UKZN gesluit tot volgende week

Die Howard-kollege van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Foto: http://law.ukzn.ac.za/

Die Howard-kollege van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Foto: http://law.ukzn.ac.za/

Lesings by die Universiteit van KwaZulu-Natal sal eers volgende week hervat.

Lesiba Seshoka, woordvoerder van die universiteit, het Woensdag in ʼn kort verklaring gesê die besluit, om alle lesings en bedrywighede by die universiteit tot Sondagaand op te skort, is geneem in oorleg met die Verteenwoordigende Studenteraad.

Redes vir die opskorting is nie verskaf nie, maar die lesings is reeds verlede week Donderdag vir die eerste keer opgeskort.

Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak tydens betogings by die universiteit se kampus in Pietermaritzburg en twee studente is in hegtenis geneem. Daar is ook betogings by die universiteit se Westville-kampus.

Lees alle vorige berigte oor die UKZN op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Moenie toelaat dat hulle krag kry oor die universiteite nie! Skors die moeilikheid makers. Hulle is soos klein kinders. Tot hulle disipline geleer word, sal hulle nooit stop nie.

John ·

Nee, maak die studenteraadsvoorsitter die rektor. Hulle is mos nou rektorloos. Kom ons kyk hoe gaan hy al sy ontevrede pelle se grille en gille stil. Laat hy’ onderhandel, geld kweek en oes en uitdeel. Ons hoop daar is nog kunsmis oor op die kampus om vinnige groei aan te wakker… ek praat nou nie van die akademie nie. Dis bysaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.