“Die baba se kop en geslagsdele is verwyder,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Aangesien die kind se liggaam só geskend is, is dit nie dadelik moontlik om te bepaal of dit ʼn seuntjie of ʼn dogtertjie is nie.”
Die kop en geslagsdele is nie gevind nie.
Dit is nog nie duidelik wie die baba se liggaam in ʼn deurgang tussen twee luukse wooneenhede gelaat het nie.
Maroela Media het vroeër berig volgens Netcare 911 is die baba ongeveer twee maande oud. Die polisie het die paramedici na die toneel ontbied.
Dit kan net die werk van sangomas wees, roei hulle uit sodat die babas nie nodig het om deur so onmenslike ding moet gaan nie! Jissie man! Hoe moet hulle hulle self verdedig?
Dit is vreeslik. Hoe kry iemand dit oor hul hart. My baba is nou twee en n half maande en ek raak bloed aardig kwaad as ek dink dit moet met hom gebeur.
Die Satan is baie bedrywig hier in SA. Hy het BAIE trawante. Ons kry baie tekens van “rituele” wat snags plaasvind soggens op die strand! Dooie hoenders, swart kerse…….
Is ek die enigste een wat wonder hoekom die polisie die paramedici sou ontbied?
Moet die paramedici nie die kind dood verklaar nie, dis dalk hoekom hulle ontbied is?
Tor, dit slaan my ook dronk.