UKZN-geboue aan die brand gesteek; lesings opgeskort

Geboue is aan die brand gesteek by UKZN tydens betogings in September 2016 (Foto: @moloisrj, Twitter)

Geboue is aan die brand gesteek by UKZN tydens betogings in September 2016 (Foto: @moloisrj, Twitter)

Die Universiteit van KwaZulu-Natal het lesings opgeskort terwyl studente, kampussekuriteit en die polisie gebots het by die instansie se Howard College, Pietermaritzburg en Westville-kampusse.

Verskeie studente is in hegtenis geneem en die polisie moes van rubberkoeëls, skokgranate en traangas gebruik maak om die betogende studente te laat verdaag.

Die regsbiblioteek in die universiteit se 85 jaar oue Howard College-gebou is Dinsdagaand aan die brand gesteek. Die eThekwini-brandweer kon die brand blus, maar terwyl die omvang van die skade ondersoek is, moes kampussekuriteit na ʼn tehuis vir gestremde studente haas, waar ʼn matras aan die brand gesteek is. Dié brand is ook geblus, maar ʼn vrou het buite die gebou ʼn toeval gehad en paramedici is ontbied.

Lt.kol. Thulane Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê altesaam 23 studente is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld en verontagsaming van ʼn hofbevel wat die universiteit vroeër bekom het wat betogings verbied.

Een persoon is by Howard College in hegtenis geneem en 22 is by Westville-kampus in hegtenis geneem.

Zwane het gesê die polisie skat ongeveer 250 studente het aan die betogings by Howard College deelgeneem en 50 by die Westville-kampus.

“ʼn Groep studente wat binne Howard College betoog het, het polisiebeamptes met klippe bestook. Hulle het ook kampuseiendom aan die brand gesteek. Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak,” het Zwane gesê.

Rookwolke het uit Howard College-kampus geborrel, maar dit is glo weens puin en asblikke wat die studente aan die brand gesteek het. Zwane het gesê hy is nie bewus van enige geboue wat aan die brand gesteek is nie. Hy het bygevoeg polisiebeamptes moes ook van rubberkoeëls in Pietermaritzburg gebruik maak.

Die studente betoog teen moontlike studentegeldeverhogings en onvoldoende behuising by die kampusse.

Paaie is vroeër in Pietermaritzburg gesluit toe studente ses voertuie en die senaatkamer aan die brand gesteek het. Volgens bronne by die universiteit behoort drie van die motors aan die instansie en die ander aan twee veiligheidsmaatskappye. Die voertuie is buite die universiteit se risikobestuursentrum, wat verantwoordelik is vir veiligheid by die instansie, aan die brand gesteek.

Die universiteit het Dinsdag in ʼn kort verklaring aangekondig dat sy akademiese program opgeskort is. “Die bestuur van die universiteit het vandag die akademiese program opgeskort tot verdere kennisgewing. Die besluit is geneem om alle partye die ruimte te bied om in gesprek te tree en die geskil op te los. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word. Ons doen alles in ons vermoë om so gou as moontlik weer met die akademiese program voort te gaan.”

Lesings sal na verwagting vir minstens ʼn week lank opgeskort bly. Die African News Agency (ANA) is in kennis gestel dat die universiteit van voorneme is om die September-vakansie, wat later vandeesmaand sou plaasvind, vorentoe te skuif in ʼn poging om die verlies aan onderrigtyd te beperk.

Lesiba Seshoka, woordvoerder van die universiteit, het Dinsdagoggend in ʼn verklaring gesê ʼn groot ouditorium is Maandagaand omstreeks 23:30 op die Westville-kampus aan die brand gesteek. Die brand is omstreeks 03:00 geblus.

Seshoka het gesê die universiteit het ʼn paar dae tevore ʼn hooggeregshofinterdik bekom wat onwettige betogings, ontwrigtende samekomste, stakings, intimidasie en enige gewelddadige optrede by die ingange of op die perseel van die universiteit verbied.

Zwane het gesê die persone wat by die Westville-kampus in hegtenis geneem is, sal in die Pinetown-landdroshof verskyn, en die student wat by Howard College in hegtenis geneem is, sal in die Durban-landdroshof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor UKZN op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lance ·

Net NOG n situasie wat die anc regering nie onder beheer kan key nie. Al is die klasgelde verniet gaan daar geen klaskamers oor wees nie …baie slim en dis nou die leiers van more. So die anc kannie met mense of geld werk nie en is oneerlik en plunder ook !

Jordaan ·

Omdat daar nie hard en duidelik Nee gesê word vir al die eise nie. Daar word onrealistiese verwagtinge geskep en getroetel, dan is hierdie die uiteinde.

Jaques ·

Jordaan,
Ek stem volkome saam, maar saam met die harde duidelike nee, moet daar ook denitiewe daadwerklike polisie optrede kom en studente moet sumier geskors word sonder opsie om studies te voltooi, waar ookal in SA se universiteite / kolleges.
Ek se nog, bring terug die lat en neuk dissipline in kinders in, maar die arme bloedjies se mense regte word mos geskend, wat van die meerderheid se mense regte om te leer en n erkende graad te vang te mense regte?

Louise E. ·

Sekere nasies moet verban word om vuur te kan maak of ‘n klip op te tel.

andré ·

Miskien moet hulle 32BN weer op die been bring vir sulke situasies.

ekke.. ·

Stem Andre… Dit sal nie net studente laat hol nie, maar almal wat sulke optredes pleeg ook!

Pietman ·

Interessant die boodskap van hoofstroom media. RSG berig slegs daar was ‘n brand en dat gestremdes verwyder moes word. Maroela berig dat die brande gestig was. Dink nie meeste mense besef die omvang van die skewe beeld van hoofstroom media nie. Dit geld nie net vir Suid-Afrika nie.

Popeye ·

Kry maar ‘n boom om onder te gaan sit en klasdraf. Ek hoor dit al: “ek het my BCom ge Cum Laude onder ‘n boom en by kerslig, hoekom kry ek nie werk nie? Die lewe is so onregverdig eish!”

Jeanne ·

My voorstel is .. LOS hulle tot hulle alles afgebrand het .. wat dan? Hoe harder julle probeer herstel en terugbou, hoe meer vernietig hulle … Hoeveel kos dit nie net om ‘n Regsbiblioteek weer op te rig nie? Wie betaal dit alles? Ek en jy met ons belastinggeld. Los hulle sonder lesingslokale, sonder dosente, sonder ‘n universiteit . net vir ‘n jaar . sodat hulle NIE KAN studeer en nie KAN afbrand nie .. dan kyk ons wat gebeur .. en as hulle aanhou moeilikheidmaak, maak die universiteit permanent toe .. dan sien ons waar hulle studeer . UNISA . hier kom nog ‘n spul opstandiges.

Bessie de Kock ·

En terwyl die Land brand, hou die Prezzie hom baie slim by die G20
Het Zuma hom al verwerdig om met studente te praat
Die studente sal nie ophou as hulle elke keer hulle sin kry nie. Wie moet vir die skade betaal?
O wag ek weet. Die Universiteit se studente moet dit self eiehandig herbou. Ledigheid is die duiwel se oor kussing

John ·

Hier is ‘n diep saak aan die werk en of dalk kan fisici aandui of die onsigbare swart partikels in die ruimte ons dalk net eendag die antwoord kan bied op die dringende migraingewende vragie: Waarom word biblioteke afbrand as jy dit jou ‘human right’ ag om goeie gratis onderrig te wil ontvang? Kennishonger studente dans egter bly wanneer boeke vol daarvan verander smeulende hope propvol niks. Is die sit in sak en as vir party mense ‘n statussimbool? Ek vra maar net?

snoefie ·

volgens die anc is afvaardiging van omtrent twee jaar gelede is die stakersorganiseerders verantwoordelike vir skade deur hulle stakende, dansende, vandaliserende betogers maar dit was duidelik n afvaardiging wat gemaak was toe hulle nog gedink het die leiers van sulke vandaliste is wit. wanneer gaan afriforum hof toe om die wet afgedwing te kry? hoEr onderwysis n luukse. BETAAL DAARVOOR OF MAAK SOOS BLANKES NOG AL DIE JARE GEMAAK HET. GAAN DAARSONDER!,

charmaine ·

Laat hulle brand keer is daar lankal nie meer nie, net jammer onskuldige student lei daaronder maar hulle moet maar onder die boom klas gaan of by checkers gaan pakkers word.

Jessika ·

Ek is self ‘n student, en dit vat aan ‘n mens as jy sien hoe kampus eiendom vernietig word. Ja ons almal wil gratis onderwys hê, maar wees realisties. Dis nie nou moontlik nie. Studente moet leer om beskaafd op te tree / protes as hulle iets wil hê. Geweld los probleme nie op nie, dit vererger dit.

Emma ·

Lance ek verseker jou hierdie voorbokke is beslis nie my leiers van môre nie. Die ware leiers sal iewers vir hulle self besig hou met hul studies.

Schalk ·

Wanneer word ‘n student dan krimineel aangekla en vervolg. Hulle moet by alle Universiteite geban word.
Maar nou ja dit begin op skoolvlak en word dan toegelaat sonder straf. Selfs meisies raak swanger , kry kinders en gaan dan terug skole toe met ‘n toelaag.
Ja en die mense wat die meeste skuldig is val onder die minimum belastingskaal perk. Nee kyk wenresep die.

pieter ·

ALLE OE IS OP DIE BETOGERS EN BRANDSTIGTERS MOET ONS ONS NIE BEKOMMER OOR HULLE WAT WIL LEER EN EKSAMEN SKRYF NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.