UK-senaat stem vir verpligte inenting

Die Universiteit van Kaapstad. (Foto: Facebook)

Die oorgrote meerderheid lede van die Universiteit van Kaapstad (UK) se senaat het ten gunste van verpligte inenting by dié instelling gestem, met 83% wat ten gunste van so ʼn besluit is.

Die aanbeveling is nou dat ʼn besluit geneem word dat alle personeellede, as voorwaarde dat hulle hul pligte moet nakom, die inenting moet ontvang, terwyl studente – as voorwaarde vir registrasie – ʼn bewys moet lewer dat hulle teen Covid-19 ingeënt is.

Die stemming het Woensdagmiddag plaasgevind nadat ʼn mosie daaroor ingedien is. Altesame 183 stemme is ten gunste van die mosie uitgebring, 32 was daarteen en vyf het buite stemming gebly.

Elijah Maholola, UK-woordvoerder, sê daar sal nou met belanghebbendes oor die pad vorentoe vergader word en insette oor die voorstel gekry word.

“Die UK benadruk dat die universiteit nog geen besluit geneem of standpunt ingeneem het oor verpligte inenting op kampus nie. Enige finale besluit oor ʼn beleidskwessie van die universiteit moet deur die raad geneem word, omdat dit die universiteit se hoogste besluitnemingsgesag is,” sê Maholola.

Daar is ook voorgestel dat die raad nou ʼn paneel saamstel om die logistieke en operasionele vereistes van só ʼn moontlike besluit te ondersoek. Dit sluit in toegang tot inentingsfasiliteite, maar ook toelaatbare gronde vir vrystelling van die bepaling of alternatiewe daarvoor.

Die universiteit moedig intussen steeds sy studente en personeel aan om teen die koronavirus ingeënt te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Saartjievandiebosveld ·

NEE…NEE…NEE!!! Dis die reg nie…Ramaphosa het gesê…niemand sal gedwing word nie….is jou besluit…nou word jy gedwing. ..Dis jou ligaaan. ..jou besluit!!!

Pieter ·

Enige private instelling het die reg van toegang. So as jy nie aan hulle voorwaardes wil voldoen nie, dan is jy welkom om iewers anders te gaan. Jy het die reg om die inenting te weier. 100%. So het hulle ook die reg om jou te weier as jy nie ingeent is nie. Jy gaan letterlik niks kan doen behalwe by jou huis sit en kruideniersware gaan koop nie. Of jy nou vir of teen die inenting is, die realiteit gaan wees om terug te keer na normale lewe gaan jy dit maar moet kry.

RB ·

Dream on!!
Niks gaan terugkeer na normaal nie. Daar is nou n nuwe ‘normaal’ vir almal – ge-ent of nie.

Daar sal nou baie minder vryheid en baie meer beheer oor jou wees. Gewaarborg!

Henk ·

Pieter jy praat van twee baie verskillende dinge. Ja instansies mag besluit wie by hulle aandoen en wie nie. Hierdie geval is glad nie dieslefde nie. Hier praat hulle daarvan om mense se werk weg te neem.omdat hulle nie ń ongetoetste en onbekende stof in hul lighame wil inspuit nie.

piet ·

Word nie gedwing nie. Besluit om dit nie te neem nie en gaan studeer by ‘n ander instansie. Elke instansie het en maak sy eie reels.

Henk ·

Piet aangesien jy die selfde persoon as Pieter is gaan lees my eerste aantwoord aan jou.

piet ·

Ek en Pieter is nie dieselfde persoon nie, net vir die rekord.

Danie ·

100% reg. Niemand dwing enige iets af op jou nie. Dis mos jou besluit. Jy word mos nie gedwing om na UK te gaan nie.

MakersMark ·

Niemand word gedwing nie die is eerder oor keuse en nagevolge. Kies maar lewe met die gevolge.

Anoniem ·

Saartjie gaan kyk by die universiteite die kinders staan rye om ingeënt te word, almal wil weer klas draf en sosiaal verkeer

Hennie ·

‘n Universiteit wat nie die grondwet en menseregte respekteer nie verdien om onder te gaan! Wat leer hulle die studente daar? Is daar waaragtig net een opinie, een manier om ‘n verslag te skryf, een manier om ‘n blinde derm te verwyder?
Hoe vlak!

RB ·

Boon, ek is seker jy het al bàie se lys van besware gelees. Ongeag die beswaar sal daar àltyd 2 groepe wees:
Die pro en die anti.
Geen groep sal maklik anders oortuig word nie.
Eie aan ons volk wat nie kan saamstaan òf die son oor iemand anders sien skyn nie, sal die 1 groep altyd die ander groep slegsê, verkleineer en. . . en. . .en want elkeen mòèt mos kraai vanaf sy eie mishoop.

Kry die jab of los die jab – maak soos jy smaak en laat die ander ook so doen sonder om te moet rekenskap gee oor n keuse.

piet ·

Dis reg RB maar dra ook die gevolge van jou besluit. As dit beteken dat privaat instansies jou gaan uitsluit, tough luck.

Hendrik Marthinus ·

Well done RB
Maar nou huil die nie vaxers weer, ek verstaan nie hoe Hulle redeneer nie.
Elkeen het Sy keuse, as jy nie is vir inenting aanvaar Dan dat jy uitgesluit gaan word by Baie plekke

Andre ·

Wil in ieder geval nie plekke besoek waar net gespuite mense welkom is nie. My lewe is meer werd as die klug.

annie ·

En so sal die cookie crumble… Gaan hulle die studente probeer verplig? Watter beeldjie is nog oor op die kampus? Of sal die koppie agter plat gestoot word?

piet ·

As jy daar wil studeer ja. Reg tot toegang en reels van die instansie. Gaan dan na maar ‘n universiteit waar dit nie die beleid is nie. Hopelik gaan die meeste werkgewers hierdie voorbeeld volg.

Nie Verbaas ·

Dit het niks met beleid te doen nie. Dit gaan oor regte van n persoon wat geskend word.

piet ·

Dis nie jou reg om by enige universiteit toegelaat te word nie. Nie net keur universiteite hul kandidate nie, hulle het ook hul eie reels en rugulasies waaraan alle studente wat daar wil studeer, moet voldoen.

MakersMark ·

Die koekie het klaar verkrummel. Kry maar die inenting en die gesondheids bewys dit gaan nog baie strenger raak.

Andre ·

Is dit die bewyse wat feitlik weekliks moet verander om by die storie te pas. Soos soutwater wat ook nou feitlik kwalifiseer as “vaccine”.

Barney ·

Maar die “experts” het gesê jong mense het ń 99.97% oorlewings kans met ń imuniteit stelsel. Hoekom dan jouself inspuit? Vir wat? Hierdie is lank nie meer oor die bestryding van ń virus nie.

piet ·

Hulle kan mos ouer mense aansteek, daar is mos nie net jong mense by die universiteit nie.

VaalDonkie ·

Piet, die inenting keer nie dat jy ander (of jouself) kan aansteek nie. Die mense wat in gevaar is behoort die eksperimentele inspuiting te kry, NIE die gesondes nie.

Johan ·

Hoe oud is die senaat? Behoort hulle oor jongmense se gesondheid te kan besluit, neweefekte wat met hul kan wees vir die res van hul lewens vir die illusie van beskerming teen n virus wat nie vir hul gevaarlik is nie. Jongmense se natuurlike immuunstelsel beskerm ons almal, vir duisende jare al.

Boon ·

daar sal voorsiening gemaak word word vir mense wat reeeds immuniteit opgebou het.

Andre ·

Nooit, follow the money. En sien wie is die kamtige kenners.

Hennie ·

Die 7% wat teen die inenting gestem het is seker van die mediese fakulteit. Hulle weet dat, as jy die Sjina-virus onder lede het, die liggaam natuurlike immuniteit het. Daar is ver meer, akkurater navorsing beskikbaar oor natuurlike immuniteit as oor die “immuniteit” wat verkry word deur inenting!

Nie Verbaas ·

En so lag ek lekker vir die oningeligtes wat alles net as waar aanvaar.

Danie ·

Gaan kyk na die ICU gevalle, 99.9% ban alle mense wat daar le is nie ge-ent nie. Gaan praat met hulle oor natuurlike immuniteit asb.

Lood ·

Hoe kan ingeligte mense so ‘n dom besluit neem? En boonop is dit in stryd met mense se konstitusionele reg.

piet ·

Wat van die konstitusiionele reg van die meerderheid wat wel vereis dat hulle die bes moontlike beskerming geniet en daarop aandring. Veilige kampus, werksplek ensovoorts.

Misky ·

Die wat vas glo in die ‘vaccine’ kan dit mos kry @piet. Die wat nie wil nie en nog huiwerig is, los dit en dis sy eie vrye keuse. Die wat glo in daai ‘vaccine’ is dan mos veilig indien dit alles doen en verhoed wat gesê word.

piet ·

Korrek maar jy moet inval by die reels van jou universiteit, werkplek skool of wat ookal. As jy nie bereid is om dit te doen nie, gaan dan na ‘n ander plek wat jou sal akkomodeer.

Jessey ·

Daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie. @Piet, is jy ‘n aandeelhouer in Pfizer?

Pieter ·

Wel nee. Dit gaan nie teen jou reg nie. Niemand forseer jou nie. Dis steeds jou keuse. Soos ek vir Saartjievandiebosvled genoem het….Reg van toegang by enige private instansie. As jy nie van die termes en voorwaardes hou nie, gaan by n plek wat dit nie vereis nie.

Misky ·

Ek is ‘n wettige inwoner van die land en betaal belasting en al die ander duisende nonsens wat verplig word in die misdaadgedrewe land van ons. EK SAL GAAN WAAR EK WIL!!!!!

Hendrik Marthinus ·

Jy Kan behalwe waar inenting veplig is, niemand dwing jou nie.
Niemand se reg word weggevat nie, in jou huis Bly jy baas, maar nie in n ander ou se huis nie

MakersMark ·

Goed gesê. In die bybelse tye het die met melaats buite die stadsmure gebly agv sosiale reels.

MakersMark ·

Dis juis dat hul intelligent, ingelig, en verlig is dat hul die besluit neem.

Anel ·

Nogal jammer hulle is nie ook so besorgd oor die lot wat vigs en tb het nie!
Dis nie verpigtend nie maar jy mag nie die daai en die ander doen nie. Dink hulle nou ins is onnosel? My imuunstelsel werk al vir meer as 60 jaar baie, baie goed. Hie oud is die drek wat hulle in die mense spuit en vir hoe lank werk dit? Of gaan hulle elke 6 maande na ‘n jaar weer moet gaan? Wonder maar net oor sekeres se logika!

Lionel ·

@Anel – hoe wil jy die inenting met vigs en TB vergelyk. Daar is nie eers ‘n inenting teen Vigs beskikbaar nie! En ook net so bygesê: my liggaam werk ook al vir baie lank goed, maar glo my toe ek COVID gehad het my liggaam ongelooflik swaar getrek. So moenie oor iets praat as jy dit nog self nie gehad het nie!

Boksombende ·

Ek is nie teen inentings nie, maar wel teen gevorseerde inenting. Wat UK basies se is dat Universiteite besluite mag maak wat teen die grondwet gaan. Dit gaan nie lank wees voor die UK hof toe gesleep word nie.

Nie Verbaas ·

Kyk wat is besig om te gebeur met n bekende mediese fonds en n finansieële instansie wat werknemers wil forseer.

Lourens CFG ·

Ek het dit ook genoem, maar die prokureer se naam gesê, my kommentaar is toe “ge-moddereer”.

Rooikopheks ·

Ek stem vir die inenting en die dra van maskers, dis die logiese oplossing om inperking te te stop.

Hendrik Marthinus ·

Amen Desire
Die hele wereld bewys dit, deur inenting gaan Hulle aan soos amper normaal.
Net SA se slimkoppe wat moan oor menseregte

Hendrik Marthinus ·

Amen
100000% die regte besluit
As jy nie Wil inent nie, studeer deur die pos

Oom Kaspaas ·

Wel die president het gesê niemand gaan forseer word nie en almal se mense regte word nou geskend wat nie wil spuit nie, maar daai reg val dalk weg as dit oor meer as net die eie EK gaan. Ja die studente word dalk nie erg siek nie, maar die ouer mense wat hulle gaan aansteek gaan op ventilators of gaan dood, maar gelukkig weet ons almal ‘n student verlaat net sy koshuis kamer om klas toe te gaan. En wat die verplig aanbetref, die grondwet sê jou mense regte mag nie geskend word nie, maar die Mine Health en Safety Act se duidelik die WERKGEWER is verplig om ALMAL in sy diens of op sy perseel veilg te hou en deur hulle mense te verplig om te ent is ‘n manier om te werksplek te probeer beveilig. Die vraag is nou … Watter van die twee wette is dan nou die belangrikste of dra die meeste krag ??

piet ·

Jy word nie gedwing om in te ent nie, jy kan net nie daar studeer nie. As jou werk verlang dat jy ‘n toga moet dra, moet jy dit doen jy kan nie dan in ‘n t-shirt paradeer nie. Hou by die reels van die instansie of soek ‘n alternatief.

Jessey ·

Maklik om te se, bied dan die alternatief? Maar jy sien net een kant van die heining word dopgehou

piet ·

Dis nie my probleem nie, dis mos julle wat nie wil inpas nie. Maar laat ek maar vir julle klompie ook dink. Probeer afstandsonderrig of enige ander universiteit wat dom genoeg gaan wees om nie hul kampus na die beste van hul vermoe te beskerm nie.

Pieter ·

Wel, dis nie ons of enige iemand se verantwoordelikheid om vir jou n alternatief te soek vir die persoonlike keuse wat jy wil maak nie. Die alternatief hier is, gaan na n instansie wat nie die inenting versoek nie.

Lourens CFG ·

Eish, party mense vergelyk bokkoms, spinnekoppe en springkane met mekaar.
Werk nie só nie.

Grassie ·

Die personeel en studente kan nie verplig word om die inspuitings te neem nie maar dan moet hulle net van die kampus af wegbly. Die enigste manier om covid te oorwin is as die oorgrote meerderheid van die bevolking immuun is. Dit word kudde-immuniteit genoem en dit kan bereik word as omtrent almal ingeënt word. Die virus het die onwilliges nodig om te kan voortbestaan. Die beswaardes het seker nog nie, soos ek, getroue vriende en familielede weens covid verloor nie.

Anna-Marie ·

Let wel kudde immuniteit kan bereik word deur natuurlike immuniteit en volgens Discovery se beramings het 80% van Suid-Afrikaanse burgers reeds Covid gehad. Ek weet in my huis alleen is daar ten minste 9 mense wat heel waarskynlik covid gehad het, maar nie laat toets het nie, want dit was nie nodig nie. Statistieke van vorige nuwe virus pandemies dui op ‘n patroon van 2-3 jaar en dan word die virus endemies (meer aansteeklik, maar minder ernstig) en die pandemie is dan verby. Die eerste 2 jaar is gewoonlik die ergste. Ons is amper daar.

Grassie ·

Ekhoop jy is reg Annemarie. Al die mense wat na aan my was wat dood is was nie een ingeënt nie. Die van ons wat nog asemhaal is almal geënt.

Jan Seerot ·

Jy sal koop nie.
Jy sal nie verkoop nie.
Jy sal nie kan fliek, uiteet of na die teater toe gaan nie. Jy sal nie kan reis nie en ook nie swot nie. Nie op varsity of by ‘n skool ingeskryf kan word nie. Mediese behandeling vir ‘n ander siekte ontvang nie. Dan mag jy nie meer werk toe gaan nie.

Lionel ·

@Jan Seerot -hou net op met die conspiracy theories oor die merk van die dier! Mense is soos skape agter al die conspiracies aan. Asb lig my in waar ‘n inenting op die hand of voorkop ingespuit word !

Jan Seerot ·

Byt vas Lionel. Niemand sweer saam nie, en beslis nie ek nie. Dit is ongelukkig wat aan die gebeur is in Europa, Australasië en in die VSA en Kanada.
Heng man, dit is waarnemings. Moet nie een jou sekerings uitbrand nie.
Dat twee van die waarnemings in die Groot Boek geskryf is, is mos nie my doen en late nie. Ek het van geen merke gepraat nie. Daardie is jou dwaling.

MakersMark ·

En reg so ook. Daar is ‘n oplossing vir ‘n publieke gesondheids probleem gebruik dit. Of bly weg uit die publiek.

Toy ·

Niemand mag verplig of gedwing, gemanupuleer word om inge-ent te word nie. Elke mens het ‘n reg om nee te se.

piet ·

Heeltemal reg maar seer sekerlik kan ‘n instansie ook reels en vereistes daar stel wat hulle dink tot voordeel van die instansie sal wees.

Pieter ·

Jip. 100% Piet. Reg van toegang. Enige private instansie kan hulle eie termes en voorwaardes he.

Jessey ·

Optics of voordeel? Te veel argumente en te min vrae as jy my vra

Hendrik Marthinus ·

Niemand verplig jou om die inenting te vat nie, maar die instansies Kan Sy reels maak en as jy nie van die reels hou nie, gaan verby, dit het niks met jou mense regte uit te waai nie.
Net soos drank, motor lisensies, etc beperkings het mbt ouderdom etc Kan n kind wat wel kan motorbestuur op 16 nie nou se Sy mense regte word benadeel nie. Hy moet wag tot 18 en wetting n lisensies kry, selfde met drank.
So dieselfde met wat gaan gebeur in SA en wat al klaar gebeur in Ander lande.
Kyk rondom ons, Ander lande spuit in en Hulle Geniet Hulle lewe weer.
Ek se jou wat hier aangaan, as dit die DA regering was het almal ingeent, Dan sou ons niks hoor nie, maar omdat dit die ANC is is Al’s verkeerd.
Sekerlik nie so bad nie, want Hulle maak Baie foute en soos ons daagliks sien en lees is korrupsie aan die orde van die dag.
Maar Hulle beslis nie covid gebring nie, en die regering probeer almal inent, ons Kan nie dit voor Hulle deur sit nie

Anna-Marie ·

Jy onderskat die antivaxxers / pro-keuse mense se intelligensie. Ons glo daar is vele manier om ‘n probleem op te los en as een manier verhef word tot die enigste wonderwerk kuur staan ons hare regop. Dan gaan kyk ons na wêreldwye statistieke, waar lande met hoë inentingsyfers ook nou hoë nuwe gevalle syfers het, terwyl ‘n gebied in Indië met baie lae inentingsyfers maar hoë vroeë behandeling se syfers deurlopend laer per miljoen is. Daar is nog baie ander dinge waarna ons kyk. ????

piet ·

Wel Anna-Marie jy en ek kan redeneer soos ons wil, op die ou end gaan dit oor die besluit wat die instansie neem en jy moet daarby inval of alternatiewe reelings tref.

Lionel ·

@Anna-Marie – waarom gaan kyk jy na die gevalle statistiek in lande met hoë inenting %. Dit gaan nie eers daaroor nie! Gaan kyk maar na daai lande se hospitalisasies en jy sal sien (en hopelik besef): hoë inenting = lae hospitalisasie koerse!

Oom Kaspaas ·

Lionel – MET vol sport stadions – Rugby, Krieket en Sokker, sonder maskers en nogsteeds is hulle infeksies laer as SA s’n en minimale hospitalisasies

Anna-Marie ·

As hulle jou wil verplig om inentings te neem, moet hulle ook ‘n vorm teken wat sê dat sou jy na die ent siek word of doodgaan dat hulle genoegsame (vooraf uitgewerk en goedgekeur deur my) geld sal uitbetaal aan my / my naasbestaandes om op te maak vir die moontlikheid van inkomste verlies en kompensering vir my verlies aan gesondheid as gevolg van die ent. Hulle pluk vir hulle ‘n lat as dit by regsgedinge kom. Ek het al na ‘n paar regskenners geluister.

Francois Le Cochon ·

Daar is tans geen sprake van verpligte inenting nie.

Boon ·

UK volg die regte prosedures om tot so n stap oor te gaan. Die ant-vaksers sal baie goeie redes moet hê moet nie uitgesluit te word nie.

Danie ·

My lyf, my keuse. 100%. As jy dan nie wil ent nie is dit jou reg. Moet dan nie die plekke ondersteun wat dit hul beleid maak nie. Hoekom kwaad wees vir hulle. Hulle het die reg om n besluit te maak rakende die ente, net soos jy. Niemand dwing jou om die ent te vat nie en niemand dwing jou om daar te studeer nie.

MakersMark ·

Uitstekende nuus. Studente verkeer baie sosiaal dis deel van studente lewe. So geleentheid vir super verspreider byeenkomste is groot. So of studente word ingeënt en geniet ‘n normale studente lewe of weier inenting en leer aanlyn.

Heinrich ·

Ja dis baie belangrik…die beskermdes moet teen die onbeskermdes beskerm word deur die onbeskermdes te vorseer om die middel te neem wat nie die beskermdes kan beskerm nie. En dit terwyl daar soveel meer gevalle van reaksies teen die beskermende middel openbaar gemaak word. En ek dog universiteite het slim mense…

Erika ·

Dit is waar dit Begin.. Uitterste Minagting van jou Menslike regte ..Ons Almal weet waarheen dit oppad is.. …Dink Julle Regtig ” Niemand sal Gedwing word nie”….. Ken julle die Storie van die Padda-As jy die padda direk in Kookwater sit dan kom hy dit agter en spring uit.Maar as jy die padda in Lekker louwarm water insit dan gaan hy mos nie uitspring nie Dan draai jy die Water geleidelik al hoe warmer -En Hy gaan nie agterkom hy hy gaan doodgemaak word nie..God het Ons n Vrye Will gegee…

Francois Le Cochon ·

Erika, regte volgens ons grondwet is nie absoluut nie. Jy kan nie aanspraak maak op ‘n reg, indien hierdie reg ‘n risiko vir ander inhou nie. Keuse om ingeent te word of nie, is dus nie ‘n reg nie. Ek voorsien dat niemand gedwing sal word nie, maar hulle leefwyse gaan ingeperk word. Skole kan bv kinders weier, indien die hele gesin nie ingeent is nie. Heel grondwetlik.

Hardekwas ·

Daar bestaan nie iets soos menseregte nie. Dit is n liberalistiese dogma.

MakersMark ·

Dis juis die godgegewe wil wat met die godgegewe brein moet konnekteer om die regte besluit te neem…..

Pieter ·

So my vraag aan almal wat nie die inenting oor die algemeen wil vat nie, wat as daar n ander politieke party was wat gevra het om dit te doen? Sou julle dan dit oorweeg het? Was daar nie vroeer jare vir jou besluit oor jou liggaam en wat jy met dit wil doen nie? Was daar nie geforseerde inentings as kind nie? Was van ons ouers nie grens toe gepos as jy nie gaan studeer het nie? Die kans dat jy in een stuk terug kom kan ek jou belowe was minder as wat jy die Covid inenting kon kry. Ek stem ja, dinge was beter toe in baie opsigte, die punt wat ek wil maak is, sien jy dit uit n politiese oogpunt uit en dis hoekom jy so daaroor voel. ongelukkig in Covid se geval en die inentings wat saam dit gaan, niks met politiek te doen nie. Dit kies nie of jy links of regs is van die politiek nie.Soveel as wat my konserwatiewe standpunt vir my se, hoekom moet ons die inenting vertrou, moet n mens ook eerlik en objektief na die hele storie gaan kyk en bietjie beter gaan krap na feite.

Oom Kaspaas ·

Dis die waarheid ! As dit nie Cyril was wat dit gevra het nie sou baie mense anders gereageer het. Al wat ek weet ek wil my mense reg terug hê van ‘n toeskouer te kan wees terwyl my kinders aan sport deelneem

Pieter ·

Ek is eerlik, ek was teen die inenting en gedink Covid is n pot snert. Todat ek dit self gekry het, en van ongeveer die 15 mense na aan my dit ook gekry het, waarvan 3 dood is. So vir my persoonlik is die sterfte persentasie nie 0,1% wat volgens die globale getalle is nie, maar meer na 20% want dis hoe ek dit ervaar het. As n mens gaan navors oor hoekom die inenting so gou ontwikkel was, dis n nuwe manier om inentings te maak, wat die mRNA metode gebruik. Dieselfde metode wat hulle gebruik om nou vir Malaria n inenting te maak. Daar was ook n globale poging geloots met Covid, met feitlik eindlose hulpbronne en data. Verskillende lande kon dadelik met mekaar data deel want daar was 1000’de mense wat vrywilligers was om te kon toets op en wetenskaplikes het feitlik 24 uur n dag dit nagevors. Ek dink op die ou einde wil ons almal aangaan met ons lewe en ons wil geliefdes verloor a.g.v die virus nie.

Hardekwas ·

Ek kan nie verstaan waaroor kerm die mense so nie. As jy nie by UK studeer of werk nie, is jou kommentaar eintlik niksseggend en irelevant. Laat die besluite oor aan dié wat deur hierdie besluit geraak word.

Swerwer ·

Dit bly nog steeds elkeen se besluit. Die Universiteit moet nou maar bloot net geboikot word.

Oom Kaspaas ·

Jou regte mag nie geskend word nie, maar die Universiteit s’n kan jy skend … interresant !

MakersMark ·

Geen instansie wil variant produksielyne op hul eiendom hê nie.

Andre ·

Solank die UK se senaat daar is en tussen die studente dieselfde spuit ontvang, is dit doodreg.

Andries ·

Ek is 100% vir die inenting maar 20000% teen die feit dat mense dalk nou gedwing kan word om dit te kry. Hoop werklikwaar nie dit is ons voorland nie. Want dan kan hulle ons dwing om ander goed ook te neem. Jammer. My liggaam, my keuse.
Sodra die entstof vrylik beskikbaar is dan is dit ‘n “ENTER AT OWN RISK” situasie waar jy die gevolge van jou besluite moet neem. Watter besluit ookal die regte een was……

Andre ·

Eienaardig waarom my vrae oor die eise verwyder is. Follow the money seker.

Barney ·

Mens noem dit mediese apartheid. Mandela se nalatenskap is Apartheid 2.0.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.