UKZN skort klasse op

Die Howard-kollege van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Foto: http://law.ukzn.ac.za/

Klasse by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) is opgeskort te midde van voortslepende gewelddadige betogings op sy kampusse.

Die universiteit het Sondag in ’n verklaring gesê klasse op al die universiteit se kampusse is vanaf Maandagoggend tot verdere kennisgewing opgeskort.

Luidens die verklaring sal dit egter geen invloed op registrasie hê nie en voorgraadse en nagraadse studente word aangemoedig om so spoedig as moontlik vir die akademiese jaar te registreer.

Die besluit om klasse op te skort volg nadat betogende studente oor die afgelope paar weke vir ontwrigting op die universiteit se kampusse gesorg het.

Maroela Media het vroeër berig een van die universiteit se geboue op die Westville-kampus is verlede maand aan die brand gesteek. Studente is ontevrede omdat hulle agterstallige skuld moet delg en omdat die koste van verblyf en klasgelde sedert verlede jaar gestyg het.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, meen egter studente het geen rede om te kla nie aangesien daar verlede jaar R1 miljard opsy gesit is om NSFAS-studente se historiese skuld te delg.

Hy het vroeër ook gesê NSFAS-studente kan boonop by al 26 universiteite reg oor die land registreer sonder om registrasiegeld te betaal.

Luidens die verklaring sal die universiteit se studenteraad Dinsdag met die universiteit se bestuur vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dries ·

Allamapstieks maar die studente begin vir jou die jaar darem maar GOED! Blink toekoms vir julle almal.

Pampoen ·

Hoe het dit gekom dat studente nou ‘n universiteit kan toemaak? Ek lees in ‘n ander berig dat personeel toestemming moet kry by studente om die perseel te betree om hulle werk te doen. Ek dink dit is ‘n absolute refleksie van die ruggraatloosheid van die regering. Dit is in geen party se belang dat dit so moet gaan nie!

jinny jualinda ·

Die land het n politieke speelbal geword. Hier is n revolusie in wording. Geen dissipline, respek vir gesag en geen selfrespek nie.

Mariaan ·

Niks word waardeer nie…als wat gebied word word afgebrand en vernietig..dan vrek hul eerder vd honger…wil als verniet he…ag nee wat….n hopelose spul

Botterblommetjie ·

Viva SA, die beste studente en toekomstige werkers in die wêreld… Wonder hoe hulle vir base gaan luister terwyl hulle nog klase is… Wil nie eens dink; indien hulle met hulle gegrom en geraas,; base raak nie…. skrikwekkend… Ons bou ‘n interesante land vol getroue ouers, base en ander (gesaghebende – tong in die kies) posisies….

Porseleintjie ·

Dissipline begin tuis en hierdie studente is n duidelike bewys van kinders wat groot word daarsonder. SA is een groot onregeerbare gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.