UK: ‘Meerderheid koshuisstudente ís swart’

Een van die voertuie wat deur betogers gebrand is. Foto: Verskaf

Een van die voertuie wat deur betogers gebrand is. Foto: Verskaf

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Maandag bewerings deur die RhodesMustFall-beweging (RMF) ontken dat daar teen swart studente gediskrimineer word ten opsigte van verblyfplasings.

“Ek wil dit duidelik maak dat [die stelling] heeltemal verkeerd is,” het Max Price, UK se visekanselier, gesê. “Kyk maar na die syfers: Ons het 6 600 beddens in ons koshuise en meer as 75% daarvan is toegewys aan en word tans deur swart studente beset, so die oorweldigende meerderheid is swart studente.”

Price het die media toegespreek nadat ernstige geweld Dinsdagaand op die kampus uitgebreek het met verblyf die hoofrede vir al die chaos.

Hy het gesê die UK se verblyfbeleid gee “sterk voorkeur” aan studente wat met finansiële bystand studeer, omdat verblyf op die kampus effens goedkoper is as verblyf buite die kampus. Daar word ook voorkeur gegee aan studente wat nie van Kaapstad kom nie.

Historiese kunswerke wat deur betogers gebrand is. Foto: Verskaf

Historiese kunswerke wat deur betogers gebrand is. Foto: Verskaf

Price het gesê slegs ʼn kwart van die 27 000 studente wat aansoek gedoen het vir verblyf kan geakkommodeer word. Hy het gesê die universiteit help die studente wat nié verblyf op die kampus kry nie, om ander verblyf te soek. Hy het gesê daar is tot dusver verblyf vir meer as 2 000 studente gevind.

Hy het gesê sommige studente het by die verblyfkantoor opgedaag sonder dat hulle vir verblyf aansoek gedoen het, terwyl 50 studente nou in tydelike akkommodasie gehuisves word. “Ons glo dat ons binnekort ook vir hulle akkommodasie sal vind,” het hy gesê.

Price het beklemtoon dat die RMF-beweging die verblyftekort vererger het deur die die werk van die verblyfkantoor vir drie dae verlede week te ontwrig deur hul gewelddadige optrede en besetting van die kantore. Price se kantoor is ook Dinsdagaand met ʼn petrolbom bestook.

Hy het gesê die universiteit het nog altyd vreedsame betogings ondersteun, maar moes Dinsdagaand die lyn trek toe die betoging gewelddadig geraak het. Kalmte het Woensdag op die kampus geheers en klasse het soos gewoonlik voortgegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Fransie ·

Wonder wat gaan die volgende verskoning wees vir n barbaarse gedrag?
Enigiets, maar moet net nie klasdraf, eksamen skryf en die ergste van alles- eksamens deurkom nie!!

anna ·

ja max price jy het mos verlede jaar gese die studente moet betoog en dat jy trots is dat jou eie kind betoog. kry vir jou!!!!!

humor ·

Ek is so dankbaar daar was n plekkie by n diebare tannie in Dwarsstraat34 te Potch. 1973 tot 1975. Kon die volle ontspanne tyd deeglik benut.Nee man kan jy dan nie lees nie hulle is swart, swart studente. Die perses is nie so bevoorreg nie. By verre in die minderheid.

Sputnik ·

As jy wel dit gesê het Max, het ek nóg minder simpatie met UK.

Henrietta Klaasing ·

As jy ‘n hond WIL slaan , SAL jy ‘n stok kry al is dit nie die waarheid nie….

Kaspaas ·

Duuhhhhhh vir sogenaamde intelligente proffesors ens het hulle maar lekke oogklapoe aan. Dit gaan nie oor hoeveel wit of swart in die res bly. Wie verniet studeer of wie nie. Oor die wat het en die nie. Dit gaan oor n paar wat struggle credentials opbou en die res volg maar net want hulle kan nie slaag nie so hulle breek af.

Veritas. ·

Kry vir jou Mr. Price. Lyk my dit vat ook nie veel om vise-kanselier te word nie. Hulle wil nie 75% hê nie ou maat. Hulle wil alles hê. Eendag as jy groot is, sal jy verstaan.

Flippie ·

Ek sien een van die belhamels is die ESKOM se grootbaas, Brian Molefe. Hy vreet miljoene Rande uit die staatskrip en sy steun maak amok op UK kampus.

Geen dankbaarheid nie – dit lyk my hierdie ouens ken nie swaarkry nie – anders sou hulle dankbaar gewees het vir die voorreg om te kan studeer.

Miskien het hy boonop,ten spyte van sy pa se finansieele polisie ‘ n staatsbeurs.

Eddy ·

Hoekom noem hulle die mense studente,hulle is 99% met beurse daar en brand en plunder als. Klink my daars n derde mag agter al die universiteite wat nie beheer kan word nie. Ek is seker die 15 % wit studende betaal n tros geld en kry niks daarvoor nie. Want n STUDENT is noe daar vir leer nie ,maar idioteligië

anna ·

wat jy saai sal jy maai!!!! price het diy op tv en koerant gese
.ek was so geskok. dit is waarom ek se wat jy saai sal jy maai. hoeveel van hierdie lot wat so alles verniel kry rhodes beurse price?

Liewe lulu ·

As daar een keer toegegee is aan n eis, dan is daar nie n einde nie. Gee die pinkie en die hand word gegryp. Presies wat nou hier gebeur.

Berhalet Beukes ·

Skynbaar het almal behalwe Mnr. Price dit voorsien… Nou wag ek om te sien wanneer “pricemustfall” op die tafel gesit word

ma van studente(afstandstudies) ·

Daar sal BAIE STREEP/lyn getrek moet word anders kan daar lyn-streep deur UK getrek word.

Oom Boer ·

Daar sal nooit genoeg plek wees nie Mnr Max, want hul is vanjaar 27,000 en volgende jaar 40,000. Konings van die broei epidemie. Mnr Max, jou seun was verlede jaar deel van die gemors wat vandag plaasvind, hoop hy kry sy diploma van die jaar as opstoker.

Des ·

Ek weet net dat ek nie my huis aan sulke mense sal verhuur nie. Noem dit maar diskriminasie.

Ronel ·

My vraag is net dit. Mr Price hoekom alternatiewe blyplek soek as hulle doelwit is om die Universiteit af te brand. Mens kan nie met sulke onopgevede mense ondderhandel nie.

anna ·

Wat se streep wil die man trek?
Hy moes verlede jaar die streep getrek het maar toe was hy so in euphoria oor die betogings waarin sy sen was dat hy blind was van trotsheid daaroor!!
Nou wil hy die streep trek?
Te laat ou pel te laat. wat gaan jy nou vir jou kind se?
Moenie dit meer doen nie? Die kind gaan vir jou lag net soos die res van die publiek wat beskaafd is.

Berhalet Beukes ·

Max Price, jy moes hierdie sameloop van omstandighede voorsien het toe hulle by die Rhodes standbeeld begin het, almal het. Jý het dit goedgekeur en jý was trots dat jou kind deelgeneem het aan betogings, pluk nou maar die vrugte! Leer nou maar soos die res van die blanke liberale dat daar geen lojaliteit teenoor enige blanke is nie, maar nie saak hoeveel agterente jy soen nie. Jy het jou bed gemaak, slaap daarop, niemand gaan met jou simpatiseer nie.

tamboti ·

Max mater, jy het baie trots die deur oopgesluit vir die reus, nou stoot hy jou so eenkant toe. Jy kan maar hop en piep, jou trots verwurg jou stadig maar seker.
lees bietjie RAKA, mooi fiksie maar baie realisties.

alida ·

As die Kanselier se betoog en die President se maak dood die boere wat de hel verwag julle?

Arizona ·

Dis hierdie “ek soek” mentaliteit wat gaan maak dat hierdie pragtige land in die toilet af gaan. Hulle kry alles wat hulle wil hê en dit wat hulle nie dadelik kry nie, wil hulle op en af voor spring en goed vernietig. Ek sweer vandag voor een Hemelse Vader, as ek die geld gehad het was ek en my gesin uit hierdie vervloekte land.

Theo ·

Om die waterkar om te gooi. Ek wonder met tye wat sommige buitelandse invloede (regerings- aanhitsing) op hierdie gemors is?

Berhalet Beukes ·

Buitelandse invloede is wat dit is… Breek die moraal van ‘n land en jy kan met dit doen net wat julle wil…

Takkie Takuuza ·

Jy kan al van voor Marikana af verby standbeelde tot by “kill all the whites” mos duidelik ou juuuliaaas se hand sien. Hy het vir zumpie belowe hy gaan die land onregeerbaar maak. Hy is goed op dreef.

alida ·

Hoekom kry ek die gevoel dat Julius Malema en Zuma kop in een mus is?

elizabeth ·

Het julle al gehoor van Soltech? Daar klink dit my gaan dinge soos dit moet’by ‘n leerinstansie. Defnietief my kinders se toekoms.

Johan 2 ·

Dis oor die meerderheid swart is wat dit gaan soos wat dit gaan.

Skep Ties ·

Moet met jou saam stem Johan. Met verwysing na verlede jaar se gebeure op kampusse landwyd, kyk net bietjie na watter kampus in die land het beide die minste voorvalle van geweld en vandalisme gehad en die laagste konsentrasie “voorheen benadeelde” voltydse studente. Dis net baie toevallig is al wat ek sê.

Eugene ·

En wat presies het die kleur/ ras/ geloof/ geslag van enige hoeveelheid studente met enige iets uit te waaie?

Die feit van die saak is:
Hulle optrede is en was uiters onvanpas en krimineel en kan nie omskryf word as iest wat dit nie is nie of weggepraat word met polities-sensitiewe gemors oor persentasies en kriteria en wat nog alles nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.