Umhlanga-man se verdrinking ondersoek

 Lyall Crofton Foto: Facebook

Lyall Crofton Foto: Facebook

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat ʼn 36-jarige man Dinsdag in ʼn swembad in Umhlanga, KwaZulu-Natal, verdrink het.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die omstandighede wat tot die verdrinking gelei het, is steeds nie duidelik nie.

AlgoaFM het die oorledene geïdentifiseer as Lyall Anthony Nicholas Crofton. Volgens die berig het Crofton se ma in die hospitaal aangesterk ná ʼn operasie toe sy van haar seun se dood ingelig is.

AlgoaFM het ook berig dat Crofton, ʼn voormalige inwoner van Port Elizabeth, sowat 18 maande gelede ʼn reuse-bedrag in ʼn Britse lotery gewen het.

Shiloh Raine Crofton, Lyall se suster, het op Facebook geskryf: “Lyall het gisteraand [Dinsdagaand] in die swembad by sy woonstel verdrink. Brian [Lyall se vriend] het hom uit die water getrek en ons het vir 15 minute mond-tot-mond-asemhaling toegepas voordat paramedici opgedaag en oorgeneem het, maar ons kon hom nie terugkry nie.”

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het vroeër gesê die man is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neptunus ·

Volgens meer volledige berigte elders het die man in die vlak kant van die swembad ontspan en nors opgetree teenoor familie wat opgedaag het. ‘n Rukkie later het sy kêrel hom uit die water gehaal. Hy het glo ‘n vodkafabriek besit, hmmm….? Hartaanval, miskien, maar dalk deur iets anders veroorsaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.