UK: ‘Ras gaan steeds oorweeg word’

universiteit van kaapstadDie Universiteit van Kaapstad (UK) sê ras sal steeds oorweeg word vir sy voorgestelde toelatingsbeleid maar slegs as een van vele faktore om benadeling te bepaal.

Ouers se vlakke van opleiding, die aard van die skool wat die aansoeker bygewoon het, en die voornemende student se huistaal sal ook oorweeg word, het Crain Soudien, adjunk-visiekansellier, gesê.

“Ons glo dat hierdie faktore belangrik is vir ons om mee te werk wanneer ons ‘n student aanvaar by UK. Die faktore hou ook regstreeks verband met die wyse waarop ‘ras’ tydens en selfs na apartheid gewerk het.”

Soudien het die uitlatings op die universiteit se Facebook-blad gemaak nadat Ramabina Mahapa, ‘n lid van die studenteraad, ‘n opebrief geskryf het. “Ek verskil sterk met jou idee dat daar ‘n poel van swart studente aan die Universiteit van Kaapstad is wat nie meer beduidend benadeel is nie en nie meer regstellende aksie nodig het nie,” het Mahapa in die brief aan Max Price, visekanselier, gesê.

Mahapa voer aan dat sogenaamde “bevoorregte swartes” onder andere “institusionele rassisme” by hul vorige hoërskole in die gesig gestaar het. “Die institusionele kultuur van die voormalige model C-skole is steeds so dat dit die talente en selfbeeld van die swart en bruin leerders ondergeskik stel.”

Soudien het sê die universiteit hou vas aan sekere beginsels in die formulering van ‘n alternatiewe toelatingsmodel. Hy sê die eerste beginsel is dat die universiteit die mees talentvolle studente wil lok.

“Ons is daarmee getaak om ‘n nuwe generasie professionele mense, leiers, intellektueles, politieke rolspelers en ontleders te lewer wat meer demografies verteenwoordigend is van die bevolking, aangesien dit is hoe ‘n land groei.”

Volgens die universiteit het Max Price, visekanselier, konsultasies met personeel en studente gehou oor die voorgestelde beleid. Die beleid sal ook Vrydag teen ‘n vergadering bespreek word. Indien daar tydens die vergadering die beleid goedkeur sal dit voor die universiteit se raad bespreek word in Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lanie ·

Daar is mense wat net op hulle velkleur by ‘n universiteit toegelaat wil word en dan is daar ander wat ten spyte van moeilike omstandighede tog presteer. Die dae van toelating omdat jy kwalifiseer daaroor Is duidelik dan nie meer van toepassing nie.

JB ·

“MEES TALENTVOLLE STUENTE WIL LOK…..”????????????????????????

JB ·

“MEES TALENTVOLLE STUDENTE WIL LOK…..”????????????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.