ekonomie kan deelneem en ons sal nie ʼn minimale, gewelddadige minderheid toelaat om die infrastruktuur wat ons vir hierdie taak benodig te verwoes nie.”

Hy het gesê die universiteit se veiligheidsdienste is tans besig om saam met die polisie die beeldmateriaal van veiligheidskameras na te gaan om te probeer vasstel wie vir die brandstigting verantwoordelik was. Potensiële getuies word ook ondervra.

Rensburg het gesê dissiplinêre stappe teen 12 studente wat probeer het om met geweld die studenteraad-verkiesing in April te ontwrig, sal hierdie week gedoen word. “Ons doen ʼn beroep op die polisie, die intelligensiedienste en die regbank om hul pogings te versterk om vas te stel wie sit agter hierdie beplande aanvalle en om seker te maak dat hierdie klomp oortreders vasgetrek word.”

Alle bedrywighede by die universiteit gaan voort soos normaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

AmY ·

Soos Solidariteit vroeër gesê het : hulle kan twee instansies oprig met 100 miljoen Rand.

Nico ·

Wat jy saai sal jy maai!
Ons huidige leiers het die voorbeeld gestel,
Nou maai hul hul eie saad! Net jammer onskuldige mense ly daaronder en opvoeding wat brood nodig is om die land te red word nadelig beinvloed

Ben Prinsloo ·

En nou wil die regering hê ek moet my vereenselwig met hierdie skuim en myself so verneder om op hulle vlak te kom want sou ek dit nie doen nie dan is ek n rassis.

Versigtig ·

Ben jy moet versigtig wees. In die land kry mense wat sulke goed se groter straf as massa moordenaars.

Yol ·

Ongelooflik! Het die mense in hierdie land gee skaamte nie. Ek kan nie glo dat mense so iets doen en daarmee wegkom nie. Dis verskriklik hartseer!

Malva ·

Wye lens siening: bedoeling om alle tekens van vooruitgang te vernietig in die RSA?

Fksls ·

Kom ons dink aan n land waar hulle wel opgehef was. Watter uitvindings het hulle gemaak? Groot geboue gebou? Kom laat ons dink

Popeye ·

Ek weet nie wat om te se nie…ek is stomgeslaan. Ek is oud RAU’tjie en Bastioner -1986-1989.
UJ is seker die mees getransformeerde universiteit in SA.
Hierdie land is uniek in sy totaal-op-gebokkerdheid.! Zimbabwe kan iets uit hierdie sinneloosheid leer. Die is sabbotasie in die ergste graad! Wie ookal hiervoor verantwoordelikis….onthou….die skaal is vinnig besig om te swaai van “you owe us tot ” YOU OWE US” !!!!

Thuunda ·

Wie voel deel van die reenboognasie, dit maak my naar om enigsens te vereenselwig met enigiets te doen het met die land, dit sluit die sportgod ook in, die laaste drug wat die afrikaners in ‘n koma hou.

Ny ·

Rugby was gebruik om die Afrikaner te onderdruk, met baie groot sukses. Ons het ons land daarvoor weggegee.

Christo ·

Meneer Kopdoek sal weer rasionaliseer ! Die aksie sal hy regverdig!

Boela ·

Kan almal nou verstaan waarom baie van ons voel dat FW-hulle ons uitverkoop het?

Anonien ·

Dit is nie net FW nie ou Boela. Die Afrikaner het homself uitverkoop. Wanneer jy Sondag so in die Kerk sit en om jou kyk het meer as helfte van die mense om jou “Ja” gestem. Dit is FW, sy makkers en al die “Ja” stemmers wat die skuld moet dra.

Lance ·

Wat n gemors …rektor gaan ook seker besluit om te loop want mens kannie teen die tiepe ding aangaan nie …hou maar nou die gradeplegtigheid buite op die gras in die lekker winter sonnetjie

celeste ·

Hulle gaan nie ophou totdat al die universiteite tot op die grond afgebrand is nie en dan is dit ook apartheid se skuld. My seun studeer by UJ en dis vir alle student wat wel wil leer n angstige storie. Dan is daar altyd die storie dat hulle die eksamens uitstel, Hoekom? om vir die wat alles afbrand n kans te gee. Nee wat, ek se gooi die mense wat aanjaag uit en gee die bietjie wat oorbly die geleentheid om te leer. Magtig dit kan nie so aangaan nie. Hulle wil nie leer nie!

Emile ·

Die eindresultaat van dekoloniasie is infrastruktuur soos op 5 April 1652.

Theuns ·

Selfs hier moet jy passop wat jy se! Kom ek probeer weer! Europa en ander westerse lande he ou geboue met n wonderlike agitektoniese aanslag wat oor honderde jare strek. Die mense vernietig nie die geboue nie! In suid Afrika het ons min geboue van argitektoniese waarde want die bouers het in ag geneem dat dit vernietig kan word! Mooi geboue is daarom n mors van geld. Nou is die vraag hoe lyk die mense wat alles afbrand? Wie is hulle? Wie vermoor wie? As Iemand dalk statistieke het lig ons in asb! Wit mense moet asb nie se wie hulle dink dit is nie want dit sal erg rassisties wees! Groete.

Waar ·

Statistieke sal presies kan wys. Dit sal ook wys dat daar n baie hoe korrelasie is tussen kolonialisme en welvaart van swartmense: hoe langer onder koloniale beheer en hoe meer europeers daar gevestig het, hoe beter af is die swartmense tot vandag toe.

Koos ·

Met ons hulp en Solidariteit se kennis kan ons ‘n beter gedissiplineerde universiteit in Johannesburg bou en die ou RAU laat herleef vir almal wat in vrede en onder dissipline wil studeer…….Dis in ons hande vir ons kinders en kleinkinders se toekoms.

Takkie Takuuza ·

Brand dit man, brand alles. Ons mag ayway nie soontoe gaan nie. Ons moet reeds op alternatiewe onderwys staat maak. Hulle maak my niks nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.