UK-student val na sy dood

Die Liesbeeck Gardens-woonstelblok. Foto: Ian Barbour via Flickr

Die Liesbeeck Gardens-woonstelblok. Foto: Ian Barbour via Flickr

Die Universiteit Kaapstad (UK) het gesê die omstandighede rondom die valdood van ʼn student word nog ondersoek.

Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het Dinsdag gesê Mongameli Nicholas Zaza het Vrydagaand van ʼn balkon op die derde vloer van die Liesbeeck Gardens-woonstelblok waar hy gewoon het, geval.

Zaza was ʼn derdejaarstudent in sosiale wetenskappe. Volgens Kruger is hy na die Groote Schuur-hospitaal gehaas waar hy Sondag aan sy beserings beswyk het. Kruger het gesê geen gemene spel word vermoed nie.

“Dit is belangrik dat mense weet die oorsaak van Zaza se val is nog nie bepaal nie. Mense wat die voorval gesien het, het nie noodwendig al die betrokke feite nie,” het sy gesê.

Die UK het gratis berading aan studente en personeel wat deur die tragedie geraak is, aangebied. ʼn Gedenkdiens vir Zaza sal Sondag in Khayelitsha gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ben (:-) ·

Na 3 jaar val hy vanaf `n plek aar hy al 3 jaar woon – weet nie so mooi nie….

Louise ·

Maroela,
Hoeveel keer moet ek nog die menings peiling antwoord,
Elke keer as ek by n berig ingaan kan ek dit antwoord.
Dan is dit mos nie akuraat nie.
Hoekom moet ek dan kyk na die resultate.
Dis tog hoekom ek antwoord is om n akurate resultaat van meerderheid te kan kry.

Sune van Heerden ·

Dagsê Louise

Dankie vir jou navraag. Ons vra om verskoning dat ons nou eers reageer. Ons wou die tegniese span net eers die geleentheid bied om ondersoek in te stel.
Die peilings is só opgestel dat elke persoon net een keer per week kan stem. Die span probeer bevestig dat die reël toegepas word, selfs al kan jy weer stem, dat jou stem net een keer sal tel.

Dankie dat jy ons hierop gewys het.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Louise ·

Ek is ook mooi moeg om berigte te lees van rasisme.
Moeg dat koerante net sensasie soek en nie die belangrikheid van die saak in ag neem nie.
As daar berig word oor moorde hoekom word nie al die besonderhede bekend gemaak nie.
Ek praat nie van die hofsaak moet eers voorkom, familie moet in kennis gestel word, die identiteit van kinders moet beskerm word nie. Al is al hierdie goed in plek word als steeds nie genoem nie.
Net bloot jammer n mislukte roof dog en wanneer daar teen WIT gediskrimineer word, word daar nie oor als berig of wie en wat dit was nie. dit word toe gesmeer.
Sien die koerante OOIT die belangrikheid van Afrikaners wat afgemaai word en dit sluit sommer als in, TAAL en lewens en ALS vir NIKS nie.
Blood net omdat die vel kleur nie reg is nie.
Hoekom nie se wat aangaan met plaas moorde nie.
Ek moet eerder net daar ophou want als in die land is KORUP.
My kinders en ek wat SELF jonk is weet nie wat in die APPARTHEIDS jare gebeur het nie.
Ek was nie daar nie, Ek kan ongelukkig SOOS ek GLO al ons jong mense nie veel oor kan se nie.
Want dis maklik om te praat en stories te vertel. Maar hoekom moet ek en my kinders LY onder iets waarvaan ons nie bewus is nie.

Louise ·

My kommentaar kan verwyder word.
Maar FEITE kan nie weg gesteek word nie.

Louise ·

Ek het ook sommer klaar die koerant gelees en wat maak dit saak dis mos net een leeser.
Gaan nie oor wat dit saak maak nie. Tenminste voel ek beter om nie nonsense te lees nie.
Dis inelkgeval n mors van tyd en nie akuraat nie.

DPJ ·

Was dit’n wit student was, was die saak tot die been oop gesny en baie bespigelings was op die openbare media .
So wees verseker dit is nie ‘n wit student nie.
Mense van RSA draai asb terug na God drie enig en let op wat gebeur in ons mooi land dat ons Here Jesus uit vlle bors kan Loof en Prys!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.