UKZN heropen eers later

Die Howard-kollege van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). (Foto: UKZN)

Die Universiteit van KwaZulu-Natal heropen nou eers op 18 Januarie, pleks van Maandag soos vroeër beoog.

Normah Zondo, ʼn woordvoerder van die universiteit, sê UKZN se twee kampusse is albei geleë in gebiede wat tot Covid-19-brandpunte verklaar is.

Zondo sê geen registrasiediens sal op die kampus verskaf word nie en die proses moet aanlyn en van ander registrasiepunte gedoen word.

Sy sê die universiteit moes sedert 27 Maart, toe die afsonderingstydperk aanvanklik ingestel is, talle planne beraam om onderrig voort te sit en te verseker daar word veilig gewerk.

Akademiese bedrywighede word aanlyn voortgesit en data sal nes voorheen verskaf word.

Zondo sê die universiteit gaan teen 18 Januarie hopelik ʼn beter aanduiding hê van die pad vorentoe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.