UK kry hofbevel teen studente

Die bus wat tydens Dinsdagaand se betogings aan die brand gesteek is. Foto: UCT

Die bus wat tydens Dinsdagaand se betogings aan die brand gesteek is. Foto: UCT

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het ʼn tussentydse interdik gekry teen 16 lede van die RhodesMustFall-beweging, onder wie die seun van Eskom se uitvoerende hoof.

Volgens die hofbevel mag die 16 respondente tot 26 Februarie nie enige van die universiteit se persele betree of daar woon nie. Die respondente mag egter na die koshuise terugkeer indien hulle amptelik toestemming het om daar te woon.

Die respondente mag ook nie deelneem aan enige aksies wat die lewering van dienste of besluitnemingsprosesse by die universiteit kan beïnvloed nie. Dit sluit onder meer in die oprigting van enige ongemagtigde strukture, die vernietiging of ontsiering van enige van die universiteit se eiendom of die aanhitsing van geweld.

Die respondente is Sanchia Davids, Kirsten Whitfield, Mogezi Mayepi, Neo Reiloe Mancapa, De Waal Hugo, Itumeleng Nkululeko Molefe (seun van Eskom se Brian Molefe), Dumisani Ncubani, Athabile Nonxuba, Alex Hotz, Pam Dhlamini, Masixole Mlandu, Slovo Magida, Zola Shokane, Brian Kamanzi, Ru Slayen en Chumani Maxwele.

Chaos het Dinsdagaand by die universiteit uitgebreek toe betogende studente op ʼn gewelddadige plundertog gegaan en polisiebeamptes skokgranate afgevuur het. Die betogende studente vroeg Dinsdagaand skilderye en ander kunswerke uit die Smuts, Fuller en Jameson-koshuise verwyder aan die brand gesteek. Die studente het ook asblikke, ʼn bakkie en bus van die Jammie-pendeldiens aan die brand gesteek. Nog ʼn bus is met klippe bestook, terwyl verskeie brande ook regoor die kampus gestig is.

IOL berig intussen dat Molefe en sewe ander studente Dinsdag in die Wynberg-landdroshof verskyn het op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging en dat hulle op borgtog van tussen R800 en R1000 vrygelaat is. Hulle moet weer op 30 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

DPJ ·

Dankie dat die mense nou die kampus verbied word.
Dit is egter nie die korrekte manier om met terroriste te handel nie maar is ‘n begin.

François ·

Jaag hulle doodeenvoudig weg. Hulle het glad geen plan om te studeer nie! Universiteite is nie plek vir rampokkers nie!

Wilma ·

Hulle moes al lankal van die lot ontslae geraak het. Hulle maak dit net moeilik vir die studente wat eintlik daar is om te studeer!

Michael ·

Ek hoop die universiteit stel ‘n siviele eis in teen molefe van Escom hy verdien mos ‘n astronomiese salaris en is seker verantwoordelik vir sy kind se dade.

Asjas ·

Eienaar van die bus moet Eskom se baas hof toe sleep vir saak beskadiging, verlies van inkomste en sommer trauma ook!! Maar dan gaan ons weer meer betaal vir krag sodat hy lag lag sy seun se kwaad kan steun?

Ronel ·

Ek hoop ook so Micheal. Die klomp moes lankal die kampus verbied word.

martin ·

Dubbel standaarde by die universiteite. Die goed maak wat hulle wil en kom daar mee weg.

Pietertjie ·

Wat ‘n grap: die spul “studente” wat die plek afbrand mag in die koshuise aanbly en mag vir ‘n week lank voortgaan om nie klasse by te woon nie, maar die studente wat vir pret hul eie gesigte geverf het was uit hul blyplek gejaag!

Mick ·

Nonsens. Die Staat gaan alle subsidies aan die universiteit staak totdat die geskorstes weer toegelaat word en alle aanklagte teruggetrek word. Verstaan niemand meer hoe Korrupsie 101 werk nie?

Lies ·

Stem saam Pietertjie! Belaglik! Hulle is seker bang die klomp respodente (whatever die word ook al beteken) breek die plek verder af

Berhalet Beukes ·

Dis darem lank stilgehou dat Eskom se baas se seun betrokke is/was. Waaroor toi toi hy? Die belastingbetalers betaal dan sy studies?

anna ·

Ek lees nou net op ‘n ander nuusblad dat ‘n swart student se sy weet nie waarom die klomp kla nie daar is vir behuising en heerlike kos gereel.
So hulle volg nou maar net Price se voorbeeld en sy seun s’n dat mens dit mag doen.
kla oor enige ding – enige-iets werk net solank hulle nie by die boeke hoef uit te kom nie. Ek wil nog steeds weet of hulle die beurse van Rhodes gebruik?
Laat weet ons Price?

Susan ·

Hoekom met sulke probleme sit??
Maak hulle en hul familie betaal vir al die skade wat hul aanrig.
Dan sal die soort van ding permanent stop!

RITA ·

Ruggraatloos verby. Al hoekom hulle dit gedoen het is om die koetante te haal. As hulle ernstig was oor geleerdheid sou hulle nie so opgetree het nie. Verban hulle by al die universiteite in SA. Gee die wat regtig iets van hulle lewe wil maak n kans om hulle self te bewys.

Rina Pretorius ·

Dis vir my as Eskom werknemer n vernedering om te dink die CEO se seun is betrokke by sulke goed. Asof Eskom se naam nie genoeg skade gelei alreeds nie en hier kom die man en hy maak skade aan sy pa se naam en Eskom se naam, dis totaal onaanvaarbaar. iemand moet hiervoor betaal, daar is groot skade veroorsaak

Jeandre ·

Rina Pretorius, ek voel dieselfde. Ek wonder of die kind gedink het oor sy pa die CEO is, kan hy maar maak soos hy wil. Ekt al vir Brian raak geloop in die gang – nederigste mens wat ek al gesien het, ek hoop van harte hyt sy seun die pakslae van sy lewe gegee en mooi vertel dat geld kan nie alles koop nie – ook nie ons geskiedenis wat hy gebrand het.

Sandra ·

Hulle is n klomp hooligans – Waarom is hulle nie agter tralies nie, R800 Bail, regtig?? Kan die staat nie beter doen nie? Almal kla en kerm oor die fandalisme, maar wanneer hulle voor die gereg te staan kom dan is dit vir n “slap on the wrist” Geen wonder SA is in die toestand wat hy is nie. En dit sê vreeslik baie van die hoof v Eskom dat hy nie sy kind kan maniere leer nie, of is dit juis wat vir hulle geleer word vandag?

Eliza-beth ·

Ek is mal oor tuinmaak. Onlangs het ek ‘n groot projek aangepak en toe dit klaar was het ek kon terugstaan en na my handewerk kyk en regtig baie trots voel. Dan wonder ek enigieand wat goed so brand en/of beskadig – voel hulle regtig trots as hulle terugstaan en kan sê – jinne kyk wat het EK gedoen. Ek probeer verstaan HOE kry enigiemand dit reg om ander se goed op te foeter en te breek en te verniel en dan voel hulle het die reg gehad of hulle moes dit doen om hul punt oorgedra te kry. Dis soos op skool kinders wat op skoolbanke name en woorde uitgekrap het of in die toilette goed op die deure en mure geskryf het en selfs nou nog – die wat in openbare toilette sulke simpel goed doen. Voel jy magtig binne in jou? Trots? Tevrede? Staan jy terug en dink DIS wat (‘n opgevoede)mens doen? Ek sal eitnlik graag met van die spul op ‘n een-tot-een basis wil gesels en wil vra WAT motiveer hulle om so op te tree en ek sal in hul oë wil kyk…

Pieter.v ·

Dis misdaigheid, vernielsug geen waardes , onnoselheid en barbaars,anargisties.

Karma ·

Kwaadwillige saakbeskadiging? Is dit maar al??? Wat van onwettige betreding (die opslaan van die “shack” op die perseel van die UK), inbraak, diefstal, brandstigting, aanranding met die doel om ernstig te beseer/poging tot moord (op die polisie)? En dan kan hulle nog terugkeer na die koshuise toe, terwyl hulle nie hoef klas te draf nie. Maar wag nou, as hulle kan terugkeer na die koshuise toe, dan word daar mos behuising aan hulle verskaf – waaroor was die getoyi-toyi dan? Of redeneer ek nou gat oor kop?

Dominique ·

Net n R1000 borgtog. .. dis wat mens kry as jy te vinnig ry!! Moes meer gewees het!! Da is baie spasie op Robeneiland. Akomedasie en studie lokale. As jy nie jouself kan gedra nie word jy verplaas na die”Spesiale Opvoedkundige Setrum” As dit nie vir ons wit voorvaders was nie, was daar geen gebou om universiteit te stig. Hoe lank gaan die wit mense rustig wees oor al die rasistiese geskrewe bootskappe? Oorlog is op pad vinniger as wat mens dink. Ons moet begin voorbereiding doen! Skuiling Verdediging en voedsel.

Rina Pretorius ·

Ek wil graag ‘n beroep doen op ons volk om aan te sluit by julle dorp se kommando sorg groepe, jy sal john dex rudman op facebook kry, hy sal julle kan se wie julle groeps leiers is van elke dorp/streek. Dis waar ons praat en voorbereidings maak in tyd van nood.

Boetman ·

Wag so bietjie! Is daai ‘n bus? Wat studente wat nie karre het nie, rondry? En dan word dit vernietig? Eish! Daar is rerig nie pille vir onnoselheid nie. En dan word dieselle onoselles tot universiteit toegelaat? Wat van die kinders van verkeerde velkleur wat stringe A’s kry maar nie toelating kry nie? Iewers maak 1 plus 1 nie meer 2 nie.

Lourens ·

Ek het gevlug na argentenie toe met my laaste geld vat eetder my kans hier as daar in sa oorlog is opad geskiednis het n manier om homself te herhaal raak wakker en gaan mense in argentenie is daar n toekoms vir die wat bereid is om spaans te leer en hard te werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.