Ulundi-inwoners sê oor onteieningswet

Argieffoto (Foto: Michal Jarmoluk/Pixabay)

Die portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur het openbare verhore in Ulundi in KwaZulu-Natal afgehandel waar meer as 50 mondelinge voorleggings aangehoor is.

Nolitha Ntobongwana, voorsitter van die komitee, het in haar openingsboodskap gesê die regering het in die verlede vir die minderheid gesorg, en dit is nou tyd om die Onteieningswet 63 van 1975 terug te trek wat destyds deur die apartheidsregering aanvaar is – in die belang van die meerderheid met nulvergoeding. Sy het gesê die wetsontwerp verskaf die norme en standaarde vir alle onteieningsowerhede om grond en geboue te onteien in die belang van die publiek.

Ntobongwana het die mense wat die verhoor bygewoon het, genooi om vrylik hul mening oor die wetsontwerp uit te druk.

Tradisionele leiers, verteenwoordigers van politieke partye, geestelike leiers, verteenwoordigers van burgerlike organisasies en individue het die vergadering bygewoon.

Ná Ntobongwana se toespraak het ʼn vroulike lid van die Demokratiese Alliansie glo oproerig geraak en sy is versoek om die saal te verlaat. “Ander lede van die DA het haar gevolg ná hulle ook hul menings oor die wetsontwerp te kenne gegee het,” het Sureshinee Govender, woordvoerder van die komitee, in ʼn verklaring gesê.

Inwoners wat op die Ingonyama Trustgrond bly, het teenstrydige menings gehuldig oor die toekomstige eienaarskap van die Ingonyama Trustgrond. Sommige het aan die komitee gesê daar moet nie gepeuter word met die grond nie. Ander het aangevoer dit moet aan die amakhosi (konings) en izinduna (hoofmanne) gegee word sodat hulle dit kan besit en namens hul onderdane kan bestuur. Hulle ondersteun die onteieningswetsontwerp, het Govender bygevoeg.

Die inwoners het aan die komitee gesê die wetsontwerp moet ingestel word, want dit word deur die meerderheid van mense ondersteun. Hulle versoek dat die grond aan die meerderheid van mense teruggegee moet word. Volgens hulle moet die nuwe begunstigdes, nadat die grond toegeken is, voorsien word van hulpbronne en hulle moet bemagtig word met vaardighede sodat hulle die grond produktief kan gebruik.

Een van die plaaswerkers het aan die komitee gesê hy werk al sy lewe lank op ʼn plaas wat deur die regering gekoop is en vir ʼn spesifieke persoon gegee is. Hy het gesê hy verteenwoordig plaaswerkers wat aansoek gedoen het vir die plaas. Hy wou by die komitee weet watter kriteria gebruik word plase toe te ken aan mense as diegene wat daar werk, nie in staat is om dit te bekom nie. Hy het gesê hulle ondersteun die instelling van die wetsontwerp, aangesien die grond teruggegee moet word aan diegene wat daarop werk.

Plaasbewoners het die komitee vertel van die “erge toestande” waaronder hulle op plase woon. Hulle het gesê as hulle vrylik daaroor praat, sal hulle en hul gesinne hul plek om te slaap verbeur. Volgens hulle moet die regering die duisende hektaar grond onteien wat aan wit boere behoort, terwyl swart mense glad nie grond het nie. Hulle ondersteun onteiening sonder vergoeding, omdat hulle al hul lewe lank op dié plase werk en niks het om daarvoor te wys nie.

Ntobongwana het aan die deelnemers gesê die komitee neem kennis van persone wat kwessies aangeroer het oor grondeise. Sy het hulle verseker dat die komitee die sake na die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling sal verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Snert man gaan werk vir julle eie goed! Al wéér apartheid se skuld gggmmmfff ons blankes werk eintlik vir wat ons wil hê hoekom kan hulle nie?

Mariana ·

Natuurlik wil die meerderheid dit so hê. Hulle wil als verniet hê. So die minderheid moet maar altyd die knie buig want die meerderheid wil net hê. Los die mense se grond uit waarvoor hulle al eeue lank swaarkry.

Keelvol ·

Hou op grond die heeltyd soek en sorteer ons krag uit in Ekurhuleni

annie ·

Wat sal Natal tog doen sonder sy pot kerrie. En EEN plaaswerk het aan die komitee gesè…hy werk al… Dis ‘n ware en ervare boer. ‘n Groooot plaas vir hom en R!!!!! vir pyn en lyding….

Snowball ·

Moenie vergeet van die subliminale boodskappe vanaf die ancestors deurgevoer tydens alkohol-geïnduseerde beswymings langs die vleis en pappotte voorsien deur huidige grondeienaars. Hoe voller die maag, hoe groter die misnoë en haat vir die kosvoorsieners.

My siening ·

Ja almal wil grond hê maar as hulle dit kry leef hulle dit uit en die grond is niks werd en geensins vir die land voedsel verskaf nie! Daar is swart boere wat kan boer maar die regering boykot hulle op een of ander manier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.