UK-student val na sy dood

Die Liesbeeck Gardens-woonstelblok. Foto: Ian Barbour via Flickr

Die Liesbeeck Gardens-woonstelblok. Foto: Ian Barbour via Flickr

Die Universiteit Kaapstad (UK) het gesê die omstandighede rondom die valdood van ʼn student word nog ondersoek.

Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het Dinsdag gesê Mongameli Nicholas Zaza het Vrydagaand van ʼn balkon op die derde vloer van die Liesbeeck Gardens-woonstelblok waar hy gewoon het, geval.

Zaza was ʼn derdejaarstudent in sosiale wetenskappe. Volgens Kruger is hy na die Groote Schuur-hospitaal gehaas waar hy Sondag aan sy beserings beswyk het. Kruger het gesê geen gemene spel word vermoed nie.

“Dit is belangrik dat mense weet die oorsaak van Zaza se val is nog nie bepaal nie. Mense wat die voorval gesien het, het nie noodwendig al die betrokke feite nie,” het sy gesê.

Die UK het gratis berading aan studente en personeel wat deur die tragedie geraak is, aangebied. ʼn Gedenkdiens vir Zaza sal Sondag in Khayelitsha gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Antoinette

Dit lyk of die duiwel los gelaat is by UK!!

Ben (:-)

Na 3 jaar val hy vanaf `n plek aar hy al 3 jaar woon – weet nie so mooi nie….

Louise

Maroela,
Hoeveel keer moet ek nog die menings peiling antwoord,
Elke keer as ek by n berig ingaan kan ek dit antwoord.
Dan is dit mos nie akuraat nie.
Hoekom moet ek dan kyk na die resultate.
Dis tog hoekom ek antwoord is om n akurate resultaat van meerderheid te kan kry.

Louise

Ek is ook mooi moeg om berigte te lees van rasisme. Moeg dat koerante net sensasie soek en nie die belangrikheid van die saak in ag neem nie. As daar berig word oor moorde hoekom word nie al die besonderhede bekend gemaak nie. Ek praat nie van die hofsaak moet eers voorkom, familie moet in kennis gestel word, die identiteit van kinders moet beskerm word nie. Al is al hierdie goed in plek word als steeds nie genoem nie. Net bloot jammer n mislukte roof dog en wanneer daar teen WIT gediskrimineer word, word daar nie oor als berig of… Lees meer »

Louise

My kommentaar kan verwyder word.
Maar FEITE kan nie weg gesteek word nie.