UKZN-betogings: Voertuie, gebou verwoes

Die voertuie nadat dit aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Die voertuie nadat dit aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Ses voertuie en ʼn gebou op die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Westville-kampus is heeltemal verwoes nadat dit tydens studentebetogings aan die brand gesteek is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die voertuie en die universiteit se senaatkamer-gebou aan die brand gesteek is toe ʼn groep van ongeveer 200 studente Maandagaand betoog het.

“Hulle het ses voertuie op die kampus gebrand, die polisie met klippe bestook, die Sentrumbestuurkantoor beskadig en ʼn pad afgesper,” het Zwane gesê. “Sake van openbare geweld en brandstigting word deur die Westville-polisiestasie ondersoek.”

Die voertuie nadat dit aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Die voertuie nadat dit aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Die universiteit wou nie Dinsdag onmiddellik kommentaar lewer nie en daar word verneem dat die UKZN-bestuur in ʼn vergadering is om die voortslepende betogings by die instansie te bespreek. Bronne op die kampus het egter beweer dat drie van die voertuie aan die universiteit behoort het, terwyl die ander veiligheidsmaatskappye se voertuie was.

Die voertuie is reg buite die universiteit se Risikobestuursentrum, wat die instansie se sekuriteit bestuur, aan die brand gesteek.

Maandagaand het betogings ook voortgewoed op die universiteit se Pietermaritzburg-kampus, sowel as die Howard Kollege-kampus. Vroeër die dag is 13 studente in hegtenis geneem.

Die studente betoog teen moontlike fooiverhogings en onvoldoende verblyf op die kampusse. Dit is nie duidelik of lesings voortgaan te midde van die betogings nie.

Lesiba Seshoka, woordvoerder van die universiteit, het Maandagoggend in ʼn verklaring gesê UKZN het ʼn hooggeregshofinterdik bekom wat onwettige protesaksie, betogings, massa-aksie, intimidasie of enige geweld teenoor mense of eiendom op die universiteit se kampusse en by die ingange van die kampusse verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ruiklont ·

Daar moes tog kameras gewees het, sluit hulle toe vir baie lank, almal wat daartoe bygedra het.

Gideon ·

En dit is die room van samelewing wat gaan studeer?? Wat kan ons dan van die res sê!

Scalla ·

Nou wat het die voertuie en gebou daarmee te doen en dit is kastige leiers van die toekoms, bring terug die sambok vir skare beheer.

tw ·

A nee a, sluit alle universiteite, laat die wat werklik wil studeer gaan werk en buitemuurs studies voort sit. Die wat dan regtig wil voor uitgaan in die lewe sal n groot sukses daarvan maak. Besef hierdie jonges wat n voorreg dit werklik is om te kan studeer?

Piet ·

As studente self besluit hoe mens ‘n instansie moet bestuur kom die geweld byna van self, want geweld word gebruik om jou sin te kry. So begin dit eers by universiteite en nou het ons gesien dat dit ook wil begin posvat by skole. Mense soos, Sus en baie ander geniet hierdie libirale uitkyk op die lewe, want reels is mos daar om gebreek te word. As n beheerliggaam vind dat n student nie die regte kleredrag het nie, of haar hare staan soos die van n hanswors, moet hulle teen ‘n student kan optree. Dit help mos nie mens tjank as hulle die skole afbrand nie (as jy teen reels gekant is), want onthou, almal se waardes is anders. As elke student eers sy sin moet kry voor hulle kan begin leer sal hulle nooit begin nie.

Gerd Lourens ·

Lekker lag ek nou vir die “hanswors” vergelyking.

A.G ·

Dit is die nuwe beleid as jy nie jou sin kry nie dan brand jy alles af……weet net nie waar gaan die geld vandaan kom om dit weer te herbou nie.

Jakes ·

En die SR lid(geskors) met sy ak of bazooka? Polisie hom ook gemonitor????? Dalk rangskik hy sy nuwe kantoor vandag by een of ander hoë kantoorblok…hy praat mos reg…

CHRISTA ·

Nee A.G, dit is nie ‘n nuwe beleid nie. Dit was nog ALTYD die ANC en PAC se beleid. Hulle het selfs gespog en gesê hulle sal die land onregeerbaar maak. Nou ja. nou kan hulle die vrugte daarvan pluk!!!

Kaufman ·

Laat ons weet wie die “studente” is. Ek sweer sal nooit enige van hierdie moeilikheidmakers aanstel of op enige manier ondersteun nie. Dink net hoe aaklige, demanding, luisleg werknemers hulle sal uitmaak.

Sydney ·

Dan wil die klein jakkalse nog een dag aan beheer van hulle eie besighede staan, nog beter aan bewind van ons land . Gaan hulle dit toelaat dat ander jong student hulle soveel skade berokken dan. O nee dan word die sambok sommer uit gehaal en neem hulle die wet in hulle eie hande . Stuur die rooi miere in om hulle op hulle plek te sit

Emile ·

So dankbaar die betogings was “vreedsaam” en dat geen skade berokken is nie. Wonderlik hoe studente hul reg van vryheid van spraak opeien en uitoefen.

Irene ·

Alles is al so slapgat in hierdie land staan en kyk wat hulle doen eers afbrand en verwoes maak die univ toe

Jef ·

Ondersoeke,vergaderings en nog meer bla bla bla en hulle hou maar net aan met verniel en afbrand , hulle weet dis 200 betogers maar nog niemand in hegtenis geneem nie, pateties.

G ·

Kan ek ook maar gaan betoog tot hul die studiegelde terugbetaal waaraan ek en my ouers nog so hard aan afbetaal, of die studielenings? Die vader weet hoe hulle dink alles in die lewe moet verniet aan hulle gegee word, maar laat hulle nou nie die regte loon betaal word nie, dan word daar sommer gemoor. As studies gratis gemaak gaan word, gaan ‘n graad nutteloos wees, want almal gaan een hê. (Of almal gaan jare en jare studeer en nooit gaan werk nie, en die ekonomie gaan net verder in sy maai in wees). Die slaagsyfer gaan heeltyd aangepas moet word om die slapgatte te akkommodeer, en die arme outjie wat hard werk gaan daaronder ly, want sy baas gaan eendag dink hy is net nog een wat sy graad net gekry het. Die van ons wat vorentoe wil beweeg moet maar iewers ons eie gemeenskap gaan vestig (op ‘n ander planeet) en die res los dat hul als plunder en afbrand.

rafel ·

anargie anargie…SA brand…wat ‘n tragedie vir ons eens trotse , suksesvolle land

LOUIS ·

Dit is hoekom ons as wit afrikaner ons EIE universiteite skep want ons kinders WIL leer en is nie daar om chaos te skep nie. Indien daar mense is wat soldariteit wil kritiseer omdat ons vir onsself geleenthede skep, laat hulle dan maar kyk of hulle hierdie chaos kan oplos. Hierdie regering en sy mense is besig om hierdie land te VERWOES

Jean ·

Dis die CEO’s van die toekoms .. en die bestuurders en die ministers .. good luck SA.

Jakes ·

Oplossing so maklik, hul wil NIE studeer…duidelik.
Sluit die fasiliteit, gee elke student vuurhoudjies of gereedskap sy keuse. DAN na hul verwoestingtog kan hul mos weer mobiliseer en SELF kampus bou soos hul hom wil hê en bedryf…?

Willie ·

Ja nee kyk nou net wat se regte die jeug het. Kyk hoe blink ons toekoms. Die se ouers het ook geen insae nie?

Rina Pretorius ·

liewe hemel watse tipe mense is dit die, en ons moet hulle geletterd noem, nee jammer, ek dink dis uitsters barbaars en hulle moet verantwoordelik gehou word, laat hulle ouers wat hulle so opgevoed het vir die skade betaal NIE DIE BELASTING BETALERS NIE, laat hulle ouers ook vir hulle studies betaal oorsee nie hier in ons land nie

Andries ·

Jy eis gratis universities, maar dit word vernietig. Hoe maak dit enige sin? Ai, Ek het nie worse nie!

gatiep ·

Shame hulle blaas maar net n bietjie stoom af en perongeluk was die karre in hulle pad gewees.

SARIE VAN HEERDEN ·

Wanneer studeer die oproermakers as hulle dae en ure spandeer om deel te neem aan optogte, ens. Dan woon hul mos nie klasse by nie en waarom moet hul dan FREE EDUCATION verdien.

Hennie ·

Dis hoe dit is. Hulle sal doen wat hulle toegelaat word. Ons is die slapg@@te. Hulle moet maar gaan Graaf gooi miskien sal dit help om ontslae te raak van hulle enirgie. Ons het hulle mos die REG gegee om te doen wat hulle wil. My en JOU Belasting geld betaal vir dit en ons is tevrede. Née wat reg kom is nie moontlik nie net mal mense kom reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.