UK jammer oor hantering van studentebetogings

Max Price, visekansellier van die Universiteit van Kaapstad spreek studente toe. Foto: Twitter

Max Price, visekansellier van die Universiteit van Kaapstad spreek studente toe. Foto: Twitter

Die Universiteit van Kaapstad het “onvoorwaardelik” om verskoning gevra vir die manier waarop hy die onlangse studentebetogings oor studentegeldverhogings hanteer het.

Dr. Max Price, visekansellier vir die universiteit, het gesê ʼn taakspan sal aangestel word om aanbevelings te maak van hoe betogings in die toekoms hanteer moet word, insluitend die vraag van polisie op die kampus.

Price het gesê die universiteit het waardevolle lesse geleer in die uitdagende tyd wat die universiteit beleef het en die universiteit sal hierdie ervaring gebruik in die toekoms.

Volgens hom is die universiteit spyt dat die situasie op voetsoolvlak op 19 en 20 Oktober só ontvou het toe polisiebeamptes ʼn interdik moes uitvoer wat die universiteit bekom het. “Dit het gevolge gehad wat ons nie bedoel het nie. Daarvoor vra ons onvoorwaardelik om verskoning,” het hy bygevoeg. “Die studente en personeel het vir ons gesê die besluit om die interdik te bekom, die feit dat sekere individue in die interdik genoem is, die kommunikasie oor die interdik op die dag van uitvoering, die gevolglike polisie-aktiwiteit op die aand van 19 Oktober en die oggend van 20 Oktober by die versperrings, het tot aggressie, angs en persoonlike lyding gelei en die spanning verhoog en die vertroue tussen die betogers en die uitvoerende raad verlaag.”

Volgens hom was die doel van die interdik slegs om die UK-gemeenskap teen onwettige gedrag te beskerm indien dit sou voorkom. “Dit is nie bekom om regmatige vorme van betoging te verhoed of om enigiemand wat betrokke is, te vervolg nie. Deur individue se name in die interdik te noem, is hulle nie gekriminaliseer nie. ʼn Interdik is ʼn waarskuwing om nie die wet te oortree nie. Dit is nie ʼn beskuldiging, bewering of aanname dat iemand reeds die wet oortree het nie.”

Price het gesê indien die interdik hierdie wanpersepsie (van kriminalisasie) geskep het, vra die uitvoerende raad om verskoning, veral vir diegene wat direk geraak is.

Hy het gesê dit is duidelik dat die personeel en studente diep geraak is deur dit wat gebeur het toe die polisie gevolglik die interdik uitgevoer het. “Die interdik en die SAPD het vinnig ʼn bykomende hindernis geword om die kwessies op te los. Ons het dit besef en dadelik opgetree om die interdik te kanselleer en alle klagtes terug te laat vaar.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sarie ·

Al die rektore vra die studente wat barbaars opgetree het om verskoning. Wanneer gaan die studente wat mede studente se lewens en studies in gedrang bring om verskoning begin vra. Ek het iewers in die Bybel gelees dat dit wat reg is sal verkeerd wees en dit wat verkeerd is, reg. Leef ons dalk in daardie tyd?

Willie ·

Ja….hoekom is ek nie verbaas nie….sy laaitie is een van die voorbok betogers…”jammer seun..pappa sal nie weer nie…askies jong”…..tsk tsk…

Dee ·

Politieke korrektheid maak dat apologië dikwels blatante leuens is. Dat jammergeit voorgegee word.

JWK ·

Ja Dr Max Price, ek vra ook omverskoning, maar jy, nes ‘n hele klomp ander akademisie, is slapgatte!!

Henry ·

‘n Universiteit kry die studente en visekanseliers wat hulle verdien.
So.
Kry vi’ djulle, sommer sukke sakke vol!!!

Grassie ·

Daar gaan seker by die ander universiteite ook nog ‘n paar vise-rektums wees wat die betogende, plunderende studente om verskoning vra.

Louise ·

EK wil ook net JAMMER se.
Als moet gratis wees, Gratis behuising, elektrisiteit, water, ONDERIG……….
maar die FEIT bly staan, iewers moet iemand hiervoor betaal.
Nou sit ons met MIN reservoirs wat leeg is, “load shedding” en kinders wat ook nie kan leer nie.
Soek gratis onder en pleeg bedrog om goeie resultate te kry, nou sit ons met mens in hoe posse wat nie n rugraat het om op te staan en die KWAAD doeners vas te vat nie.
Ek het nie n probleem met gratis onderig nie. MAA LEER dan net want dis tog in belang van ons EIE land. Maar ONTHOU easy come easy GO!!!!!!

pop ·

Ons het n skuldgevoel gevulde, jammer se vir alles en slapgat nasie geword. Ons voorouers tol in hulle grafte om. Maar ek weet een ding verseker, MY God slaap of sluimer nie. Hier gaan nog n groot gemors kom. Kleintyd het my ouma gese mens moet altyd bang wees vir God, want jy wil Hom nie kwaad maak nie. Hys nou al briesend kwaad.

Izzy ·

Is hy ernstig???? Vra hy regtig omverskoning vir studente wat alles in hulle pad verwoes, afbrand en plunder????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.