Price het gesê die #FeesMustFall-beweging is ʼn nasionale kwessie en gaan nie oor individuele universiteit nie. “Dit gaan oor die hoeveelheid geld wat die regering aan hoër onderwys- studente toeken en dat dit afneem,” het hy gesê.
“Ek wil dit duidelik maak dat die universiteit die #FeesMustFall-beweging steun. Indien ons kon sou ons saam met hulle betoog het. Dit is hoekom ons gister die universiteit gesluit het, om studente en werkers die geleentheid te gee om deel te neem aan ʼn nasionale dag van aksie.”
Price se seun, Ilan, is een van die studente wat Woensdag by die parlement in hegtenis geneem is. “Ek wil ook sê dat ek trots is op my seun.” Price het ook die universiteit se besluit om ʼn interdik teen die betogende studente te kry verdedig.
Die universiteit sal Vrydag steeds gesluit wees en eksamens is intussen uitgestel.
© RDM News Wire
Nogal ‘n slim kalant. Gebruik sy seun om die ANC tussen die bene te skop. En die ANC studente massas het dit seker nie verwag. Hul staak nou teen hul eie verkose regering. Hul het seker gedink dat op die manier die BBBBEEEEE kandidate verniet sou kon studeer en dat ons wetgehoorsames maar die rekening moet betaal. Presies soos wat dit tans in Soweto gebeur waar die wetgehoorsame blanke gebiede die munisipaliteite aan die gang hou met belastings sodat die Soweto inwoners verniet dienste mag gebruik.
Ek dink die gort is nou gaar. Die sirkus kan nou in volle swang kom met studente wat die sogenaamde regering oorgeneem het. Dink Jakop se dae is getel.
Hierdie studente kom vra maar net wat die ANC hulle met die stemmery in 1995 belowe het free schools free university for all. Hulle is al 21jaar aan bewind en kon dit nog nie doen nie. Laat hulle maar Zuma se komministiese vriende wat hy om homself gepak het, gas gee.
Sou dit gratis gemaak word sal dit nogal ‘n baken wees vir ‘n gesin met 10 kinders. As elkeen ‘n 4-jaar kursus volg beteken dit 40 sorgvrye jare vir so ‘n gesin, en ons weet tog waar sal die subsidie vandaan moet kom. Ironies dat gratis skole (met bepaalde standaarde) nie aftrek kry nie maar wel die skole waar betaal moet word omdat daar ‘n ander standaard is juis a.g.v. skoolgelde wat gevorder word ( bv sportgeriewe, rekenaars, buite muurse aktiwiteite, ens.ens.) Sal persoonlik graag in die toekoms vir die goedkoopste model voertuig wil betaal maar aandring op die luukste model. Alles is darem nog nie verlore nie en by die Puk kampus verloop alles normaal. – Dis nou buiten die klompie wat oom Totius wou boelie die ander dag.
nou toe ne!!
nogal visekansellier.
Geagte meneer Price
Ek hoop jy en die werkgewer besef dat jou seun eendag in die werkersmag sal moet intree en ek wil hom beslis nie in my maatskappy as ‘n werknemer hê nie want sodra hy ongelukkig is oor iets in die entiteit gaan hy ook staak. Hy pas is die staatsdiens maar nie in die privaat sektor nie. Ek sal persoonlik eerder buitelanders aanstel as van die stakende klomp studente.
Hierdie Regering het groot probleme. Zuma moet vandag mooi dink voor hy praat. Hy moet glad nie van Nkandla en sy R400 miljoen – 747-8 Boing wat hy onlangs ontvang het vergeet nie.
Mr Price ,jou waardes en die van jou kinders is “op uitverkoping”, “Jy kry afslag vir dit waarvoor jy staan” Goedkoop-karaktertrek!
Baie skerp neelsie!! Tipies Mr Price!