UKZN plaas moratorium op tugstappe teen betogers

Geboue is aan die brand gesteek by UKZN tydens betogings in September 2016 (Foto: @moloisrj, Twitter)

Geboue is aan die brand gesteek by UKZN tydens betogings in September 2016 (Foto: @moloisrj, Twitter)

Die Universiteit van KwaZulu-Natal het Vrydag aangekondig dat hy ʼn moratorium gaan plaas op tugstappe teen studente wat verband hou met onlangse betogings by dié instansie.

Dr. Albert van Jaarsveld, visekanselier, het die aankondiging by die universiteit se Westville-kampus gemaak. Dit sal egter geen impak hê op strafregtelike aanklagte teen studente nie.

“Die universiteit stem in om ʼn moratorium te plaas op die dissiplinêre stappe teen studente wat met die betogings en geweld op die kampus verband hou, om ʼn proses te begin waar al die aanklagte deur ʼn neutrale en onafhanklike regspersoon, aangespreek kan word,” het Van Jaarsveld gesê.

Hy het gesê die universiteit het dié maatreël ingestel nadat studente beweer het die dissiplinêre proses is bevooroordeeld, omdat dit deur die universiteit se bestuur hanteer word en dat aanklagte vergroot word.

“Alhoewel die universiteit hom nooit hieraan sal skuldig maak nie, het ons geen beswaar dat ʼn oop en deursigtige proses gevolg word wat met integriteit deurgevoer kan word nie,” het hy gesê.

Die universiteit is geskud deur betogings oor bewerings dat studentegelde met 8% verhoog gaan word, alhoewel die bestuur van die universiteit nog steeds volhou dat geen besluit geneem is oor studentegelde nie.

“Die universiteit het nog nie met enige proses of besprekings begin wat die 2017 studentegelde betref nie,” het Van Jaarsveld verduidelik. “Ons wag nog op die nasionale regering vir terugvoer.”

Die universiteit se senaatkamer op sy Westville-kampus en die regsbibilioteek is aan die brand gesteek. Daar was Dinsdagaand ook ʼn poging om ʼn koshuis, waar gestremde studente tuisgaan, aan die brand te steek. Kampussekuriteit het vinnig reageer en die brand is geblus. Een student het egter ʼn toeval buite die gebou gehad en ʼn ambulans is ontbied.

Lesings is opgeskort en die universiteit het besluit om die September-vakansie te skuif om seker te maak dat akademiese onderrigtyd nie verlore gaan nie.

Die skade by die instansie beloop miljoene rand en waardevolle manuskripte, wat onvervangbaar is, is in die brand by die biblioteek verwoes.

Daar is bewerings dat ʼn student tydens die betogings deur ʼn polisiebeampte verkrag is op die Pietermaritzburg-kampus. Die polisie en bestuur van die universiteit het hierdie bewerings egter verwerp. Lesiba Seshoka, woordvoerder van die universiteit, het Vrydag gesê ʼn saak van seksuele aanranding is by die polisie oopgemaak en die voorval het nie op die kampus plaasgevind het.

Van Jaarsveld het gesê die universiteit veroordeel alle vorme van geweld teen vroue.

Die polisie het vroeër vandeesweek gesê geen aanklag van verkragting is teen enige van sy beamptes aanhangig gemaak nie.

Minstens 51 studente is tydens die betogings in hegtenis geneem. Meer as 1 000 persone het aan die betogings deelgeneem. Meer as 44 000 studente is by die universiteit se vyf kampusse in Durban en Pietermaritzburg ingeskryf.

Lees alle vorige berigte oor UKZN op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

GES ·

Die universiteit het weereens geswig onder druk. Wat hier gebeur is maar net simtomaties van ‘n korrupte regering en ‘n wettelose samelewing. Dit gaan so aanhou tot niks van die land gaan oorbly. Miskien moet net eenvoudig teruggesit word sodat die situasie uitgespeel kan raak. Dankie tog vir Afrikaanse instellings soos Akademia, Centurion Akademie en Soltech om ‘ paar te noem.

Jan ·

Ek is bekommerd oor die boodskap wat hier uitgestuur word: brand af en breek sonder gevolge? Erg genoeg dat die regering reeds te bang is om klasgelde vir volgende jaar bekend te maak. Vandat tersiêre onderrig ‘n reg geword het, is dit net so min werd as ‘n lewe……

snoefie ·

die onafhanklike en neutrale regspersoon salnet nog n voorafgevoerde pion wees wat gaan deel soos hy if sy beveel was om te deel. ek wens ek kan ophou belasting betaal. my werk wil egter niks weet nie. die “wet” se ek moet betaal. die wet se ook niemand mag vandaliseer en verwoes nie maar dit tel nie as swart mense se wet nie.

John ·

Die leiers van die toekoms en onderdane ‘of our-King-in-Waiting’ kan nie sommer so vasgevat word nie… besef dit tog…

Lance ·

Geen gevolge in SA vir misdrywe nie …wat n verwronge en verkeerde boodskap word nie uitgestuur nie ….nou gaan hulle maar net weer breek brand en verniel …hoe dom kan jy nou kry ! Is dit nou die back to basics …

Janneman ·

Die stert vol vlooie swaai die hond se verotte karkas behoorlik.

CHRISTA ·

Wat jy saai sal jy maak!! Dit was vir DEKADES die ANC se modus operandi – as iets nie na jou sin is nie, BRAND AF!! Nou is HULLE in die bestuurstoel en moet HULLE die warm patat hanteer!! HULLE saint Mandela het voor die 1994 verkiesing ‘free education, free housing, free water and electricity, free medical services’ belowe!! Het Mandela bedoel dit sal net vir hom en sy vrinne in sy kabinet wees?

Gatvol ·

1000 “PERSONE”? en net 51 “stdente” word in hegtenis geneem en dan word ‘n moratorium op tugstappe geplaas! Hoe werk dit? ‘Hulle moet sumier van die kampus verban word tot na die verhoor en dan sal hulle hopelik tronkstraf kry en nie weer ware studente se regte tot studie kan skend nie. Daar moet opgehou word met die “menseregte” ding want as jy my reg tot iets aangetas het moet jy mos van sekere regte ontneem word. Jy het reg om te betoog, maar nie die reg om geboue aan die brand te steek en studente se reg om te studeer te verydel nie. Die ANC het ‘n lat vir hulle eie gat gepluk toe hulle populistiese beloftes gemaak wat nie nagekom kan word nie. Die komuniste in hulle geledere dra natuurlik ook grootliks by tot hulle valse beloftes. Daar is ‘n ou gesgde wat sê “Niks vir niks en baie bietjie vir ‘n tiekie”. Voor die sg studente dit nie aanvaar nie, sal dit net slegter gaan met ons tersiëre instellings.

andrea van vuren ·

Elke keer wanneer die eksamens op hande is, word daar betoog, gebrand, en afgebreek. Het hierdie roekeloses al ooit ‘n boek oopgemaak gedurende die afgelope studiejaar? Weet hulle ooit hoe om ‘n pen vas te hou? Nee wat, ek stem saam met Lance. Brand alles af. Laat hulle tog net klaarkry. Daar is in elk geval niks meer oor van ons mooi land nie. Bome, renosters, boere…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.