UK-student se liggaam vermoedelik gevind

Argieffoto: Ernesta Swanepoel/NSRI

Argieffoto: Ernesta Swanepoel/NSRI

ʼn Liggaam, vermoedelik dié van ʼn student van die Universiteit van Kaapstad wat Sondagaand in die see by Koffiebaai in die Oos-Kaap verdwyn het, is Vrydag opgemerk.

Lt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is opgemerk ongeveer 5 km van die plek waar die student glo geswem het. Die liggaam is omstreeks 14:30 opgemerk tydens ʼn soektog deur die polisie se soek-en-reddingspan en ʼn private helikopter.

Die 19-jarige Amerikaanse student het Sondagaand omstreeks 23:00 saam met vyf ander vriende gaan swem toe hy in die golwe verdwyn het. ʼn Ure lange soektog deur die SA Lugmag, die Nasionale Seereddingsinstituut, die polisie se duikeenheid en die Oos-Kaapse rampbestuureenheid was tevergeefs.

“’n Helikopter is na die toneel gestuur waar die liggaam vanmiddag [Vrydag] gesien is om te help om dit uit die water te haal. Die reddingspan sal ons deurentyd op hoogte hou van die verwikkelinge,” het Tonjeni gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gironki ·

Hoe word ‘n liggaam “vermoedelik” gevind? Dit word of gevind, of nie gevind nie.

Willem ·

Want hul het die lyk uit die chopper gesien, so vermoedelik is dit hy. Sal nie weet voor hy nie uit die see gehaal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.