UJ staan laat aansoekers by

Mense staan al sedert vroegoggend tou buite die kampus. Foto: ANA.

Talle hoopvolle studente het Dinsdag buite die die Universiteit van Johannesburg (UJ) tougestaan om tóg wel vir verdere studie vir die akademiese jaar 2018 aanvaar te word.

Herman Esterhuizen, woordvoerder van UJ, het gesê dié instansie werk streng net met aanlyn aansoeke en registrasies.

“Teen die einde van die aansoeke vir 2018 verlede jaar het ons 115 000 aansoeke gehad vir sowat 10 500 beskikbare plekke vir eerstejaarstudente,” het Esterhuizen gesê.

Volgens hom het die 115 000 aansoekers per SMS óf e-pos bevestiging ontvang dat hulle aanvaar is of op ʼn waglys geplaas is.

Foto: ANA.

“Ons het ook aanlyn ʼn laatnavraag-opsie ingestel vir studente wat nie aansoek gedoen het nie. Dié stelsel sal aandui of hulle aanvaar is en of hulle op ʼn waglys geplaas is,” het Esterhuizen gesê.

Volgens hom word diegene wat nie bewus was van die aanlyn stelsel nie en buite die kampus toustaan via Wi-Fi-brandpunte (hotspots) bygestaan. Die universiteit se inbelsentrum kan ook gebruik word om telefoniese aansoeke te voltooi.

Studente en ouers wat van vroeg Dinsdagoggend buite die universiteit toustaan, het gesê hulle doen laat aansoek omdat hulle nie seker was “hoe goed hulle matriek geslaag het nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wonder maar net ·

Wonder maar net hoeveel naskoolse opleidingsentra is gebou sedert 1994?

MissDemeanor ·

Dit was n goeie plan van UJ. Hul hoef nie vir daardie studente plek te gee nie, en hul gaan waarskynlik ook nie. Maar sodra n “laat aansoeker” die WiFi gebruik het om die vorm in te vul, dan is daar minder rede om te bly rondhang op kampus. Hul gaan sit dan en wag by die huis. UJ verminder so die hoeveelheid moontlike moeilikheidmakers op kampus.

MissDemeanor ·

Interesante kommentaar oor die damme. Weet jy, meer damme is eintlik net nog meer water wat verdamp. Die water tekort probleem gaan nie opgelos word met meetr damme nie. Dit is die pype wat lek wat n probleem is. Munisipaliteite verloor ongeveer 30% water tussen die reservoirs en huise agv van pype wat lek. Skandalig!

Johann Marx ·

Word voorlopige toelating nie gedoen gebasseer op Graad 11 punte nie? As jy by Graad 12 kom, en “jy weet nie hoe goed en of jy matriek geslaag het nie” dan hoort jy nie op Universiteit nie……As jy met jou Graad 11 prestasie aansoek gedoen het toe jy in Graad 11 was, en voorlopige goedkeuring het, dan behoort jou Graad 12 punte net ‘n bevestiging te wees dat jy in ‘n Universiteit sal kan funksioneer en presteer………..???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.