UK-studente beset steeds Bremner-gebou

Betogers buite die Bremner-gebou by die Universiteit van Kaapstad Foto: Carla Bernardo, African News Agency

Betogers buite die Bremner-gebou by die Universiteit van Kaapstad Foto: Carla Bernardo, African News Agency

Studentebetogers het Vrydag gesê hulle sal steeds die Bremner-gebou bly beset, ondanks ʼn bevel van die Universiteit van Kaapstad (UK) se bestuur dat hulle dit moet ontruim.

“Ons sal in Azana House [Bremner] bly totdat bestuur aan elkeen van ons eise voldoen het,” het die Rhodes Must Fall-beweging gesê.

Dr. Max Price, visekanselier en rektor van die UK, het Vrydag gesê die oorblywende groep studente moet die Bremner om 14:00 verlaat, maar die studente het dié spertyd geïgnoreer.

Price het gesê die universiteit, die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) en die beweging het ʼn ooreenkoms bereik dat die gebou ontruim sal word sodra die Cecil John Rhodes-standbeeld verwyder is. Die standbeeld is Donderdag verwyder en die VSR, volgens Price, het by die ooreenkoms gehou, maar nie die beweging nie. Teen 16:00 was die studente steeds in die Bremner.

Pat Lucas, woordvoerder van die UK, het gesê die universiteit sal nie enige verklarings uitreik sonder Price se kennisgewing nie.

Die beweging het gesê hulle het nie ingestem om die gebou te verlaat nadat die standbeeld verwyder is nie. Hulle het glo hul eise aan die UK voorgehou voordat hulle die gebou sal ontruim. Dié eise sluit in dat die beweging ʼn plek sal hê om met hul bedrywighede voort te gaan; skriftelike bevestiging dat geen tugstappe teen betogende studente gedoen sal word nie; en dat die universiteit nie spanning op enige studente sal plaas nie. “Ons is al van dag een af ʼn nie-gewelddadige beweging, maar ons word met aggressie beheer. Ons het bewyse dat die universiteit polisielede ontplooi het en dat betogers deur kampusbeheer aangerand is,” het die beweging aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Panana ·

Die universiteit sal nou moet optree, hulle moes nooit ingegee het aan die versoek om die standbeeld te verwyder nie, die monster gaan net groter raak hoe meer mag hulle kry, die vise kanselier pos is seker volgende…. Hopelik sal die eksaminatore streng merk

Benito Odendal ·

These students are mobsters and spoiled brats who have no interest in academics or to improve themselves to become useful citizens …NO respect for themselves or authority ….they’ve tested the boundaries and the university, like bad parents with no interest in their children’s well being ,gave them a sweet…. and soon they will demand more and more…Put them in their place,check their academic performances and determine whether they really deserve the chance they got to better themselves,read them the riot act,let them reap the consequences of their childish actions …Show them the real world and how privileged they were to have had the opportunity sooooooo many are praying and only dreaming of……..expel the culprits , put the damn useless statue back in it’s place and carry on studying for that is the REAL REASON and purpose for your keep at a tertiary institution…..Show some flippen backbone,indicate the the boundaries clearly and earn damn respect for a change….UCT has a proud history of striving for excellence…..delinquents have no right to call the shots and admin no right to tarnish the proud achievements and traditions of this great institution of learning !!!

JoeV ·

@Benito Odendal – no, they are placed for political reasons, and you are going to fold under it. If you don’t, you are racist. Say goodbye to the fairest cape, Fidel Castro has more rights in your city now than you will ever have!

Genie ·

Well said Benito.

UCT must act very strongly now – the reputational damage to UCT is already massive! Would you employ someone from UCT if this is what is going on there?

JoeV ·

Lekke Kaapstad!! toe julle weer sien is hull op julle stoep!!!

CHRISTA ·

Hulle moet besluit of hulle daar is om te studeer of nie. As hulle nie wil studeer nie, moet hulle plek maak vir studente wat WIL studeer. As hulle meer in politiek belangstel, vat die pad en begin vir julle ‘n politieke loopbaan!!! Kyk na Zuma, hy het nie eers hoërskool klaargemaak nie en hy bestuur die land!!!!

Frans-Petrus Zeelie ·

My liefste betogende UK studente,

Jy is verdomp daar om te studeer! Jou studies het net mooi nokkol met politieke bewegings en standbeeldtjies uit te waai. Jy is daar want jy WIL struggle nie omdat jy werklik struggle nie. Jy wil soos jou ma en pa eendag kan sê “ek het geveg vir ‘n standbeeld se verwydering” maar jou kinders het nie kos op die tafel. As ek protes op skool aangeteken het sonder toestemming oor iets het hulle my lankal van die skool af gejaag.

Iemand wat so ‘n wonderlike kans om te studeer homself vir sulke snert wil bond staan verdien nie om te swot! Wat wil jy by die universiteit transformeer? 1 + 1 bly 2. Dit verskil nie in jou of ander se kultuur nie…

Klink meer of hulle wil deel wees van ‘n groep beweging. Daai groepie-groepie gevoel.

Ek dink ons kort net een groot maatskappy wat sê hul herken nie meer UK kwalifikasies nie (want wie wil nou ‘n vandaal, of onwettige staker of poo gooier aanstel?) dan sal jy vinnig sien hoe tree die universiteit op.
Die uwe,

‘n Student van Pretoria

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.