UJ-student glo ‘geteister’ oor medestudent se skietdood

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het ʼn voorval veroordeel waarin polisiebeamptes glo ʼn tweedejaarjoernalistiekstudent aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) die afgelope week in die middel van die nag besoek het en sy elektroniese toerusting gevat het.

Die middernagtelike besoek hou glo verband met die skietdood van ʼn ander student aan die UJ Saterdagoggend by ʼn private koshuis weg van die kampus. Volgens Sanef het Magnificent Ndebele (20) die skermutseling tussen studente en private veiligheidswagte by die koshuis gesien waartydens Kelvin Baloyi op kort afstand doodgeskiet is. Ndebele het tydens die skermutseling foto’s geneem.

Sanef het gesê twee polisiebeamptes het Ndebele Donderdag tussen 01:00 en 02:00 by sy universiteitskoshuis besoek en sonder ʼn lasbrief op sy toerusting, insluitend sy selfoon en skootrekenaar, beslag gelê. Hulle het hom glo daarvan beskuldig dat hy geweld aanhits en met hul ondersoek inmeng. Hulle het hom ook gewaarsku dat sy bewegings dopgehou word.

“Ons het onlangs, toe ons met lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, vergader het, ons kommer uitgespreek oor die vyandigheid en onwettige optrede van polisiebeamptes. Dit is uiters kommerwekkend dat baie polisiebeamptes optree in teenstelling met ons land se wette en Grondwet,” het Sanef gesê.

“Ons sien Ndebele se teistering in die breër konteks van toenemende polisievyandigheid en intimidasie teenoor joernaliste.” Sanef het geëis dat Ndebele se besittings aan hom terugbesorg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

Die polisie mag deesdae nie hulle werk doen nie. Dis ‘n wereldwye tendens. Wanorde en wetteloosheid volg in die voetspore van ‘human rights’ en so word demokrasie sy eie grootste vyand.

Gatvol ·

Jy is reg. Gelukkig raak die intelligente deel van die massas nou heeltemal gatvol en dinge gaan verander soos ons nou begin sien. Soos Ek verstaan het daardie studente die reels oortree en hard geraas laat in die nag, en die veiligheidswag wou intree? Ek Kan dink waste reaksie so n beampte van studente daardie tyd van die nag sou kry.

Karin ·

Ek dink Nie polisiemanne kan Nie hulle werk doen Nie .. Hierdie is Nie reg Nie hulle kan Nie doen wat hulle wil Nie. En dan mense intimideer Nie

Waarheid ·

Mense in vandag se samelewing, doen dinge op maniere wat die lewe vir sy medemens, wat wil LEEF en LAAT LEEF total ONMOONTLIK maak. Wet en Order is bedreiging! so dink meeste vandag. RESPEK en SELFRESPEK is gladnie in baie mense se lewenspatroon te sien. Jammerte.

Rupert Ashford ·

En so lewe ons nou in die tyd waar verkeerd reg genoem word, en reg verkeerd genoem word. Nou waar het ek al iets daaroor gelees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.