UJ registreer duisende ondanks betogings

Universiteit van Johannesburg Foto: Aurobindo Ogra - Eie werk. via Wikimedia Commons

Universiteit van Johannesburg Foto: Aurobindo Ogra – Eie werk. via Wikimedia Commons

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Donderdag gesê hy kon daarin slaag om duisende studente te registreer ondanks die betogings oor studiegeld en werksomstandighede wat by talle instansies van hoër onderwys woed.

Volgens die universiteit het 43 000 studente hul registrasie afgehandel en hul eerste studiepaaiemente betaal.

Mpho Letlape, die universiteit se visekanselier van strategiese dienste, het gesê die groot getal geregistreerde studente dui daarop dat die instansie se aanlyn registrasiestelsel behoorlik werk. Letlape het gesê meer as 5 000 nagraadse studente en 1 700 internasionale studente vorm deel van die groep wat geregistreer het.

“Dit is ʼn duidelike aanduiding dat die oorgrote meerderheid van die universiteit se studente en gemeenskap wil hê dat die nuwe akademiese jaar sonder oponthoud aan die gang moet kom, betyds en sonder onderbrekings,” het hy gesê.

Hy het gesê UJ het maatreëls in werking gestel om eerstejaarstudente te help om by die nuwe leeromgewing aan te pas. “Gedurende die eerste jaar word UJ-studente deur derde- en vierdejaarstudente wat akademies goed vaar, bygestaan. Die studenteraadgewers help ook eerstejaarstudente wat in die UJ-koshuise woon.”

Honderde studente landwyd het in Januarie aan die #FeesMustFall-betogings deelgeneem in protes teen registrasiegeld. Letlape het gesê studente wat steeds nie geregistreer het nie, het nog Vrydag tyd om dit aanlyn te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Flippie ·

As ek na die dekfoto kyk onthou ek dat dit rens RAU was. ‘n Afrikaanse Universiteit!!! Wat het van ons geword?

David ·

Al die koshius name het nou ook verander bv. Bastion is nou Maqhawe. Watter eerste jaar blanke ouer gaan sy kind nou daar inskryf?

Johann Marx ·

Hierdie artikel word geskryf asof studente registrasie ‘n groot suksesverhaal is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.