UJ tree op teen ‘rassistiese’ dosent

Een van die dosent se inskrywings op haar persoonlike Twitter-profiel (Skermskoot verskaf deur Solidariteit)

Een van die dosent se inskrywings op haar persoonlike Twitter-profiel (Skermskoot verskaf deur Solidariteit)

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Dinsdag bevestig dat een van sy dosente wat vermeende rassistiese inskrywings op haar Twitter-profiel gemaak het, hangende ʼn dissiplinêre ondersoek geskors is.

Maroela Media het vroeër berig die vakbond Solidariteit het in ’n skrywe aan die universiteit daarop aangedring dat daar dissiplinêr opgetree moet word teen die dosent.

Volgens Johan Botha, bedryfshoof van die Professionele Bedryf by Solidariteit, maak die dosent al vir ʼn geruime tyd snedige en afbrekende aanmerkings, spesifiek teenoor wit mense, op haar persoonlike Twitter-profiel. “Die dosent se inskrywings openbaar ʼn duidelike aanval op wit mense,” het Botha gesê. “Ons meen haar optrede druis in teen die deugsame kultuur en beginsels van die universiteit en blaas onnodige rassespanning aan. Sulke optrede moet in die kiem gesmoor word.”

Hy sê dat indien die universiteit na gelang van die dissiplinêre ondersoek nie na behore teen die dosent optree nie, Solidariteit verdere stappe teen haar en die universiteit sal oorweeg. “UJ handhaaf egter ʼn streng beleid ten opsigte van rassistiese optrede onder sy personeel. Ons meen die dosent se uitlatings regverdig die universiteit se dringende en streng optrede.”

Botha het verduidelik artikel 60 van die Wet op Gelyke Indiensneming maak voorsiening vir optrede teen ʼn werkgewer wat nie die nodige dissiplinêre stappe teen ʼn werknemer wat rassistiese gedrag openbaar, doen nie. “Dit is maar een van die moontlikhede wat ons sal oorweeg indien daar nie na behore teen die dosent opgetree word nie,” het hy bygevoeg.

Hier is van die dosent se inskrywings op Twitter:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swanna ·

Het nog nooit gehoor van ‘n swart mens wat rassisities is nie, al se hulle wat. Sleg wittes is rassiste. So sy sal niks oorkom nie. Sy het die reg om sulke uitlatings te maak en sy mag dit ook doen want daar gaan niks met haar gebeur. Laat net ‘n wit persoon so iets op ‘n web blad plaas en ons het dit al in die verlede gesien. Dan is die “HEL” los. So, kom ons kyk of iets daar van gaan kom.

Dave ·

Jou tipe aanmerkings is perfek in hul kraal want ‘die witmense verwag tog dat daar nie opgetree sal word en hulle is tevrede daarmee’. Na àl die drama in die land kan ons doen sonder pessimisme soos joune. Uit jou skrywe is dit duidelik dat jy dit aanvaar en hêppie is daarmee.

jacques ·

Al gaan ek hoe hard skree gaan daar nog steeds niks met haar gebeur nie,al wat gaan gebeur is dat ek aangekla gaan word op ou einde van rasisme.Wil jy my bet?R100

Bruno Stef ·

Dit is die universiteit waar my kinders in die begin 1990 Gegradueer het tesame met my broer se 3 kinders toe dit nog RAU was.Ons sal moet hand en tand moet veg dat die verlinkse liberaliste en aanhangsels nie PUKKE in die selfde rigting probeer stuur nie my twee kleinkinders is een alreeds daar met die ander een op pad in 2 jaar.

Jean (Jacobs en Jan van der Merwe) ·

Sy het die reg om te haat, nes ek. Om dit publiek te maak laat almal weet van die haat.

Ek word gereeld van “haat-spraak” beskuldig waneer ek mense van Jesus vertel, Sy liefde en opofferings etc. Versies aanhaal oor h0m05ek5ua1iteit ens.

As jy ander aanhits, is jy dan skuldig waneer hulle wapens optel? As mense dan nou rerig net programeerbare rekenaars is, ok.

So mense weet wat in haar hart is. Plaas sy nie haarself in gevaar daardeur nie?

As jy opinies gaan kriminaliseer dan is ons inderdaad in ‘n komunistiese greep. Jou geloof is volgende…

James 3:5 Even so the tongue is a little member, and boasteth great things. Behold, how great a matter a little fire kindleth!
Matthew 12:36 But I say unto you, That every idle word that men shall speak, they shall give account thereof in the day of judgment.

Ek sou sê ons mense oor die algemeen is waalglik (wit en swart) en verdien die he1 se vuur. Sien? Ek haat ons almal :) <–psst—Haat-spraak

Romans 3:4 God forbid: yea, let God be true, but every man a liar; as it is written, That thou mightest be justified in thy sayings, and mightest overcome when thou art judged.
John 3:17 For God sent not his Son into the world to condemn the world; but that the world through him might be saved.
18 He that believeth on him is not condemned: but he that believeth not is condemned already, because he hath not believed in the name of the only begotten Son of God.
19 And this is the condemnation, that light is come into the world, and men loved darkness rather than light, because their deeds were evil.

Dis eintlik al wat rêrig tel.
OK. kerk is verdaag :)

Jean ·

Sien. Jy is vry om te sê ek disgust jou :) Ek uit blydskap daarvoor, hoe kan ek nou vir die rassistiese tannie sê, “haai nee?” Geniet ek nie dieselfde vryheid nie? Maroela kan delete wat hulle wil. UJ kan fire wie hulle wil. God kan smite wie Hy wil..

Dis seker beter om stil te bly. Veral siende persoonlike gevoelens en opinies omtrent ander rasse, gelowe en seksuele voorkeure moet voldoen aan ‘n standaard van “aanvaarbare gedrag” nog voor dit kriminele aksie word, sodat ons almal kan veilig voel en in werklikheid nie vry is om te dink wat ons wil nie.

Snaaks hoedat God ons ook oordeel oor ons woorde en denke ook, en tog is jy veilig en vry in Sy teenwoordigheid.

(Gedagte vir die dag :) )

Matthew 5:44 But I say unto you, Love your enemies, bless them that curse you, do good to them that hate you, and pray for them which despitefully use you, and persecute you; 45 That ye may be the children of your Father which is in heaven: for he maketh his sun to rise on the evil and on the good, and sendeth rain on the just and on the unjust.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.