UK deur Marikana-betogers geteiken

Van die graffiti wat oral op die kampus aangebring is. Foto: Facebook

Van die graffiti wat oral op die kampus aangebring is. Foto: Facebook

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het oor die naweek deurgeloop onder ʼn anonieme graffiti-groep genaamd Tokolos Stencil Collective.

Die groep het verantwoordelikheid aanvaar vir die graffiti wat oral op die kampus aangebring is in opstand teen die universiteit se verbintenis met die Marikana-sterftes. Die betoging het saamgeval met die herdenking van die Marikana-sterftes op 16 Augustus 2012.

Die groep het Maandag in ʼn Facebook-inskrywing gesê dat hy die afgelope paar maande “geïnspireer” was deur die ‘Rhodes moet val-beweging’ by die universiteit. “Ons het ons navorsing gedoen en ʼn paar grootliks onbekende feite uitgevind oor die UK se verbintenis met die Marikana-sterftes,” het die groep gesê. Hulle het daarna vier punte gelys waaronder dat die UK oor die afgelope paar jaar in Lonmin belê het en dat regter Ian Farlam, wat aan die hoof van die Marikana-kommissie staan, ook in die UK-raad dien.

“UK, julle is nie ʼn eiland nie. Hoewel ons nie bevoorreg genoeg is om julle nommer een gelyste universiteit by te woon nie, raak jul optrede ons nog steeds en julle kan nie van ons wegkruip nie,” het die groep gesê.

Die UK het hom Maandag in ʼn verklaring ten sterkste uitgespreek teen die graffiti op die kampus. “Die UK veroordeel enige vorm van vandalisme as ʼn onverantwoordelike en onvanpaste metode van betoging wat geen respek vir die studente en personeel van die UK-gemeenskap toon nie. Die universiteit ondersteun die verantwoordelike gebruik van vryheid van uitdrukking, maar ons keur nie die skending van geboue en monumente goed nie.”

Die universiteit het bevestig dat hy in die hulpbronsektor belê het, insluitend Lonmin, en gesê alle beleggings word deur die universiteit se gesamentlike beleggingskomitee bestuur. Die UK het ook bevestig dat regter Farlam in die universiteit se raad dien, maar het beklemtoon dat hy nie by die beleggingskomitee of die universiteit se beleggingsbesluite betrokke is nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eliza-beth ·

Hene maar jul het ‘n verdraaide begrip van “verbintenis met”! Net omdat hul aandele het of iemand op hul raad is en ook aan die hoof van die Marikana kommissie is, nou is hul sommer aandadig aan die sterftes? Hoe de duiwel kom julle by daardie slotsom uit? Ai, regtigwaar!! My man se agter-agter voorouers kom uit Duitsland – is hulle nou skuldig aan wat die Nazi’s gedoen het? Asseblief man!

Berhalet Beukes ·

Ja, dit het hulle nou van toegee tot die verwydering van die Rhodes standbeeld. Di sal dit nou van die een ding tot die volgende eskaleer. Moraal van die storie? ANARCHISME

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.