UK skort klasse op; US het maatreëls getref

Foto: @Shereen_Thomas/Twitter

Foto: @Shereen_Thomas/Twitter

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Dinsdag akademiese bedrywighede opgeskort te midde van landwye betogings ná die minister van hoër onderwys se aankondiging oor studiegeld vir 2017.

Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het gesê akademiese bedrywighede is ook vir Woensdag opgeskort. “Die universiteit respekteer die regte van alle studente om aan vreedsame protesaksies deel te neem en handhaaf ook die regte van diegene wat nie wil deelneem nie.”

Kruger het gesê personeel is versoek om vir werk op te daag. Sy het gesê personeel kan met hul lynbestuurders kontak maak indien hulle voel hul veiligheid is in gedrang. Die Jamie-pendeldiens is intussen ook opgeskort terwyl die biblioteke, insluitend 24/7-studieareas, tot verdere kennisgewing gesluit is.

UK-studente het Dinsdag op die kampus betoog. Klasse is ontwrig en studente wat nie aan die protesaksies deelgeneem het nie, is glo uit lesingslokale gedwing.

Intussen is alle klasse en kliniese rotasies vir studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidwetenskappe op die Universiteit Stellenbosch (US) se Tygerberg-kampus Dinsdag opgeskort. Die universiteit het gesê geen studente sal gepenaliseer word nie en dat noodsaaklike dienste, toetse en eksamens sal voortgaan.

Klasse en toetse gaan voort soos normaal op die Stellenbosch-kampus en gebeurlikheidsmaatreëls is ingestel om studente se veiligheid te verseker indien protesaksies voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dissipline ·

Dis die wrang vrugte wat gepluk word wanneer kinders grootword sonder die korrekte dissipline wat sogenaamd inbreuk doen op hulle menswaardigheid. Gelukkig het ook ek met die korrekte lyfstraf grootgeword waarvoor ek net dankbaar kan wees. Dankie pa en dankie ma vir die reg buig van die jong boompie.
Ek sien ‘n donker toekoms met hierdie ongedissiplineerde studente en ‘n slapgat owerheid wat huiwer om betrokke te raak. Julle maai wat julle gesaai het.

NH ·

Hoekom sukkel met hulle. Sluit die universiteite. Laat hulle maar ongeletterd bly of aanlyn studeer. Hulle verdien nie die voorreg om te studeer nie. Jy werk vir wat jy wil he. Jy eis nie gedurig paselas nie.

Oosie ·

Dit is ‘n baie baie klein persentasie wat die massa totaal ontwrig en miljoene rande se skade aanrig. Hoe op aarde verstaan mens die swak optrede en bestuur teen hierdie landsverraaiers. Hulle hoort nie op kampusse nie. Van die getroue studente se hulle is uiters swak op akademiese vlak – hulle wil nie studeer nie, dis asof hulle geplant is om moeilikheid te veroorsaak.

PMB ·

En die mense…….. is ons toekomstige leiers, dokters, ingeneurs ens……… weet ons toekoms is donker!!!!! Ek kan nie hulle denkwyse verstaan nie? Waar is groot Bek Blade nou met al sy lee beloftes? Nou moet die varsities self opsnork nadat hulle stemme probeer wen het met hulle ” no fees campaign “? Hulle het geen benul wat “good governance ” beteken nie!

Veritas ·

Terwyl die spul wettelose niksnutte alles om hulle verwoes, sit die ‘baas van die plaas’ in die VSA. Die bekendmaking van die fooi-verhoging het heel toevallig gekom tydens sy edele se afwesigheid. ‘n Leier wat weghardloop wanneer dinge dreig om warm te word, is nie ‘n leier se stert nie. Sowat van lafhartigheid het ek nog nooit gesien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.