UKKSA sê oor sepie-rasgeweld wat skok

Sechaba Moloi-Matabane vertolk deur Motlatse Mafatshe (Foto: Facebook)

Die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) het Woensdag ten gunste van die gewilde SABC 3-sepie Isidingo beslis nadat talle kykers dié sepie weens ʼn omstrede toneel van rasgeweld verkla het.

Aanhangers is hewig ontsteld nadat dié sepie vroeër in Mei ʼn episode uitgesaai het waarin twee wit Afrikaanse mans ʼn swart man aanval en lewend begrawe.

In die episode wat op 26 April uitgesaai is, het dié twee mans die karakter Sechaba Moloi-Matabane ʼn “bobbejaan” genoem nadat hy hul eiendom betree het. Sechaba, gespeel deur Motlatse Mafatshe, se karakter besoek sy pa se graf voor hy deur die wit mans op hul eiendom betrap word. Hulle noem hom dan ʼn “bobbejaan”, slaan hom en begrawe hom lewend.

Maroela Media het vroeër berig duisende aanhangers het hul stem by dié debat oor rassisme op Facebook gevoeg, en ʼn petisie is onder meer begin om Isidingo te beboet vir dié uitbeelding van rassisme.

UKKSA het egter Woensdag in ʼn verklaring gesê die liggaam het die betrokke episodes hersien en bevind dat die openbare uitsaaier nie in stryd is met klousule 4 (1) of (2) of enige ander klousule van die UKKSA-gedragskode nie.

Die mans wat Sechaba Moloi-Matabane aangeval en begrawe het (Foto: Facebook)

Sumaya Petersen Mogola, woordvoerder van die sepie, het vroeër aan Maroela Media gesê dit was vir die skrywers van belang om “belangrike kwessies waarmee ons daagliks in Suid-Afrika te doen het” aan te pak.

“Dit is iets waaroor ons moet praat, omdat ons rassisme elke dag in die gesig staar,” verduidelik Petersen Mogola. “Dit maak nie saak of jy wit of swart is nie, almal word steeds deur rassisme geraak en dit help nie ons skram weg van die kwessie nie.”

“In die verlede kon ons al suksesvol daarin slaag om ander kwessies te takel soos verkragting en geweld, maar dit was dié keer belangrik om rassisme ook te bespreek – en om ʼn storielyn te skryf soortgelyk aan ʼn voorval wat al in Suid-Afrika plaasgevind het.”

Petersen Mogola verwys na Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk en hom lewend wou begrawe. Die twee mans is aanvanklik van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla en sal van 26 tot 29 Junie verhoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

stres ·

plaasmoorde, huisrowe, moorde daagliks op kinders in kaapse vlakte. nee wat!! dis maar niks. net genoeg om mens te laat stres en wat is dit nou. nee wat.

EQV ·

Ek wil al KOTS as ek die snet lees,nou probeer die UKKSA die goed praat,maar toe asb,wys op n ‘sepie’ die moorde op boere,verkragting van boere vrouens,moorde op kinders van boere,met al die geweld en genot wat die ‘die goed’ kry deur onskuldige mense dood te maak,,sal graag wil sien hoe die UKKSA dit goed praat soos in die berig hierbo,hulle hamer die heeltyd op rasisme ens,,maar gaan vee eers voor jou eie deur voor julle sulke snert kwyt raak!,die land en regering het dubbele standarde deur en deur,,’hulle’ mag mos nie as rasisme geklasifieer word nie,,net ons blankes is mos die rasisme!,noem my sommer kotsend Venter vandag!

marous ·

Hulle sal dit nooit uitsaai nie. Vervaardig ‘n vol lengte dokumentere film oor witmense wat daagliks aangeval en vermoor word , en stuur dit die wereld vol. Maak ook ‘n dokumenter oor die vernietiging van die ekonomie en die verval van die land vanaf 94 tot nou. Hang elke naam aan die groot klok en stuur dit die wereld uit. Die boodskap behoort hard en duidelik deur te gaan dat daar nooit intensie was vir die sogenaamde reenboognasie nie . Vra die vraag reguit wat die wereld se ikoon R N Madela sou se as hy kon praat…..

Pieterlewismuts ·

Afriforum het reeds n vollengte video vervaardiger en wereldwyd beskikbaar gestel.
Bekom gerus n kopie van die video “Tainted Heroes” vanaf Afriforum of dalk van n ondersteuner van Afriforum wat wel n kopie het.
EQV, vir jou gesondheid moet jy dalk nie eet voordat jy die video kyk. Dit is absoluut skokkend.

Leeutjie ·

Dan is ons 2 kotses vandag Venter….. Ek voel dieselfde!!!

Will i am ·

Ja laat hulle ń plaasmoord inskryf. Dit is ook dinge wat daagliks gebeur

Griki ·

Plaasmoorde en -aanrandings en swart op wit geweld en moord gebeur duisend kere meer as andersom. Swart op swart moord en aanrandings ook.

Marinda ·

Tainted Heroes is nog nie op Nasionale TV uitgesaai nie? Of het ek dit dalk gemis? Indien nie, hoekom nie? Ek dink dit sal regtig die waarheid verkondig. 7de Laan moet iéts doen om kykers te lok. Ek het al jare gelede besef hoé kommin die storie is en dit nie meer gekyk nie.

sis duda ·

great stuff. met ander woorde die skrywer was swart wat ook maar wys hoe hy /sy aan hulle eie mense dink. willem oostehuizen en theo martins jackson ek bid vir julle. in hierdie stukkende land van ons is daar geen geregtigheid vir n wit mens nie.

TM ·

Hulle praat van ‘N voorval wat hierdie storielyn regverdig. Wat van die TALLE gevalle waar boere mishandel en vermoor word? En dan sê hulle dit is waarmee ons daagliks te doen het. Nonsens man, boere word amper elke dag vermoor. En dan verwag die SABC ek moet lisensiegeld betaal om hierdie bog op die tv te kry.

Piet Pompies ·

Die SAUK is die propaganda masjien van die ANC en uitsendings word gebruik om die regerende party goed te laat lyk. Dit is goedkoop en bereik miljoen kykers.
As mens kyk na die algemene toestand van die SAUK is dit ook te verstane dat hierdie soort gebeurtenis uitgesaai word. Die plek vrot!

Moeg ·

Ek het een jaar en drie maande terug 4 mense aan n plaas moord afgestaan jongste 9 jaar oud ons kon hul nie eers gaan uitken nie moes fotos vir ondersoek beamtes gee .
Nou wie gaan plaas moorde aanspreek Mnr die woordvoerder

al ·

Ons moet nie ons stem verloor nie, al staan ons teen ñ muur. Stukkie vir stukkie sal ons daardie muur afbreek. Dis ñ skreiende skande dat hoofstroom media die moorde verdoesel deur nie daaroor te berig nie.

Bollie ·

Ek glo nie ons in net teen ‘n Muur nie. Om teen als te veg is soos poep teen donderweer.

Lollie ·

Hulle sal niks daaraan doen nie want dit pas hulle perfek! Dit veroorsaak net meer rasse haat. Dit is een bose kringloop! Hoekom gebruik hulle nie die tv om te wys dat wit en swart kan saam lewe nie? (Asof dit ooit sal gebeur soos dit nou gaan!!!!) Hulle kan ń verskil maak maar hulle wil dit in hulle guns laat tel! Waarom tree ons blankes nie weer op soos met Spur nie? Iewers MOET iemand na ons luister!

Anoniem ·

Eensydige kwessies om sielkundig die massas se haat van vooraf op te sweep! Plaasmoorde? Nie n belangrike kwessie nie? Kinder verkragtings? Nie n belangrike kwessie nie? Kindermoorde?
Nie ‘n belangrike kwessie nie? Rassisme neem voorkeur??????? SELEKTIEWE uitbeelding van SELEKTIEWE kwessies om SELEKTIEWE denke te beïnvloed! Suid-Afrika se verpersoonliking van die MK Ultra projek! “Brainwashing”!

Ironies ·

Ironies dat die blanke altyd uitgekryt word as die rassis. Hoeveel mense is vermoor agv rassisme en hoeveel agv plaasmoorde. As die skrywers voel hulle moet belangrike sake aanspreek waarmee ons daagliks te doen het in Suid-Afrika gaan hulle seker binnekort vir ons ‘n plaas aanval ook in een van die episodes insluit want “dit is iets waaroor ons moet praat en elke dag in die gesig staar”.

Wessel ·

Wat akteurs ook nie als sal doen vir geld of blootstelling nie!! Hulle kon geweier het om deel te wees van die toneel. Dink voor jy doen

Kirsten ·

Dom akteurs wat instem om sulke rolle te vertolk. Julle doen NIKS om rassisme te beveg nie. ‘N Sepie word deur mense van alle ouderdommr gekyk… nou moet SA kinders sien hoe die “wit mans” op die tv die “swart man” probeer vermoor. Dit kweek rasisme. Ons allerdaagse Suid Afrikaners moet DINK voordat ons doen.

Annette Stander ·

Beeld net die ander wrede kant van rassisme ook uit. Wrede plaasmoorde en verkragting van bejaarde wit vrouens!!!

Pieterlewismuts ·

Nou is ook die UKKSA onder verdenking soos enige ander ANC beheer de instelling.
Hierdie “haatspraak” gaan by die Mense Regte Kommitee (MRK) aanhangig gemaak word.
Tonele soos uitgebeeld is HOOGS UITSONDERLIK indien dit OOIT gebeur

Willie ·

Plaasmoorde haal nie eers die nuus (of Isidingo !!! ) nie, maar net ‘n skewe opmerking deur ‘n blanke persoon tel meer punte as MOORD! …… en dit word dadelik uitgesaai. Tipies wat mens kan verwag van ‘n SABC wat bestuur word deur ‘n hoog heilige ANC wie se leiers HARD werk om die land op sy knieë te dwing!

(Jammer tannie Helen Z dat jou EIE mense jou kruisig oor jy die waarheid praat. Dit bevestig net dat my besluit korrek was om die laaste aantal verkiesings nie vir DAARDIE party te gestem het nie!)

VanAfrika ·

Sewende Laan gaan dieselfde roete. Gisteraand se episode het gewys dat Chris Welman iemand dood geskiet het en dit op sy goeie vriend Jacob wat n swartman is vir die moord beskuldig en dat Jacob tronk toe is en die doodstraf gekry het. Jacob wys duidelik sy jarelange haat vir sy eertydse beste vriend. Sal so iets nie ook nog meer haat teenoor ons bring nie?

JD ·

Ons het 7de Laan verander na “Mitchels Plain”. Net ‘n klomp stert. Kyk nie na sulke gemors nie.

Snuffels ·

Verskoon my UKKSA, vra net hoekom baseer julle ook nie ‘n episode op die verkragtig en moor van wit en jongmeisies nie. Gaan lees maar net vorige week se koerante van verlede week se kaping van die blou Golf en die jong wit student wat verkrag is deur meer as een person en daarna wreed vermoor is. Die vinger wys maar net altyd na die een kant, so as julle regverdig en eerlik wil wees met julleself, wys altwee kante, NIE NET JULLE OPINIE WAT TEL NIE.

Vic Stanley ·

Ek stel voor ons maak ‘n klagte aanhange teen die UKKSA by die MRK vir rassisme en aansporing van rassegeweld. Laat die UKKSA bietjie ondet eed daar gaan rondtrippel.

al ·

Dit sal nogal interessant wees, aangesien die MRK ook maar tandeloos optree.
Dalk moet ons ook aanmekaar apélleer soos die regering vir ons ñ mooi voorbeeld stel.

koos1 ·

al jy kyk nie, maar 40 miljoen ander mense kyk dit wel. Dit is juis waar die punt lê. Mense is geneig om sepies te glo en nie die waarheid nie.

Domvraag ·

Dis al jare dat mense wreed op plase vermoor word en nog nooit het ek dit in n sepie gesien nie, want dis nie belangrik vir die sepievervaardigers om dit in die storie lyn te skryf nie, maar een insident oor die doodskis want dis wit op swart word die wêreld ingestuur. RSG het byv die hele dag net oor die insident gepraat terwyl meer as duisend wat wreed vermoor en verkrag is geen dekking gekry en kry nie.
Ek dink niks van hierdie akteurs wat hul morele waardes verkrag om so n rol te speel asook dat ek adverteerders van produkte in die sepie tydgleuf se produkte nie sal koop nie. Ons kan ook so n boodskap uitstuur as ons net kan leer om saam te staan

Charlotta ·

Die skrywer van Isidingo probeer rassehaat aanblaas, want hoekom bring hulle dit in, juis in hierdie tyd.

donker duiwel ·

Dit is deel van hulle plan om ons na boosaards te laat lyk en daarmee ons volksmoord te regverdig. Hulle sien ons al lankal nie meer as mense nie. Dink nie hulle het ooit nie.

LB ·

Gisteraand se storielyn op 7de laan was ook weer waar die wreedheid van apartheid opgediep word en die verskriklike onreg wat ‘n swartman aangedoen is deur sy ” beste vriend / bloed broer” wat hom die skuld laat dra het vir sy misdaad en bereid was om hom die doodstraf te laat kry namens homself. Dit is die tipe storie wat meer en meer haat laat aanblaas en groot skade veroorsaak aan ‘n vuisvoos gemeenskap. Hoekom nie liewer die goeie uitlig wat daardie tyd ook wel gebeur het nie en ‘n mate van vrede en balans stig as al hierdie haat aanblasers wat hul poste verseker by die SABC deur sulke snert te skryf en die massas nog kwater te maak?

Dissie ·

Mmmm…so hier is die oplossing!!! Weier om jou TV lisensie te betaal (ek moet bieg – ek het myne onlangs betaal), delete daai app van die nuus stasie wat nie berig oor die plaas moorde nie. Kanselleer daardie subskripsie van die koerant wat nie die waarheid vertel nie. Ondersteun die media soos maroelamedia wat wel berig oor die sake wat saakmaak. As ons so moeg is vir die ouens wat so die waarheid verbloem, hoekom ondersteun ons hulle dan? Hoekom betaal ons belasting uit aan ‘n staat wat net die geld mors? Dit is ONS wat hulle skelmstreke bevonds! DRAAI DIE KRANE TOE!!! Dit begin met jou!

Hennie ·

Dissie, Ek stem saam met jou! Kom ons almal begin daardie organisasies boikot. Ons moet ‘n lys van hulle saamstel wat geboikot moet word en dit versprei. Kom ons Afrikaners begin ‘n verskil maak.

pieter ·

N OU OMIE NAMENS HERTZOG HET TOE TV BEGIN HET GESE MOET DIT NIE IN JOU HUIS TOELAAT NIE,MAAR HET ONS GESE HY PRAAT SNERT. WAT NOU.

Ander Annie ·

Ek stem, dit is on van naar te word. Dit is net om meer rasse haat aan te wakker. Moord op boere en hulle families is grotendeels rasse haat. Nee wat, ek kyk laaaaankal nie meer Isidingo now.

Jean ·

Jaaaaaaaaa nooit in stryd met die klousule as jy die WIT man se naam krater maak en die WIT man van rassisme kan beskuldig nie, NET as jy ‘n swart man uitbeeld as rassisties of as ‘n krimineel wat iemand aanval. As die Wit ou ‘n krimineel is word GEEN klousule oortree en GEEN wet nie, neewat ons het die uitslag verwag. Nou moet die blankes asb net ruggraat groei en OPHOU om die snert te kyk. Hoekom word plaasmoorde nie uitgebeeld in sepies nie, maar net ‘n wit op swart rasissieste aanval? Hoekom word net wit rassisme aangespreek en nie swart rassisme nie? Skandelik?

Pieter ·

Die UKKS het n president geskep met die bevinding, dit laat nou die deur oop dat ek my eie tuis “movie” kan gaan maak, waar ek my tuinjong onder my wendy huis gaan begrawe.

Marlene ·

Dinge wat elke dag gebeur se hulle, ja elke dag word mense vermoor, swart op wit, swart op swart, kinders en vrouens word wreed verkrag en vermoor om dan soos n stuk vullis weggegooi te word, n voorbeeld is kastig die kis storie, ten minste kon die man lewendig en met geen skrapie aan hom sy storie vertel, wat die vermoordes nie gegun word nie

Afrikaanse Knaap ·

Ek sal my linker pinkie wed dat daar nie een Afrikaner man op daai paneel wat besluit het insit nie.

fred ·

Weereens – wit rasisme is allerdaags en moet die nuus haal, maar swart rasisme is nie nuuswaardig nie

Chris ·

Ons as blankes kan ons stemme weg skree, petisies optrek, optogte hou, boikotte instel en wie weet wat nog doen. Hoe gouer daar eenparigheid onder die blankes kom hoe beter. Die Afrikaner, blanke het nog nie swaar gekry nie. Swaar kry beteken nie dat die buitelandse beheerde bank jou oortrokke rekening wil vergroot nie, die huishulp nou meer geld wil hê, of sus of boet ‘n duurder selfoon vra nie. Die staatsbeheerde Uitsaaikorporasie gebruik die medium om beinvloeding op die half en ongeskoolde meerderheid toe te pas. Die gepeupel sien hoe mense leef en assosieer hulle met dit. Die misdade wat gepleeg word op TV word in baie gevalle nie opgelos nie. Ek kyk nie na die program nie, maar kan my indink wat se impak dit op die persone het wat wel daarna kyk. Die blanke in die geval is die skurk en die anderskleurige die slagoffer. Ek is bevrees dit is nog het einde niet. Soos die Duitse Volk aan die Joodse “massamoord ” knaend herinner word, sal die Blanke in die land verguis/blameer en vervloek word tot in lengte van dae.

alida ·

Kyk lankal nie meer die gemors op SABC 2 nie. Gelukkig kan ek nog DSTV bekostig.

Dissie ·

Alida, ongelukkig bevonds jy daardie program deur jou tv lisensie te betaal, deur DSTV te hê… Kry netflix!

Charles Skeen ·

Wat net vir my wonderlik is, is dat daar ‘n dei facto hofsaak aan die gang is en nou kom hierdie TV mense en loop die storie vooruit met ‘n sg fiksie program daaroor? waar is die hof se krag dan?

JD ·

Dis net met jou rug teen die muur nie. Dit is soos poep teen donderweer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.