UK kry prokureursbrief oor verpligte inenting

Die Universiteit van Kaapstad. (Foto: Facebook)

Solidariteit het Donderdag ʼn aanmaning aan die Universiteit van Kaapstad (UK) gestuur oor sy onlangse beleid rakende verpligte inenting teen Covid-19.

Die UK het vandeesmaand ʼn voorstel om inenting vir alle studente en personeel verpligtend te maak, voorlopig goedgekeur.

Solidariteit hou egter vol dié beleid is onwettig, diskrimineer teen studente wat verkies om nie ingeënt te word nie en bedreig die lewensbestaan van werknemers.

Volgens die organisasie is dit boonop te laat in die jaar om die beleid deur te voer. Solidariteit eis in sy brief dat die UK die beleid hersien en verwerp.

“As ʼn openbare liggaam moet die universiteit aan verskeie stelle wetgewing en regsbeginsels voldoen. Hierdie beleid is strydig met bykans alle vorme van regulasie waaraan die universiteit onderworpe is,” sê Paul Maritz, bestuurder van Solidariteit Jeug.

“Hierdie beleid is gewoon irrasioneel en onbillik. Dit verteenwoordig uit die staanspoor ʼn enorme inbreukmaking op die grondwetlike regte van studente sowel as werknemers van die universiteit.”

Volgens Maritz word die beleid boonop op ’n “ondenkbare” tyd van die jaar uitgevaardig.

“Studente en voornemende studente het in hierdie stadium van die jaar reeds ver gevorder met die aansoekproses vir aanstaande jaar. Hierdie beleid veroorsaak dat talle studente op kort kennisgewing nou na alternatiewe gaan moet kyk, waar dit dikwels reeds te laat is om so iets te doen.

“Dit beleid wysig as’t ware die universiteit se toelatingsvereistes en die UK is nie by magte om lukraak sommer net aan sulke voorvereistes te torring nie.”

Maroela Media het vroeër berig die UK se beleid sal vereis dat alle personeel, as ʼn voorwaarde vir werk, en studente, as ʼn voorwaarde vir registrasie, ʼn bewys moet lewer dat hulle ten volle teen die virus ingeënt is.

Hierdie reël moet volgens die UK se raad teen 1 Januarie volgende jaar reeds in werking tree.

Solidariteit sê egter die UK se primêre mandaat is om studente vir die werkplek op te lei en nie om inentings te bevorder nie. “Dit is ʼn skande dat soveel studente se toekoms deur die bevordering en afdwinging van die sienings van die universiteit se bestuur bedreig word. In die land met die hoogste jeugwerkloosheidskoers ter wêreld, is dit afgryslik dat ʼn universiteit selfs nog meer jongmense aan die gruwels van werkloosheid en armoede sal uitlewer.”

Altesame 83% van professore en akademici van die UK het in September ten gunste van verpligte inenting gestem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Di ·

Soos als in die land word hierdie ook summier in ons kele afgedruk – Sluk of jy verstik

JM ·

Deesdae moet opdragte gestoomroller word, ongeag wie in die proses gaan skade ly. ‘n Tipies kommunistiese beginsel.

VaalDonkie ·

Maar dis mos nou PRESIES wat ek altyd seg: dit gaan nie (meer) oor COVID nie, dit gaan oor al die drakoniese reels wat deur-forseer word kwansuis om ons “veilig” te hou. Die virus gaan lankal iets van die verlede wees, dan sit ons nog met dompasse en “boosters” om die geld-koffers (ekskuus “ons immuniteit”) te “boost”. En dis nie net in SA so nie. Kyk maar hoe gaan dit daar in NZ en Aus of meeste van die Amerikaanse deelstate. Elke ou het ‘n nuwe manier van volwassenes “hok” totdat hulle bankrot is. En intussen galavant hulle lekker sonder maskers as hulle dink daar is nie ‘n kamera op hulle nie.

Keith ·

In a year or twos time when people who got jabbed, experience strange bodily behaviours, because they took this untested / unproven / experimental jab… then what ?

Anton ·

Under South African Law it now seems that one can not only sue the company you work for, but also the directors in person, if some complications do arise.
I presume the same will apply to universities. This will be tested in court, and the outcome will be very interesting.

Plaaskind ·

Teen daardie tyd sal dit ongelukkig te laat wees, n lewe verloof of ernstige lewenslange nagevolge. dan sal al die geld en hofsake niks help nie. wens mense wil dit besef.

VaalDonkie ·

Kyk, as ek lasers uit my vingers kon skiet na ek die mRNA-terapie gevat het, dan sou ek GISTER al gegaan het. Maar ongelukkig is dit nie hoe dinge in die regte lewe werk nie.

Dirk Mostert ·

Daar word beweer jy kan detoks na die inspuitings (en na die paspoort), maar netnou werk dit nie.

Danie ·

Hoekom gaan hulle spyt wees? Enige bewyse om jou stelling te staaf of praat jy net weer….?

Plaaskind ·

Begin julle oogklappe afhaal en gaan oop oë deur die lewe, mense moenie net blindelings alles glo en vertrou wat so in mens se keel af gedwing word nie. Oeroue gesegde Money is the root of all evil.

Hano ·

That would be the worst thing that can happen to those who are not vaxed. Nearly all the doctors and nurses will be dead as well as 80 present of the taxpayers. The only people left will be you, those who think like you and all the Eff supporters. Good luck.

Mercia ·

Kom ons hoop hierdie stap van Solidariteit ( handeklap vir hulle) bring ten minste weer bietjie “sanity” terug nadat hierdie verpligte inentingsbeleid dreig om in elke beskikbare krakie van samelewings in te sypel en dit te vergiftig.

Misky ·

Die president het dan voor die hele land en miljoene as ooggetuies gesê die vaccine is nie verpligtend nie en dis vrye keuse. En nou, twee maande later sien jy sulke dinge

JohanR ·

Watter president? Nie my president. Ek het nie vir hom gestem nie. Hy is vir my gekies,

Papsak ·

Ek stem die prisedent het gese niemand sal verplig of gedwing word on in geent te word nie menseregte skending

AW ·

Net eergister vra n ou my of ek die “JAB” gekry het?

Ekke sê toe Nee!

Hy vra waarom Nie!

Ekke sê, wat het dit met JOU te doen ??

Hy sê toe, Maak net seker jy bly teminste 2 meter van my af!

Ekke het toe maar omgedraai en een kant gaan staan en my Diet Coke gedrink.

Erika ·

Die UK is daar om jong studente op te lei nie om inenting te bevorder nie
Its our right to have freedom of choice..

Francois ·

Misky ja – die ANC se president het wel so op tv gesê maar dit wat hy sê is gewoonlik om sy eie beeld te poets. Hy en sy “councils” het ook later gesê dat elke instansie self kan besluit hoe om mense “veilig” te hou. En kort daarna kom die beroepsveiligheidswette wat sê werkgewers moet n veilige werksomgewing skep en verseker, ter sprake, en hulle kan self besluit hoe om dit toe te pas. En ons weet mos nou al dat daar net een kant van die inenting debakel is, en dit is dat almal voor die voet proefkonyne is en gespuit moet word. Na die teendeel word nie geluister nie want van die staanspoor is jy selfsugtig, onverantwoordelik, dom en n pateet as jy as leuk net vrae vra, of selfs net twyfel. Aldus verskeie medici, dokters en slim professore (veral sekere universiteite) wat op radiostasies gaste was in programme. So – die “moral of the story” is – buig die knie want die wêreld maak so…

Frank John ·

Julle moet ‘n ander afkorting gebruik. UK staan gewoonlik vir United Kingdom. Nou gebruik julle dit vir Universiteit Kaapstad.

VaalDonkie ·

VK is die korrekte afkorting vir die Verenigde Koninkryk

Frank John ·

Die inenting word stadig maar seker meer en meer drukking veroorsaak, die begin van die “verdrukking”. Die GROOT verdrukking sal nog volg, merk my woorde.

Krokkenoster ·

Wat sal ons doen Solidariteit?
Dankie dat julle veg vir wat reg is.
Dit bly ‘n persoonlike keuse!

Dirk Mostert ·

Professore is ook nie meer wat dit was nie. ‘n 5-jarige laaitie kan deesdae ‘n professor wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.